‘In duie stort van kragnetwerk onwaarskynlik’

Eskom se Grootvlei-kragstasie. (Foto: Guillem Sartorio / AFP)

Die kans dat Eskom se kragnetwerk in duie kan stort is “weglaatbaar klein”.

Só sê dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, in reaksie op stemboodskappe wat die afgelope week die rondte gedoen het.

“Die stemboodskappe is vals. Daar is beslis geen groter gevaar vir die ineenstorting van die kragstelsel nie. Die moontlikheid is steeds vir nou weglaatbaar klein.”

In die stemboodskap waarsku ʼn onbekende man daar kom “drama met die krag” en dat Old Mutual tans regmaak vir ʼn algehele ineenstorting. Luidens die boodskap word ʼn algehele ineenstorting van tussen vier en 14 dae op 9 Desember verwag. “[Pres. Cyril] Ramaphosa sal ʼn ramptoestand afkondig en dan beplan hulle om dit as openbare vakansiedae te verklaar. Niemand sal kan werk nie.” Die boodskap lui ook dat geen diesel in dié tyd aangekoop sal kan word nie omdat dit vir hospitale en ouetehuise se kragopwekkers gehou sal word. “Banke se taakspanne is ook besig om die ATM’s skoon te maak.”

Beurtkrag in fase 4 tot 6 word die afgelope week regoor die land toegepas.

Hermann sê egter beurtkrag is juis ʼn instrument om die stelsel te beskerm. “Die huidige hoë vlakke van beurtkrag is weens die hittegolf, swak prestasie van opwekkers en logistieke probleme met die bestuur van noodreserwes. Die stelsel self was egter nooit in gevaar nie.”

Hy voorspel die volgende week gaan nog moeilik wees. “Vir die volgende sewe dae verwag ons fase 3-beurtkrag gedurende die dag en fase 4 tydens middagpiektye. Daar sal waarskynlik steeds fase 5-beurtkrag tussen 22:00 en 5:00 wees. Dit is om noodreserwes en dieselvlakke te bestuur sodat meer kapasiteit in die dag beskikbaar is.”

Solidariteit verwag wel verligting aan die einde van volgende week hoewel onverwagse insidente “altyd ʼn risiko is”.

Hermann het die rondstuur van vals inligting skerp gekritiseer. “Die kragkrisis is groot genoeg. Daar hoef nie paniek met vals inligting gesaai te word nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Manie ·

Dit wil voorkom asof Dirk Hermann meer as Eskom weet wat binne Eskom aangaan.

Lettie ·

Dis berig was ook verlede jaar wyd versprei. Die persoon sou aanvanklik vasgetrek word. Net weer foefie herhaling.

Michael ·

Dit is en sal nie weer regkom nie as die anc volgende jaar se verkiesing wen kan die munisipaliteit die krag boks by my kom afhaal en vir skroot verkoop.

koos ·

Okey, maar kyk na die volgende:
1. Die cANCer bestuur het die huidige krises veroorsaak.
2. Die krag krises word net erger met tyd.
3. Gegewe die feite, dink enige logiese mens dat cANCer ‘n totale ineenstorying kan keer?
4. Die boffins het ook gereken dat die Titanic onsinkbaar is voordat die fatale nooiensvaart aangepak was.
5. History wil judge you.

Di ·

Soos dinge nou aangaan in die land is ons vinnig oppad waar alles sal moet terug keer na handstelsels en mense se lewenstyle aangepas moet word sonder enige krag. VIVA ANC, julle het dit uiteindelik reggekry om ALLES voor die voet te VERWOES

Highlander ·

Die persoon praat baie goeie afrikaans. En dan wonder mense nog waar kom misinformasie vandaan

Papsak ·

Wel dit is die anc en Ramaphosa wat in die pad van eskom krag staan hulle laat loadshedding toe hulle dit so beplan daar nie werklik n krag probleem nie maar dankie Hermann vir wat jy doen !!!!!!!!!

Piet parys ·

Natuurlik stort die kragnetwerk stadig maar seker ineen want dit verbeter nie en raak net erger .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.