“Die ANC kan met niks vertrou word nie. Sy onbevoegdheid spreek uit Suid-Afrika se ligte wat nie meer aan is nie. In stede van regeer was daar net ʼn poging tot selfverryking.”
Lees meerAlles vir Donderdag 30 November 2023
Paia-versoeke ingedien oor AgriBEE-plan
Die Paia-versoeke handel oor hoe die AgriBEE-planne ontwikkel is, die toepassing daarvan, sowel as die implikasies vir internasionale handelsooreenkomste.
Beurtkrag-situasie verbeter verder
Volgens die kragvoorsiener is daar verdere verbetering in die kragopwekkingskapasiteit en noodreserwes.
AfriForum by VN: Kollig op rassediskriminasie en “Kill the Boer”-lied
Kwessies wat aangeroer is, sluit in die “Kill the Boer”-lied; die beplande uitsluiting van wit boere van tariefvrye landbou-uitvoere na die EU en die VK indien hulle nie aan sekere raskriteria voldoen nie; en die toepassing van ras as voorwaarde vir watergebruikslisensie-aansoeke.
‘Duikboot-moordenaar’ verloor hofsaak oor nuwe verhoudinge
Peter Madsen, wat lewenslange tronkstraf uitdien in verband met die moord op ʼn joernalis aan boord sy tuisgemaakte duikboot, het Donderdag ‘n saak teen die Deense staat verloor oor wetgewing wat hom verbied om nuwe verhoudings aan te knoop.
‘Maddie’-verdagte in hof oor onverwante sake
Die hoofverdagte in die verdwyning van die Britse kleuter Madeleine McCann sal van Februarie in ʼn hof in Duitsland verhoor word oor vyf onverwante seksuele oortredings.
37 jaar tronkstraf vir Pinnacle Point-moord
Mia Heuer, Marietha Willemse se dogter, sê die familie is dankbaar dat hulle ʼn uitgerekte verhoor gespaar is.
Taalgebruik: reling, reëling
Taaltoffie ondersoek die verskil in gebruik tussen “reling” en “reëling”.
ToekomsVenster: Gee aan God die eer
Dan kom die oproep.
Durbanse hawe probeer agterstand wegwerk
Volgens Transnet sal dit terminaal 2 sowat 14 weke neem om die agterstand uit te wis, maar daar word ook “baie pogings aangewend om hierdie tyd te verminder”.
2023 dalk die warmste jaar nóg
Die VN se Wêreld‑ Meteorologiese Organisasie (WMO) sê 2023 het reeds verskeie weerrekords laat spat en ʼn “spoor van verwoesting en wanhoop” agtergelaat.
Laat jou beroepsdrome waar word
Potchefstroom Akademie & SAAHST is vasbeslote om studente by te staan om hulle passie in ’n florerende loopbaan te ontwikkel en ook as entrepreneur uit te blink. Met diverse kwalifikasies bemagtig hulle studente met vaardighede, kennis en ondervinding.
‘BSV’ se Marné gee ja-woord
Marné du Plessis (26), wat in die 13de seisoen van die kykNET-maatsoekreeks, ‘Boer soek ʼn vrou’, op boer Déan se plaas gekuier het, het Woensdag verloof geraak.
Begrotingsbesnoeiings reuseslag vir onderwys in Wes-Kaap
Die besnoeiings is boonop vir die heel eerste keer binne ʼn spesifieke boekjaar gemaak, wat beteken dit tree dadelik werking – en op presies die tydstip wanneer die vraag na plasings op die hoogste is.
Implats: ‘Hysbak val toe outomatiese stelsel ingee’
“Die kabel het nié gebreek nie,” het Johan Theron, woordvoerder van Implats, Donderdag aan Maroela Media bevestig.
Resep: Vis-en-tjips met jogurtsous
Jy hoef nie langs die see te sit om dié vakansiegunsteling te geniet nie.
Name van ‘rassistiese’ koninklikes op TV-program onthul
“Tot dat daar werklike bewyse van daardie opmerkings is, sal ek dit ook nooit glo nie.”
‘In duie stort van kragnetwerk onwaarskynlik’
ʼn Stemboodskap wat die afgelope week die rondte gedoen het, waarsku dat groot ondernemings regmaak vir ʼn algehele ineenstorting van die kragnetwerk.
Geniet dié Geloftedag by die Voortrekkermonument
“Dit is die beste Gelofteweek-program wat nog aanmekaar gesit is, wat oud en jonk sal vermaak. Ons nooi mense van naby en ver om hierdie week saam met ons te kom geniet.”
Blitsbokke is dorings in Dubai
Die Blitsbokke is ongetwyfeld die seweskonings van Dubai: Die Suid-Afrikaners het reeds tien keer met die bekerlouere in dié woestynstad weggestap.