Taalgebruik: reling, reëling

Argieffoto (Foto: Monika/Pixabay)

Reling verwys na ʼn tasbare, fisiese voorwerp waaraan jy kan vat. Volgens die Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT) kan dit ʼn tralie of omheining wees soos relings rondom ʼn balkon of die leuning van ʼn trap. In die konteks van wamakery is relings die balke wat parallel oor die lengte van die bokbalke van ʼn wa rus sodat goedere daarop gelaai kan word. Byvoorbeeld:

  • Sy het by die reling van die balkon gestaan en die uitsig oor die stad bewonder.
  • In die ou huis het die houtreling van die trap gekraak elke keer wanneer iemand op of af geloop het.

Die HAT verduidelik dat reëling op ʼn proses of handeling dui waar iets georganiseer of beplan word. Dit is byvoorbeeld die beplanning van gebeurtenisse, soos ʼn konsert of verjaarsdagpartytjie, of die vasstelling van reëls en prosedures, soos ʼn dieetkundige wat pasiënte se diëte reël. Reëling kan ook na ʼn skikkingsooreenkoms verwys waar partye reëlings moet tref wat albei kante pas. Byvoorbeeld:

  • Die reëlings vir die verrassingspartytjie was uitdagend, maar alles het uiteindelik glad verloop.
  • Na ʼn lang vergadering het die span ʼn reëling getref oor hoe om die projek te bestuur.
  • Ouers moet weekliks reëlings tref om hulle kinders by die skool af te laai en weer te gaan haal.

Bron: Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT)

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.