Blitsbokke is dorings in Dubai

Die Blitsbokke is suksesvol in Dubai. (Foto: Twitter. )

Die Blitsbokke is ongetwyfeld die seweskonings van Dubai: Die Suid-Afrikaners het reeds tien keer met die bekerlouere in dié woestynstad weggestap.

Daarbenewens is die nasionale sewessterre ook die verdedigende kampioenspan nadat hulle verlede jaar vir Ierland met 21 – 5 in die bekereindstryd geklop het.

Elke nuwe toernooi begin weliswaar op ʼn skoon bladsy, maar die Blitsbokke se indrukwekkende Dubai-getuigskrif sal beslis vir ʼn welkome selfvertroue-hupstoot sorg. Veral nadat hulle in die vorige sewesreeks lelik kleigetrap het.

“Ons doen normwaalweg goed hier en dit help ons weer met die nodige momentum vir die Kaapstad-toernooi,” het Justin Geduld gesê.

Die 30-jarige speler het die Blitsbokke reeds in 54 toernooie op die internasionale sewesverhoog verteenwoordig en hy is die Suid-Afrikaner met die meeste ervaring in die Verenigde Arabiese Emirate.

“Dubai is een van my gunstelingtoernooie en ek glo die meeste van my spanmaats sal met my saamstem. Ons gaan nie die ander spanne volg en kyk wat hulle doen nie – ons het al geleer dat ons op ons beste is wanneer ons op ons eie spelstruktuur konsentreer.”

Blitsbok-groep vir Dubai: Christie Grobbelaar, Ryan Oosthuizen, Impi Visser, Zain Davids, Katlego Letebele, Masande Mtshali, Ronald Brown, Selvyn Davids, Dewald Human, Justin Geduld, Shilton van Wyk, Rosko Specman en Quewin Nortjé.

Bepalings:

Saterdag:

8:50: Suid-Afrika teen Samoa

12:58: Suid-Afrika teen Kanada

18:44: Suid-Afrika teen Nieu-Seeland

Uitslae van Blitsbokke se vorige bekerwensessies:

2003: 33 – 26 teen Nieu-Seeland

2006: 31 – 12 teen Nieu-Seeland

2008: 19 – 12 teen Engeland

2014: 33 – 7 teen Australië

2016: 26 – 14 teen Fidji

2017: 24 – 12 teen Nieu-Seeland

2019: 15 – 0 teen Nieu-Seeland

2021: 42 – 7 teen die VSA

2021: 10 – 7 teen Australië

2022: 21 – 5 teen Ierland

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Bernard ·

Put your money where your mouth is.
Dis maklik om te praat maar die bewyse lê op die einde van die dag in die resultate.
Die Protea krieketspan het ook baie “gepraat” maar die resultate was nie daar nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.