Pretoria-krag: Tshwane sê hy sal betaal

pretoria-jakaranda-stad-sa-tourism-flickr-com

Pretoria. Argieffoto: SA Toerisme/Flickr.com

Die Tshwane-metro is van voorneme om sy Eskom-rekening te vereffen, maar meen die kragvoorsiener tree nie reg op nie.

Eskom het Dinsdagmiddag aangekondig dat hy dit oorweeg om die Tshwane-metro se kragtoevoer af te sny “as een van die nodige stappe om uitstaande betaling te verseker”.

Die kragvoorsiener voer aan dat Tshwane die elektrisiteitsvoorsieningooreenkoms wat hy met Eskom aangegaan het, verontagsaam deur te versuim om die R1,6 miljard wat aan hom verskuldig is betyds te betaal.

Volgens Peter Sutton, burgemeesterskomiteelid vir finansies in die Tshwane-metro, is die metro se finansiële afdeling deurentyd met Eskom in verbinding oor ʼn betalingsplan.

Die bedrag wat uitstaande is, is volgens Sutton egter net vier dae agterstallig. “Die uitstaande bedrag het slegs betrekking op Julie en alle vorige skuld is betaal. Dit is slegs ʼn huidige faktuur. Ons stelsel is egter nie in ooreenstemming nie aangesien Eskom se betaaldatum binne 15 dae is en Tshwane se fakture vir Julie om en by 21 Augustus betaalbaar is.”

Pretoria se inwoners betaal gemiddeld in ʼn 60-dag-siklus vir dienste wat verbruik word, terwyl Eskom betaling binne 15 dae verwag. “Die stad het geen kontantreserwes om die gaping met betaling uit ons koffers te oorbrug nie en daarom lei dit tot die huidige situasie.”

Volgens Sutton sal die metro voortgaan om betalingsplanne met Eskom te bespreek en is dit jammer dat die kragvoorsiener dit nodig geag het om ʼn verklaring in dié verband uit te reik.

“Die Tshwane-metro bly daartoe verbind om te betaal wat ons skuld en om te verseker dat ons ons Eskom-rekeninge vereffen. Dit is hoekom ons met ʼn aggressiewe inkomste-invorderingsveldtog begin het om te verseker dat ons genoeg inkomste insamel vir ons verpligtinge aan krediteure soos Eskom.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Henri ·

Eienaardige redenasie vanaf Tswane. Die rekeningproses is mos nou al vir jare in plek. Hoekom nou sulke verskonings?

Maar Eskom is ook eienaardig met sy boelietaktiek. Wat van Soweto se rekening? Laasjaar het Eskom R5,3miljard afgeskryf van ‘n R12,8miljard skuld. Wat is Soweto se stand van sake nou?

Wondermaarnet ·

Eskom is bang vir die massas wat sal afbreek en afbrand as hulle ‘n slag vir alles moet betaal.

Perdeby ·

Eskom is vinnig om stede se karg af te sny wat eintlik op datum is, maar wat van al die ander stede en dorpe wat jare agter is. Eskom moet dit waag om die krag af te sny, want ons betaal pre paid.

Kokerboom ·

Pretoria ly agv jare se wanbestuur deur ANC regime. Eskom behoort konsiderend te wees en die stad ‘n redelike kans te gun.
Eskom is paniekbevange ook agv dieselfde regime se wanbestuur.
Dus die gemeenskaplike vark in die verhaal is die ANC.
Duidelike boodskap: verwyder die spul so gou moontlik!!!

vuurvliegie ·

R1.6 Miljard se skuld se vir die gemone man op straat dat Tshane metro ‘n wanbetaler is.
Dis nou tyd om die munisipaliteit bestuurders te fire vir hulle onvermoee om Pretoria effektief te bestuur. Eskom kan gerus ‘n voorbeeld maak en die krag afsny vir ‘n paar weke. Dit sal die kleiner metro’s dan hopelik wakker maak om hulle skuld te betaal.

Patch ·

vuurvliegie: Sal wil sien hoe jy gaan reageer as jou krag vir paar weke afgesny gaan word!
Dit sal mos nie regverdig wees teenoor die mense wat getrou hulle rekeninge betaal nie.

Tersia ·

Nee, hoekom moet mense, wat elke maand getrou hulle kragrekenings betaal, se krag afgesny word a.g.v. ‘n munisipaliteit se onbekwaamheid. Jy bly of nie in Tshwane nie, of jy maak gebruik van sonpanele … sal sien of jy nog so entoesiasties is wanneer dieselfde situasie jou direk sou raak.

Samuel ·

Ek dink Eskom weet nie meer watter kant toe om bokspronge te maak nie, nou gebruik hulle hierdie boelietaktiek. Gaan kyk liewer watter townships nie hulle rekeninge betaal nie. Tshwane betaal ten minste hulle rekeninge.

Wondermaarnet ·

Eskom tree nie reg op nie? Hoe moet hulle dan optree? Verniet krag tot in lengte van dae? As julle ELKE maand betaal soos julle moet, sal dit nie nodig wees vir stappe van Eskom nie.

Aikie ·

Ek het ‘n jaar of twee terug verneem dat Pretoria munisipaliteit al die huise gaan voorafbetaalde krag meters insit. As dit intussen gebeur het, kry hulle mos hulle geld vóór jy jou krag gebruik. Die geld moet dan net oorgedra word na Eskom. QED of wat praat ek dan nou?

Monica ·

Vra ek presies dieselfde vraag… Waar is die beloofte krag meters dan nou…

domheks ·

Eskom se prioriteite is ten gunste van nie betalers! As Soweto se skuld afgespryf kan word, hoekom Tswane dreig? Wanneer gaan die agtergeblewenes betaal? Gaan kyk na die voertuie wat hulle by die shacks het – dan wonder mens oor agtergeblewene?

Pierre ·

Meeste wat nou kla oor Eskom het Tswane geloof toe hulle nie betalende besighede en inwoners se krag semier gesny het, nou dat Eskom hulle voorbeeld volg nou gul en skreeu almal daar oor.

Koos 100 ·

Pta is die hoofstad van SA en bykans alle staatdepartemente se hoofkantore is hier, asook die Uniegebou en CR se landgoed.
Eskom sal nooit Pta se krag sny nie, maar niks keer die stad om die krag na al die plekke te sny nie, dis dan wat Eskom wil hê!

Republikein in die Wes Kaap ·

Die regeringsdiens is ook nie juis flinke betalers nie. Skuld die metro glo miljarde.

Antie Sarie ·

Dan is daar ook die middelmanne wat nie hul rekenings aan tshwane betaal nie. hmmm

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.