Soorte resepte:

Resep: Vis-en-tjips met jogurtsous

Vis-en-tjips met jogurtsous. (Foto: Lapa Uitgewers)

Jy hoef nie langs die see te sit om dié vakansiegunsteling te geniet nie.

Lewer 4 porsies.

Bestanddele

Vis

  • 310 ml (1¼ k) koekmeel
  • Knippie sout
  • 75 ml (5 e) Clover-volroommelk
  • 15 ml (1 e) water
  • 1 eier
  • 100 ml (6 e + 2 t) bier
  • 500 g (1 pak) visfilette
  • 750 ml olie vir braai

Tjips

  • 750 g (1 pak) bevrore slaptjips

Jogurtsous

  • 125 ml Clover Classic- ongegeurde jogurt
  • 15 ml (1 e) Dijon-mosterd
  • 60 ml (4 e) mayonnaise
  • swartpeper na smaak
  • ½ ui, fyngekap
  • handvol vars pietersielie, fyngekap

Metode

  1. Meng die koekmeel en sout in ʼn mengbak.
  2. Klits die melk, water en eier saam en roer die bier by.
  3. Giet ʼn bietjie van die melkmengsel by die meel en roer tot ʼn dik beslag vorm. Roer die melkmengsel bietjie-vir-bietjie by tot glad. Bedek die beslag en laat dit 20 minute staan.
  4. Verhit genoeg olie in ʼn braaipan. Voorverhit intussen die oond tot 200 °C.
  5. Doop die visfilette in die beslag en braai dit ongeveer 5 minute aan elke kant.
  6. Plaas dit op kombuispapier om die oortollige olie te absorbeer.

Tjips

  1. Versprei die bevrore tjips op ʼn bakplaat en bak dit 20 minute lank tot goudbruin, of volg die aanwysings op die agterkant van die verpakking.

Jogurtsous

  1. Meng al die bestanddele goed saam.
  2. Sit die vis-en-tjips warm voor saam met die jogurtsous.

Bron: Gunsteling Suid-Afrikaanse kos
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.