Video: Bittereinder-man in boeie by hof

Ondersteuners buite die hof op Groblersdal. (Foto: Maroela Media)

Francois van der Merwe, ʼn lid van die Bittereinders-beweging, is Woensdag by die Groblersdal-landdroshof in hegtenis geneem ná hy na bewering ʼn polisiebeampte aangerand het.

Genl.maj. Jan Scheepers, waarnemende polisiehoof in Limpopo, het buite die hof bevestig dat Van der Merwe van aanranding aangekla gaan word.

Ondersteuners van die Bittereinders en inwoners van Groblersdal het Woensdag met vlae en baniere by die hof opgedaag waar Piet Groenewald en sy stiefseun, Stephan Greeff, Woensdag verskyn. Die twee word daarvan beskuldig dat hulle ʼn werknemer van hul veiligheidsmaatskappy aangerand het.

Francois van der Merwe, ʼn lid van die Bittereinders-beweging, is Woensdag by die Groblersdal-landdroshof in hegtenis geneem ná hy na bewering ʼn polisiebeampte aangerand het. (Foto: Maroela Media)

Die hofverskyning is voorafgegaan deur ʼn woordewisseling tussen die Bittereinders se Van der Merwe en sommige polisiebeamptes wat by die hof ontplooi is.

Die polisie het met die groep betogers onderhandel en hulle gevra om liefs om die hof te stap. In ʼn stadium het Van der Merwe en nog lede verby die kegels en geparkeerde polisiemotors gedruk.

Van der Merwe is deur ʼn groep polisiebeamptes platgetrek terwyl hy geskreeu het “vryheid vir die Boerevolk!”.

Francois van der Merwe word na die hofselle gedra. (Foto: Maroela Media)

Hy is hierna tot binne-in die hof na die aanhoudingselle geneem.

Die Bittereinders het ʼn afvaardiging na die polisiestasie gestuur om ʼn teenklag van aanranding teen die betrokke polisiebeampte aanhangig te maak.

Groenewald en Greeff is Donderdag in hegtenis geneem ná hulle glo vir Veneruru Kavari (30), ʼn WIPS-veiligheidswag, aangerand het. Kavari beweer hy is met ʼn swaar voorwerp geslaan terwyl ʼn hond glo ook aangehits is om hom aan te val.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Dries ·

Ai, al die drama, en moontlik is Groenewald en Greeff vals beskuldig. Dit is mos die normaal.

piet ·

Ja nee wat, dit gaan ‘n bitter pil wees om te sluk. Ons is nie almal so nie……

Geert ·

Pasop vir net defytisme , vir die wat nou nie almal soos die soos die Bittereinders is nie. Ons gaan nie ons vryheid op n skinkbord kry nie ons sal moet werk daarvoor.

Papsak ·

Dit was nou glad nie nodig om hom do te hanteer nie dit wys die swak hede van kurupte polisie maar die EFF mag goed skree en se dan is die polisie te bang om hom te gryp en hardhandig te hanteer maar net die wit ou kon hulle op tree vinnig ook ek staan agter hom hy vir sy volk dit gedoen skrik wakker en hanteer EFF dan ook so wees regverdig

piet ·

Papsak – hulle is gewaarsku om nie ‘n afgesperde gebied te betree nie en toe doen hierdie bitterpil dit. Geen dissipline en orde nie. Nou die dag is hulle soos honde weggejaag deur ‘n paar EFF-lede en nou word die ou gesleep. Sies man, ek skaam my dood.

Gaitsigubib ·

George jy is nie n Boer nie, so waarom praat jy namens die Boere? Net n opregte vraag. Dit was n goedgekeurde protesaksie. Wat het hy gedoen om gearresteer te word? Enige iets beskadig, gebreek, met ontlasting gegooi, afgebrand? Nee, sy sonde is dat hy was daar was. Hoeveel EFF lede was gearresteer? Piet jy is reg dat ons beslis nie almal so nie. Sommige van ons kan n onreg van ver af sien. Ons is nog nie verblind deur politieke korrektheid nie

Dup ·

Die meerderheid is in beheer en regeer die land.Ons sal almal hierby moet aanpas of die gevolge dra.Gebruik jou stem tydens stemdag om die regeerders te ontsetel.

Kokerboom ·

Situasies soos die moet met uiterste omsigtigheid behandel word. Dit bly ‘n kleursaak in SA en uitlokking sal altyd plaasvind. Staan vir jou reg maar tree berekend en wys op!

Casper ·

Wat het die verkeerspolisie ddaarmee uit te waai.Hulle is aangestel om te doen wat die woord beteken”verkeer” nie skarebeheer nie.

Jan Jacobs ·

Die video voor die voorval, wys hulle waar protesgangers, met die Gen in beheer in gesprek was, die polisie het nie by hulle woord gehou nie, en die roete verander, dis waar oor daar ongelukkig heid was.

Lila ·

Hierdie arrogante mannetjies van die ‘Bittereinders’ maak net moeilikheid waarokal hul gaan, en niks goeds kom ooit daarvan nie. Dan word al ons wit Afrikaners nou onder dieselle kam geskeer…..

Republikein in die Wes Kaap ·

Bittereinders, julle sal nooit ware vryheid beleef nie, veral in die diep binneland. Julle moet eerder werk vir selfregering. Soos ek verstaan sal dit dan beter gaan.

Jan Jacobs ·

Ja Piet, Geert en George, manne soos julle was in die boereoorlog, hensoppers genoem. Ons mense se regte word vertrap, ons boere word vermoor, en ons sit agter oor, te bang om iets te se nee man.

Tokkel ·

Waar is ons mense se lojaliteit…kan ons nie vir ‘n slag saamstaan nie?

Geert ·

Jan lees eerder mooi wat ek gesê voor jy my n hensopper noem. Ek sê dan juis ons moet die klomp aanvat, “defytisties” beteken om oor te gee.

Olive ·

Dit sal nooit met ‘n brother gebeur nie? En ek wens sommer hulle wil nou die polisie uniform verander. Dit lyk net eenvoudig nie meer mooi nie en dwing beslis geen respek of trots af nie.

Gaitsigubib ·

Die mense hang dikwels sulke onregverdige etikette om jou nek, soos nou ook in hierdie jong man se geval. Op Swartwater het ek destyd saam met 5 ander mense gekeer dat hul n Boer se huis afbrand. Ek het net voor die huis gestaan en nie my mond oopgemaak nie. Ek het ook nie n vuurwapen gehad nie maar steeds is ek as n moelikheidmaker (n warmkop) gebrandmerk. Die wat my uitgekryt het het knus en veilig in hul huise gaan wegkruip.

piet ·

Gaitsigubib – Ek het gelees dat hy die polisie bestorm en gestamp het. As dit so is, verdien hy sy pakslae.

Vonkprop ·

Dit het nogal ‘n paar polisiemanne gevat om hom plat te trek. Dink net wat kan gebeur as ons almal saamstaan.

Johann ·

Houwk. Nou wha essa Cieerhol se united souf afrika. Waar allamal kan seng en dans en skree sos hella wehl?

trotsNAMSA ·

Bittereinders, as julle aan ‘n Polisiebeampte vat/raak, is dit aanranding. Wanneer leer julle ?
Julle moet soos ons voorsate met perde en twee of meer boerboele opdaag. Die manne lyk vir my ieder na voormanne as plaasboere. ‘n Boer het altyd ‘n plan, die klomp het geen. Afrikaners staan saam. Vandag se boer kan nie sy plaas beskerm nie, ry in bakkies en vuurwapens is toegesluit. My vroulike geslag voorsate het plase teen die Engelse beskerm. Met julle sal ek nie oorlog toe gaan nie, ongedissiplineerd met wye arms. :)

Gaitsigubib ·

Wat meen jy met “wanneer leer hulle”? Bedoel jy: “mens moet nie betrokke raak by protes as jy n Boer is dan sal jy veilig wees”? Jy weet dit is nie so nie, ne? Op die video kan jy mos sien dat hy net tussen deur die SAP stap en dan vat dit 15 SAP om hom grond toe te trek. Hy moes seker net huistoe gaan toe hy die EFF en SAP sien, dan gaan ons almal veilig wees, of hoe? My vraag is wanneer leer jy? n Boer hoef niks te doen om toegesluit te word nie hoor. Ek het my eie sake om daarvan te getuig. Dan is daar nie eers n geskrewe statement of getuie teen my nie, maar steeds moet ek toegesluit word!

Republikein in die Wes Kaap ·

Ag wat, oor vier jaar dra almal weer die groen jersey en skreeu “Bokke, bokke!”. Dan is ons mos weer united.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.