Chevonne Rusch se ma in hegtenis geneem

Chevonne Rusch (2). (Foto: Facebook)

Rochelle Botha, die ma van die Germiston-kleuter wat in Mei vanjaar vermoor is, is Dinsdag in hegtenis geneem.

Kol. Dimakatso Sello, polisiewoordvoerder, het bevestig dat Botha van moord aangekla word. Sy sal Woensdag in die hof in Germiston verskyn.

Stefan van Niekerk, Botha se verloofde, staan tans op Chevonne se moord tereg. Hy is kort ná haar dood in hegtenis geneem en is steeds in aanhouding.

Luke Enslin, ʼn lid van die private speurder Mike Bolhuis se ondersoekspan, sê hulle het betrokke geraak nadat verskeie mense inligting aan die span verskaf het oor die huis en omstandighede waarin die kleuter en haar sibbe gewoon het.

“Dit het uitgekom dat die ma bewus was van die beweerde mishandeling en aanranding van Chevonne.

Rochelle Botha en Stefan van Niekerk. (Foto: Facebook / Rochelle Botha)

“Ons het die mense wat die inligting aan ons verskaf het, aangemoedig om verklarings by die polisie af te lê.”

Enslin glo dis in die lig hiervan dat die polisie Botha in hegtenis geneem het.

Annari du Plesis, aktivis en stigter van die Go Purple Foundation, het ook bevestig dat hulle vandeesweek ʼn getuie in verband met Chevonne se saak na die polisie verwys het.

Maroela Media het vroeër berig dat Chevonne by ʼn kliniek in Klopperpark dood verklaar is nadat Van Niekerk haar glo na dié kliniek gebring het. Volgens die polisie het die dogtertjie verskeie kneusplekke aan haar lyf gehad. Die oorsaak van haar dood is egter nog nie bekend gemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

Nicky ·

Sekere mense moet nooit die voorreg hê om kinders te hê nie…

LIEZL ·

Lieflike ou mensie, liefkind gewees, wat nooit die voorreg gehad het om gekoester te word nie. Hier is ek, kinderloos, nie omdat ons dit so wil hê nie, maar ons het net nooit die voorreg gehad nie. Onvoltooide swangerskap, behandelings, ons het als probeer. Maar dis nie ons wil nie. Dan is daar baie hoekoms en as ek so iets sien soos hierdie berig, dan wil ek self net vir my die vraag afvra, Hoekom? So, jammer vir jou, Liefmensie, Chevonne. Wens ek kon jou 1 daggie by my hê en jou al die liefde gee wat jy so verdien! So hartseer

Jixy ·

Ek voel dieselfde as jy.
Ons was tussen baie miskrame deur gelukkig genoeg gewees om een dogtertjie te he en sy is ons ALLES. Ek kan nie verstaan dat daar ouers is wat hierdie tipe dinge doen of toelaat nie.

Wondermaarnet ·

Liezl, so jammer om te lees ‘n baba was jou nie beskore nie, maar daar is ander mense wat vir jou lief is en vir wie jy liefde kan gee.

Sandra ·

Wie wie kan so ‘n klein ou dingetjie seermaak Liewe Heer. Wie?

wendy ·

Hoe slaap daai vrou saans hoe raak jy betrokke by iemand wat jou kind mishandel

Magda G ·

Die ma het geen gewete gehad nie. Mag die kleintjie in vrede rus. Verlos van mishandeling en son patetiese ma

Koos 100 ·

In die geval is ek jammer dat die doodstraf is afgeskaf!
Ek sal my lewe vir my kinders gee. Hierdie twee is nie die term ma, pa of ouers werd nie!!
So jammer ek kan nie skryf wat ek dink nie.

Miena ·

Koos en Axel – ek dink ons al 3 sal saam in n bewaarsel sit dan

George ·

Presies! As enige iemand iets doen teenoor my kinders, sal ek hul in n vlak graf begrawe.

Magda G ·

‘n Petisie moet opgestel word om die doodstraf weer in te stel. Te veel sulke sake vind nou plaas

Sandra ·

As ek se wat ek eerlik dink van die twee, sal Maroela Media dit nie eens publiseer nie. Ek weet nie hoekom sulke dinge gebeur, en hoekom sulke mense die reg het om nie net kinders te he nie, maar ook om vry rond te loop om die siek siklus weer te begin om meer kinders te kan he. As ‘n ma moes sy onmiddelik die mishandeling van haar kinders gestop het. Ek meen mens kyk na diere en hoe hulle hul kinders beskerm tot hul eie dood partymaal. Tot voels wat ek met my eie twee oe gesien het. Wat se dit van ons as mense wat meer mag het.

Axel ·

Hulle gaan aan God moet rekenskap gee. Dankie aan Mike Bolhuis en sy span!!

yahneh ·

“Wat se dit van ons as mense wat meer mag het.”

Dat die mens die wreedste dier op aarde is…

Magda G ·

Die ma was meer bekommerd oor die man in haar lewe as haar kindjie. Mag sy nooit weer kinders kry nie. Pateet

Jillian ·

Ek hoop diesefde lot tref julle twee wat daai arme kind moes deurmekaar. Ek kan nie eers sê wat ek wil nie maar wees net dankbaar ek het jou nie raak geloop nie! Julle is erger as die duiwel!

Di ·

Kan myself nie indink dat ‘n ma so USELESS kan wees nie. Daardie arme kind kon nie vir haarself opstaan nie en die een wat haar moes beskerm teen hierdie monster het NIKS gedoen nie. Daar gesig van die verloofde spreek boekdele, hoop HY en SY vrot beide in die tronk waar skuim soos hulle hoort. Rus sag liewe engeltjie, jy is nou op ‘n beter plek. ONS as gemeeskap moet hierdie tipe mishandeling aanmeld sodra ons iets vermoed. Moenie wag totdat dit reeds te laat is nie.

Casper ·

Wat van die ander sibbe.Hoekom net Chevvone.Is hy die pa van die kinders of net Chevonne.Al wat daai man kort is bietjie narkose,’n stomp mes en maak hom ind veld vas laat hy hom dood bloei.Rochelle behoort in ‘n sel saam met ‘n klomp mans vir so week dan kyk ons of sy nog kinders wil hê of kan hê.Ek dink nou net vergeet die narkose doen die ding sommer so.

Kotie ·

Die ma moes van die begin af toe gesluit gewees het. Want geen ma is n ma as sy nie weet op alle tye waar hulle kinders is nie of wat aangaan met hulle nie.

George ·

Die duiwel sit en kyk net, want nie eens hy is so wreed soos die mense nie.

domheks ·

Kastreer albei – moet NOOIT weer kinders kry nie! Hoop hulle kry hulle deel in die tronk!

Gaitsigubib ·

Ek sou graag n paar klappe wou oefen op hierdie kerel…….. net sien of ek nog kan.

Annelize ·

Absolute hoogtyd!!! Sy is NET SO aandadig aan hierdie kind se dood.

Mense soos hierdie, moet summier deur die staat gesteriliseer word.

Maan&Sterrekind ·

En dan wil ek graag weet hoekom Ouers soos ek wat lief is vir kinders, n kinderlose lewe moet lei?

Dandeleen ·

Want die lewe liewe Maan&Sterrekind is nie regverdig nie, soos dit nie was vir die pragtige meisie kind nie.

sonneblommekie ·

Kyk net daai ou blondekop-engel-gesiggie (ONSKULDIG)
Darem is sy nou veilig in Jesus se skoot.
Die straf kom God alleen toe, maar dis so bitter hartseer!

Rus sag engelkind Chevonne..xxx

Wondermaarnet ·

Sleg flippen goed! Artikels soos hierdie maak my woedend.

Nadine ·

Hoekom het sy stil gebly, het sy gedink sy gaan wegkom met haar stilswye. Geweet sy het geweet wat aangaan. Hoop hulle al 2 bly vir lank agter trallies. Daai dogtertjie het dit nie verdien om so mishandel te word nie nog minder dat haar lewetjie op aarde so vroeg weggevat is van haar.

Nettie ·

Ek is bly. Dit was duidelik uit die kommentare destyds dat mense vermoed het die ma het geweet. Mense moet verantwoordelikheid begin neem vir hul stilswye. ‘n Hulpelose kind het haar lewe verloor!! Ek wens net daar was betyds opgetree.

En ek hoop ander vrouens in hierdie posisie lees hierdie artikel en besef hulle is verantwoordelik om kriminele optredes teenoor hulle kinders aan te meld en die kind te help!!!

Dis so hartseer, die arme pragtige dogtertjie het net liefde en beskerming verdien. Mag sy in vrede rus en mag God die wat haar werklik liefgehad het, vertroos.

Madelein ·

Ek dink daar moet groter strawwe wees.vir mense wat kinders en diere mishandel. Dit wat hulle aan die weerlose goedjies doen MOET aan hulle gedoen word.. Sodat hulle dieselfde pyn kan ervaar!

Maritza ·

Sy was so pragtig. Breek my hart maar sy is nou op ‘n beter plek. Hoop die ma word hard gestraf. Eendag sal sy verantwoording gee. Wonder wat sy dan gaan se

Wildemien ·

Net 2 jaartjies oud. HOE doen mense hierdie aan ‘n weerlose, onskuldige klein kindjie. Ek kry skaars asem as ek keer op keer met die mensdom se wreedheid konfronteer word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.