Laat jou beroepsdrome waar word

‘n Kurusus in fotografie by Potchefstroom Akademie & SAAHST (Foto verskaf)

Die keuse van ʼn gepaste loopbaan is een van die belangrikste besluite van jou lewe. Dié keuse kan jou toekoms vorm en jy het die beste moontlike opsies nodig om seker te maak dat die rigting waarin jy beweeg gepas is vir jou.

Potchefstroom Akademie & SAAHST is vasbeslote om studente by te staan om hulle passie in ’n florerende loopbaan te ontwikkel en ook as entrepreneur uit te blink. Met diverse kwalifikasies bemagtig hulle studente met vaardighede, kennis en ondervinding.

Skoonheidsterapie is deesdae ʼn baie wye veld. Met ʼn diploma in somatologie is jy in staat om in-diepte op jou kliënt se behoeftes te fokus, of dit nou esteties, dermatologies, liggaamsterapie of spa-behandelings is. Kosmetologie, as eenjaar-sertifikaat, kan vir studente deure oopmaak om in salonne en skoonheidsklinieke te werk.

Haarkappery leer studente nie net sny en kleur nie, maar hulle word ook onderrig in manshaarstyle, baardbehandelings, vlegwerk en meer. Studente word blootgestel aan die buitewêreld deur werkswinkels wat aangebied word deur industrie leiers en so bly hulle op hoogte van die nuutste neigings.

As die enigste instansie wat diplomas in geregistreerde terapeutiese rigtings mag aanbied, is Potchefstroom Akademie & SAAHST die leier op die gebied van massering, refleksologie en aromaterapie. Studente wat gekwalifiseerd is, behandel pasiënte in hulle eie praktyke of by gesondheidsinstansies en rehabilitasiesentrums.

Binnenshuise ontwerp is een van die innoverendste rigtings wat ’n student kan kies as ’n loopbaan. Binnenshuise ontwerpers moet kreatief probleme kan oplos en drie-dimensioneel oor spasies kan dink. Dit is belangrik om jou kliënt se behoeftes in ag te neem en so estetiese, funksionele en sosiaal verantwoordelike spasies te skep.

In vandag se tyd is foto’s die taal waarmee meeste mense kommunikeer. Alle tipes ondernemings en instansies gebruik hierdie kreatiewe medium vir bemarking en om ʼn spesifieke boodskap oor te dra of om herinneringe te skep. Of jy daarvan droom om jou eie studio te open of ʼn vryskutfotograaf te wees en of jy skouers wil skuur met die voorlopers in die bedryf, bied Potchefstroom Akademie kwalifikasies in hierdie opwindende beroep aan wat al die fasette van die bedryf dek sodat jy die toekoms met vertroue kan betree.

Potchefstroom Akademie & SAAHST bied ook ondernemingsbestuur aan waar jy kennis van die finansiële aspekte van ʼn onderneming tot en met die strategiese beplanning, mensebestuur, bemarking, openbare verhoudinge en die impak van die ekonomie op ʼn onderneming het, opdoen.

Om ʼn vervullende en betalende loopbaan te skep moet ons almal se doel wees. Met Potchefstroom Akademie & SAAHST se kwalifikasies, toewyding en kwaliteit opvoeding, kan jy jou droom in ʼn realiteit omskep.

Klik hier vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.