Chevonne Rusch se ma hoor later oor borgtog

Chevonne Rusch (2). (Foto: Facebook)

Die ma van die tweejarige Chevonne Rusch wat in Mei vanjaar vermoor is, sal eers oor ʼn week hoor oor haar borgtogaansoek.

Rochelle Botha is Dinsdag in hegtenis geneem in verband met haar kleuter se moord en het reeds Woensdag in die Germiston-landdroshof verskyn.

Luke Enslin, ʼn lid van die private speurder Mike Bolhuis se ondersoekspan, het aan Maroela Media bevestig dat Botha se saak tot 1 September uitgestel is.

“Sy sal by haar volgende hofverskyning aansoek om borgtog kan doen, maar sal tot dan in polisieaanhouding bly,” sê hy.

Stefan van Niekerk, Botha se verloofde, staan tans op Chevonne se moord tereg nadat hy destyds haar lewelose liggaam by ʼn kliniek in Klopperpark afgelaai het en op die vlug geslaan het. Hy is kort nadat sy dood verklaar is in hegtenis geneem.

Chevonne het veelvuldige kneusplekke aan haar liggaam gehad ten tyde van haar dood.

Botha se inhegtenisneming volg nadat dit uitgekom het dat sy na bewering daarvan bewus was dat haar kind beweerde mishandeling en aanranding verduur het.

Sy is glo in die lig hiervan ook in hegtenis geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

domheks ·

Soos ek verstaan is daar nog ander kinders ook – hoe kan sy aansoek doen vir borg as sy tot MOORD in staat is?

Antjiese5c ·

Soos ek verstaan 2 en dat hul regte pa baklei om hul te kry.

Gaitsigubib ·

Ek dink sy moet maar so bietjie binne sit in die geval. Sy kry dalk tyd vir introspeksie. Genugtig, ek weet nie wat ‘n persoon begeester om so iets te doen nie!

Oosieoos ·

Nee gern genade vir hulle hoort nie in die samelewing nie

SjN ·

Sy is nie die naam Ma werd nie, sy het geweet en nie opgetree nie, swak.

Darts girl ·

Nee wat ek hoop hul weier haar borg aansoek, ek weet nie hoe n ouer dit aan hom of haar kind kan doen nie.

Cecilia ·

Op die einde van die dag was die dogtertjie in haar ma se sorg en haar ma is verantwoordelik. Skandelik dat sy onlangs eers in hegtenis geneem is.

Annelize ·

Los haar net daar in die selle.

Hierdie ding is ‘n absolute smetklad op enige vrou en ma se naam. En so moet elke liewe een wat geweet het wat hier gebeur, maar ander pad gekyk het, saam met haar in die selle gaan sit. Selfs ‘n dier baklei tot die dood vir haar kleintjies, wat het hierdie ene gedoen? Net mooi niks!!!

Marcello ·

Wow Dit is onstellend, hoe kan ‘n Ma dit toelaat. God het daardie kind vir jou gegee om haom/haar te beskerm en te versorg. Sluit altwee toe, en gooi die sleutel weg. !!!!!!!!!!!

Antjiese5c ·

Praat ek 2 dae terug met die engelkind se oupa . Vir n maand lank het hul na haar gesoek, sy is weg gesteek van hul af want “ma” het haar eintlik net vir kuiers gekry en moes haar terug neem . Die maand het geiendig met n oproep dat die pragkind wreed vermoor is. Oupa huil sy hart uit oor die poppie se dood en “ma” bly klaar saam nuwe boyfriend, 3 maande na sy kleinkind vermoor is. Dwelms en nog meer, maar niks empatie met hul kinders nie. Mag die “ma” die vark wat haar vermoor het ( en ek hoor gerugte van moontlik verkrag het) en enige persoon wat met haar dood te doen het nooit weer n dag van vrede in hul lewe he nie, lewe lank en suffer elke dag.

Marcello ·

Aai !!! ek weet nie wat ek sal doen as dit met my kleinkind moet gebeur nie, ek dink ek sal die ouers “aanrand”

Nico ·

Hoe kan die vrou aansoek doen vir borg nadat sy ‘n onskuldige kind se lewe geneem het, sy kan miskien wegkom hier, by die groot oordeels dag sal sy verantwoording moet doen vir haar dade.

Vincent ·

Sy moet saam met ‘n gorilla in ‘n sel toesluit word, sodat sy kan voel hoe dit voel om verniel te word !

Vanessa ·

Sluit haar toe en gooi weg die sleutel. Sy verdien nie meer die vryheid om te leef, haar kleinding is daai reg ontneem. Ek is so kwaad ek moet myself inhou!!!!!

Niklaas ·

Daar behoort geen versagtende omstandighede te wees nie. Hoop geregtigheid gaan seëvier.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.