Die gekerm en gekla wat ontstaan het oor Jake White se besluit om met ʼn uitgedunde Bulls-span in die kwarteindronde van die Kampioenebeker teen die sterke Northampton te speel, krap steeds by baie van die Britse en Ierse klubs.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Wim van der Berg"
Mening: Kwota-dreigemente, goeie vertonings in vele sporte kenmerk SA se sportjaar
“Ons krieket, wat op eersteklas (provinsiale) vlak gedy en ook onder die leierskap van Graeme Smith as kommissaris vanjaar die gewilde en ook uiters winsgewende SA20 aangebied het, is alweer besig om geluide te maak om met die kwotastelsel te lol.”
Mening: Wêreldrugby se grootse planne kan nadelige finansiële gevolge hê
Die vernaamste aankondiging van Wêreldrugby was stellig dat die klubs (en franchise’e) se kalenders nou met dié van die internasionale wedstryde duidelik belyn sal word met afgebakende tye waartydens spelers vir internasionale verpligtinge vrygestel sal word.
Mening: Wat gaan aan met ons atletiek?
“Dis nie lekker om ʼn artikel op so ʼn negatiewe noot te begin nie, maar dit kan nie anders ná die inploffing van ons atlete by die onlangse Wêreldkampioenskap nie,” skryf Wim van der Berg.
Mening: Druk op Engelse rugbybase en Eddie ná swakste seisoen in 16 jaar
ʼn Mens moet jou glo nie in ʼn ander se leed verlustig nie, maar dit was darem lekker om te hoor hoe selfs Twickenham se skare hul span Saterdag ná die eindfluitjie uitgejou het!