ʼn Swartmamba is dood aangetref ná sy in ʼn net op ʼn plaas in Canelands, KwaZulu-Natal verstrengel geraak het.
Lees meerAlles vir Vrydag 12 Januarie 2024
Twee betrap wat glo taxi’s uitbuit
Die twee verdagtes het na bewering taxibestuurders gedreig dat hulle voertuie geskut sou word tensy hulle ʼn kontantfooi van R2 500 betaal.
Sassa: Bewys van lewe-ondersoeke moet verbeter word, vra DA
“Kwesbare en radelose families kan nie blameer word as hulle nie die sterftes van Sassa-begunstigdes aangemeld het nie, wanneer hulle nie die Sassa-kantore kon kontak nie.”
Kaderontplooiing gedy in bankrot Matlosana
“Hierdie stand van sake belig ook weereens die feit dat die ANC nie skroom om munisipale fondse in hierdie reeds bankrot munisipaliteit, te misbruik vir blatante kaderontplooiing om die party se belange te dien nie.”
Fase 3, 4-beurtkrag oor die naweek ingestel
Fase 3-beurtkrag sal Vrydagmiddag om 16:00 ingestel word waarna fase 3 en 4-beurtkrag oor die naweek toegepas sal word.
Resep-video: Eenpot-maalvleis-en-rysgereg
Dié heerlike eenpot-maalvleis-en-rysgereg sorg boonop vir minder skottelgoed.
‘Ons hélp’, sê Israel
Israel sê Suid-Afrika het in sy argumente versuim om te noem dat Israel alles moontlik doen om humanitêre hulp te verskaf en dat daar tans meer vragmotors met hulp as voor die oorlog na Gaza reis.
Nuwe hoof moet Daybreak regruk
Hy word beskryf as ʼn taai en veerkragtige strateeg en “korporatiewe boer” wat eerder sy tyd in die aanlegte of op plase deurbring as agter ʼn lessenaar.
Willemse, Libbok en Zas in Stormers-agterlyn
Die kragmeting teen die Sale Sharks is die Stormers se laaste tuiswedstryd op die DHL-stadion vir ʼn rukkie en teen Vrydagoggend was daar reeds 20 000 kaartjies opgeraap.
Oorloë kan skadu werp op WEF-beraad in Davos
“Die byeenkoms vind onder die mees gekompliseerde geo-politiese en geo-ekonomiese toestande in dekades plaas,” het die WEF-president, Borge Brende, Vrydag gesê.
Israel: Oorlog is teen Hamas, nié Palestyne
Israel kry vandag (Vrydag) die geleentheid om sy saak te stel in die Geregshof waar Suid-Afrika hom daarvan beskuldig dat hy die VN-volksmoordkonvensie oortree.
Gebrekkige beplanning oorsaak van oorvol skole
Die VF Plus sê die jongste onthullings dat gr. 8-leerders van ʼn oorvol hoërskool in Kempton Park na laerskole in die omgewing oorgeplaas word, is nog ʼn voorbeeld van hoe die Gautengse onderwysdepartement se “gebrekkige beplanning om genoeg skole in die provinsie te bou, ʼn boemerangeffek het”.
Wen: Dames, dis tyd om julself te vier
Hierdie inisiatief het ’n duidelike doel: Die bemagtiging van vroue in Suid-Afrika.
Liggaam van Vrystaatse kleuter in veld gevind
Die vierjarige kind was glo te moeg om te stap en is onder ʼn boom gelos.
o.19-krieketkaptein vervang oor ‘veiligheidskommer’
Krieket Suid-Afrika sê hy het inligting ontvang dat betogings wat verband hou met die oorlog tussen Hamas en Israel in Gaza by venues in Suid-Afrika vir die kriekettoernooi verwag kan word.
SA’ners kan nou 108 lande visumvry besoek
Peperduur visums hoef nie Suid-Afrikaners af te skrik om die wêreld vol te reis nie, veral nie as burgers dié lande sonder visums kan besoek nie.
SA se Lloyd in Aussie-ope
Lloyd Harris sal in die Australiese Ope afslaan nadat hy sy kwalifiseringswedstryde gewen het.
Suikerrietkwekers soek antwoorde oor agterstallige heffing
Dit lyk of Tongaat Hulett se sakereddingsproses sy einde nader. Dit is egter nog onduidelik of uitstaande bedryfsheffings ingevolge ʼn nuwe ooreenkoms betaal gaan word.
‘Die Kaplyn’-akteur ondergaan prosedure ná ineenstorting
Dit kom nadat Ilán tydens een van “Die Kaplyn” se vertonings in Mei verlede jaar inmekaargesak het.
Terugslag tref Dakar-voorloper
ʼn Reuseterugslag het die algehele voorlopers van die Dakar-veldtydren, Yazeed Al Rajhi en Timo Gottschalk van Overdrive Racing, getref toe ʼn ongeluk hul titelkanse in die wiele gery het.