Agt jaar later sloer On Point Engineering-saak steeds

Julius Malema, leier van die EFF. (Foto: Twitter)

Dit lyk of die korrupsiesaak aangaande die On Point Engineering-sage nóg langer gaan sloer aangesien die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) nog geen aanduiding kon gee van wanneer die saak voor ʼn hof gaan dien nie.

Dit ten spyte van die feit dat die NVG drie jaar gelede reeds besluit het om die saak op die hofrol te plaas.

AfriForum se privaatvervolgingseenheid het sy misnoeë Woensdag in ʼn verklaring uitgespreek aangesien nie Julius Malema, EFF-leier, of enige van sy vier medebeskuldigdes al teruggeroep is om in die hof te antwoord op die bewerings van bedrog en geldwassery wat verband hou met ’n tender ten bedrae van R52 miljoen van die departement van paaie en vervoer in Limpopo nie. Dít agt jaar nadat die saak teruggetrek is.

AfriForum meen die NVG se versuim om korrupsieklagtes ernstig op te neem, staan in die pad van geregtigheid.

Maroela Media het vroeër berig dat Malema en sy medebeskuldigdes daarvan aangekla is dat hulle glo valse voorleggings aan die departement gedoen het om ʼn tender van R52 miljoen vir Malema se projekbestuursmaatskappy, On Point Engineering, te kry. Hulle het in 2012 vir die eerste keer in verband met die aanklagte in die hof verskyn.

Die beskuldigdes het op aanklagte van korrupsie, omkopery en rampokkery tereg gestaan.

In November 2019, nadat die eenheid ’n mandamus-aansoek teen die NVG ingedien het, is daar aangekondig dat die saak teen vier van die On Point Engineering-beskuldigdes sal voortgaan – maar nie teen Malema nie.

Adv. Rodney de Kock, hoof van die NVG se nasionale vervolgingsdiens, het verlede jaar in ’n skrywe aan die eenheid gesê daar is nie genoeg bewyse teen Malema om ’n saak teen hom te bou nie – ’n stelling wat die eenheid ten sterkste verwerp.

De Kock het wel in dié skrywe gesê dat ander bewerings – onder meer oor tenderbedrog – teen Malema, wat nog nie ondersoek is nie, wel dringend ondersoek sal word.

Die vervolging van On Point Engineering (Edms.) Bpk. en sy direkteure sou volgens De Kock wel afsonderlik voortgaan “om enige verdere vertragings te vermy”.

In sy jongste reaksie aan die privaatvervolgingseenheid op 18 Augustus vanjaar sê De Kock dat die “saak steeds die nodige aandag geniet deur die Gespesialiseerde Handelsmisdaadeenheid in Pretoria, met die oog daarop om dit in die Limpopo-afdeling van die hooggeregshof te vervolg”.

“Die jongste reaksie van die hoogste vlakke van leierskap in die NVG af is nie net neerhalend nie, maar skep meer vrae as wat dit antwoorde verskaf. Hierdie optrede gaan teen die onlangse voorneme wat deur die minister van justisie, Ronald Lamola, in die parlement gemaak is ten opsigte van die bekamping van korrupsie,” het Barry Bateman, kommunikasiehoof van AfriForum se privaatvervolgingseenheid, Woensdag gesê.

De Kock se jongste reaksie volg vyf maande nadat adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se privaatvervolgingseenheid, in Maart vanjaar antwoorde by adv. Shamila Batohi, die nasionale direkteur van openbare vervolging, geëis het oor waarom die beskuldigdes nog nie in die hof verskyn het nie.

“Hierdie kantoor het geduldig gewag… en is raadop om te probeer verstaan ​​hoekom die beskuldigdes nie in die hof verskyn het nie. Die enigste afleiding is dat die verhouding tussen die verdagtes en mnr. Malema ’n rol gespeel het in die NVG se versuim om op te tree en dat die verklaarde voorneme om te vervolg ’n blote vertragingstaktiek was in die hoop dat ons belangstelling sal kwyn,” het Nel in dié brief gesê.

“Ons herhaal ons standpunt dat die onwilligheid om vervolging teen mnr. Malema in te stel irrasioneel is en enige moontlike vervolging teen hom in die toekoms sal benadeel.”

Bateman sê dit is verregaande dat ’n saak wat in werklikheid gereed was vir verhoor in 2015, enige verdere aandag kort, wat nog te sê ’n bykomende drie jaar se aandag nadat besluit is om die saak weer ter rolle te plaas.

“Dit was as gevolg van die ingryping van die privaatvervolgingseenheid dat die saak weer op die rol geplaas is, maar die daaropvolgende mislukkings illustreer dat die NVG geen aptyt het om polities-verbonde individue op klagtes van korrupsie te vervolg nie.”

Bateman sê die eenheid se belangstelling in hierdie saak sal nie kwyn nie, en die eenheid sal voortgaan om druk op die NVG uit te oefen om op te tree.

“Die eenheid vra slegs dat die NVG dieselfde vlak van toewyding toon om korrupsiesake te vervolg.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Pietertjie ·

Die gewone Stalingrad metode wat deur alle kaders gevolg word. Dis ook die rede hoekom die staatskaper-kriminele nooit die binnekant van ‘n tronk gaan sien nie, vergeet nog van enige buit terugbetaal. Dis net fluitjieblasers of klikbekke wat aan die pen ry. Ek is nie dom nie.

Di ·

Dan wil Rooikappie sy bek kom rek oor ander skelms in die Regering! Hulle is ALMAL onaantastbaar, selfs die NVG is kader aanstellings en useless en SORG vir hulle kollegas. Hierdie klomp wat die land regeer is almal rampokkers en die meerderheid in die land staar hulle blind teen “apartheid” Geen hoop vir vooruitgang in die land, dis net ondergang met ‘n hengse spoed

Manie ·

Die vent het meer hofsake as breinselle en loop nog steeds rustig rond. Sê nou hy word nie beskerm nie?

H.A. ·

Malema en Putin is soos vinkel en kojander, hulle moes wragtig n tweeling gewees het.

domheks ·

Kaders vervolg nie kaders nie! Dankie Gerrie Nel – skroef hulle op.

SomeOne ·

die nvg doen niks aan sulke vervolgings nie, iewers word daar beskerming verleen – plain commen useless onderneming, (ondermeining)

Hendrik ·

As Trump nie verantwoordelik gehou moet word vir hoogsgeheime VSA dokumente wat hy wederegtelik in sy huis gehou het nie, waarom moet Malema vervolg word? Beide die sake het mos ‘n politieke kleurtjie …

Piet parys ·

Doen jou navorsing dan sal jy wakker word en weet dat enige President geklassifiseerde dokumente mag besit solank dit veilig bewaar word . Obama het ook sulke dokumente . Klink my jy het n rooi berei en daar is n helse verskil tussen die 2.

Harley Davidson ·

Want almal is nie gelyk onder die wet van die huidige PRSA (piesang Republiek van Suid-Afrika) nie

Alex ·

Dit is mafia taktieke. Iewers word die gereg gedreig om op te tree

Nie Verbaas ·

NVG beskerm kaders. In hoeveel sake is hulle moes hulle tot nou toe gedwing word om te vervolg? Verstaan die klomp ooit wat hulle veronderstel is om te doen? Ek twyfel maar behoed jou as jy wit is. Dan is daar dadelik aksie.

SjN ·

Hul motto, More is nog n dag, Afrika tyd, waarom die onsettende haas.

Christine ·

Geld praat, De Kock word omgekoop of gedreig. Dankie Vader vir Afriforum.

LANA is ELANè ·

Ons verwag niks minder van hierdie sg regstelsel waar dit net die gewone man op straat is wat werklik sy dag in die hof kry, as dit net blyk hy het ñ tree te links of ñ tree te regs gegee tov die gereg.

Jackie ·

Dit sal die NVG baie baat indien hulle AfriForum se private vervolgingseenheid koöpteer om hulle te help om hul swak vervolgings record reg te stel. AfriForum kan die sake baie meer koste effektief en vinniger tot finaliteit bring.

Papsak ·

Malemma sal niks oor kom nie want hulle is tog so bang vir die ongeletterde gemors hy maak net wat hy wil en se vir almal wat hy wil want ons kom tog niks oor nie te lekker

Nico ·

Die regstelsel is bang vir die man, as hy praat spring almal op aandag.

Blikkies ·

NVG is Useless, geen tande nie, en sal ook nie optree teen hulle maaitjies nie.

Elize ·

NVG ook in Julius se sak. Hoe moet mens aanhou hoop en glo in hierdie land?

Jacobus ·

Die nuwe mense in die nuwe Suid-Afrika, word nie vervolg, want hulle neem net terug wat hulle oor die jare ontneem is. Afrika logika is iets heeltemal anders as normale logika, wat dit dus moeilik maak vir die naïewe mense, wat glo Afrika mense doen soos enige normale mens sou doen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.