Bittereinders-direkteur is ‘held’; wou glo aanranding keer

Francois van der Merwe word deur lede van die polisie sowel as metropolisie platgetrek. (Foto: Isabel Venter / Maroela Media)

Francois van der Merwe, ʼn direkteur van die Bittereinders-beweging wat daarvan beskuldig word dat hy ʼn polisiebeampte of beamptes aangerand het tydens ʼn betoging in Limpopo, bly in aanhouding.

Hy is in hegtenis geneem en aangekla ná ʼn betoging in Groblersdal.

Lees ook: Bittereinder-man in boeie by hof

Van der Merwe en nog ondersteuners van die Bittereinders het Woensdag na dié dorp opgeruk om die vrylating van Piet Groenewald en Stephan Greeff te eis. Groenewald, eienaar van Wildlife Investigation & Protection Services (WIPS), en Greeff word daarvan beskuldig dat hulle ʼn veiligheidswag in hul diens aangerand en toe ʼn veiligheidshond op hom losgelaat het.

Hul aansoek om borgtog het Woensdag begin en is tot later uitgestel.

Buite die hof het die Bittereinders, inwoners van Groblersdal, asook lede van die ANC en EFF bymekaargekom. Die polisie het gevra dat die groepe aan weerskante van die straat voor die hof betoog en het toegangsbeheer na die hof toegepas.

Van der Merwe het, voor die hofverrigtinge kon begin, in ʼn woordewisseling met die polisie betrokke geraak.

Polisiebeamptes wou hom en ander ondersteuners nie verby die kegels wat in die pad voor die hof geplaas is, toelaat nie. Volgens Van der Merwe is daar vooraf toestemming vir die betoging bekom.

ʼn Woordewisseling het ontstaan met Van der Merwe wat verby die polisie gebeur het. Hy is deur ʼn groep polisiebeamptes platgetrek terwyl hy geskreeu het: “Vryheid vir die Boerevolk!”.

Hy is hierna tot binne die hof na die aanhoudingselle geneem, waar hy aangekla is.

Willem Petzer, ʼn aktivis teen plaasmoorde wat ook deelgeneem het aan die betoging, het later in ʼn aanlyn verklaring gesê Van der Merwe is aangerand.

“Francois is baie erg verniel in die inhegtenisneming,” sê Petzer in een van sy verklarings.

Die volle storie wat gister in Groblersdal gebeur het.

Posted by Willem Petzer on Wednesday, January 24, 2024

Hy het opnuut bevestig die betoging was vreedsaam en dat daar wel vooraf toestemming vir die byeenkoms by die owerhede bekom is.

Petzer het verder bevestig daar was ʼn woordewisseling tussen Van der Merwe, die polisie en Dries Olivier, oudlanddros en voormalige burgemeester van Groblersdal. Volgens Petzer het ʼn polisiekolonel die magtiging vir die betoging herroep en die roete verander.

Olivier het ook ʼn klag van aanranding teen die polisielede, wat hom hard rondgepluk het, aanhangig gemaak.

“Eintlik het Francois ʼn heldedaad verrig, want in die hitte van die stryd, sonder om te dink, het hy tussen oom Dries en die polisie inbeweeg nadat daardie polisiebeamptes vir oom Dries baie seer probeer maak het,” sê Petzer.

Die polisie het daarna vir Van der Merwe platgetrek en in die struweling is daar glo op sy kop getrap, aldus Petzer. Die polisie het glo ook “toegelaat dat metropolisielede oor en oor op Francois se kop trap”.

Hierna is daar glo onderneem dat Van der Merwe nie aangekla sou word nie, maar vrygelaat sou word. Dit het nie gebeur nie, ná verskeie polisiebeamptes glo aanklagte teen hom ingedien het, sê Petzer.

Hy was deel van ʼn afvaardiging wat Van der Merwe hierna bygestaan en gehelp het om by ʼn staatshospitaal uit te kom.

“Hy het opgegooi en was by tye gedisoriënteerd.”

Maroela Media het verneem Van der Merwe het Donderdagoggend in die hof verskyn op aanklagte van aanranding, asook ʼn klag wat daarmee verband hou dat hy ingemeng het met die polisie se uitvoer van hul pligte.

Die staat het aangedui hulle sal sy borgtogaansoek teenstaan omdat Van der Merwe nog ʼn hangende saak van aanranding teen hom het. Sy aansoek is daarna tot 1 Februarie uitgestel en hy sal in aanhouding moet bly tot dan.

Van der Merwe het verlede jaar in die Pretoria-landdroshof verskyn nadat hy glo ʼn klant by ʼn kuierplek in Gezina met ʼn brandewynbottel oor die kop geslaan het.

Hy is in hierdie saak op borgtog vrygelaat en moet weer op 29 Januarie in die hof verskyn.

Nóg die woordvoerders van die Nasionale Vervolgingsgesag nóg die provinsiale polisie kon dadelik vir kommentaar bereik word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Gaitsigubib ·

Sy weergawe strook met wat ‘n mens kon sien. Dit het nie gelyk of hy iemand stamp nie, maar eerder of hy deur hulle beur. Mens hoef in ingeval nie ‘n persoon in die tronk te gooi vir “common assault” maar wel vir GBH ( Assault with the intent to do Grievous Bodily Harm). Dan moet jou intensie wees om die persoon te beseer. In hierdie geval word die wet so ingespan om ‘n sekere segment van die samelewing n les te leer. Die tragedie hier is dat 2 ander, moontlik onskuldige persone, ook tans in die tronk sit en vergaan. Die reg moet wel ‘n kans kry om sy loop te neem, maar hierdie gevalle is ver buite die gewone raamwerke van die wet. Dit blyk spesiaal aangepas te wees om n voorbeeld te maak van die wat volgens die ANC blykbaar as “ongewensdes” beskou word.

Althes ·

Dagvaar die polisie. Daar was geen rede dat soveel lede nodig gehad het om geweldadig op te tree teen een persoon nie. Laat dit sommer van daardie polisielede se salarisse verhaal word. Wat soek die metro lid daar en wie het hom toestemming gegee? Aangesien die polisie met hul generaal dan besluit wie buite die hof mag staan?

Nommer 7 ·

Niemand kom tot die held se redding, almal staan net en kyk met hul vierkleure!

Jacobus ·

Nommer 7 die land word deur anc terroriste beheer. Dit was al waarvoor die klomp in blou gewag het en sou dan links en regs boere geskiet het. Die een polisie lafaard het op die video klaar met sy pistool in die hand die man aangerand.

Republikein in die Wes Kaap ·

Limpopo lyk soos Zim. En SAPS is net so erg as Zim se polisie.

Pieter ·

Dis vrot in ons land, ruik julle dit? Van Asblikke, reg deur die staat tot heel bo innie parli is dit Vrot. Ek kry die gevoel hulle is astrand, aspris nou en net sien wat hulle wil. Daar is niks logika meer, en mense voel NIKS vir ander! Daar is nie meer ek en jy ons die gereg, maar ek en jy en jou gereg…

Gaitsigubib ·

Jannie elke man bepaal sy eie heil. Jy hoef mos nie n mamparra te wees nie. Probeer net jou bes om te verander.

Keelvol ·

Jacobus, jy moet n bietjie uitkom en sien hoe wittes deesdae te kerig gaan. Dis skandelik. Die klomp se gedrag is nie veel beter nie. Hulle wou moeilikheid maak.

AREND1 ·

Die polisie het nie so aangegaan toe die eff so aangegaan het nie.Hulle het met die eff nie gestaan en kyk en hoekom was daar so baie polisie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.