Verstrengelde swartmamba dood aangetref

Slanghanteerder Neville Wolmarans (Skermgreep uit die video)

ʼn Swartmamba is dood aangetref ná sy in ʼn net op ʼn plaas in Canelands, KwaZulu-Natal verstrengel geraak het.

ʼn Boer het Reaction Unit South Africa (Rusa) Vrydagoggend omstreeks 09:00 na die plaas ontbied om te sê ʼn groot slang is vasgekeer in ʼn net wat op die land gebruik word.

“Rusa-beamptes het by die toneel opgedaag waar die slang in ʼn oranje net verstrengel geraak het. Die slang is uitgeken as ʼn swartmamba.”

Rusa se bedryfsentrum het slanghanteerder Neville Wolmarans van die Ndlondlo-slangpark ontbied om hulle met die redding by te staan.

“Die 2,7 meter lange wyfie het egter weens uitputting gevrek voor sy gered kon word.”

Wolmarans en ʼn span van die slangpark het in 2011 reeds opleiding aan Rusa-beamptes verskaf oor die hantering en uitkenning van slange.

Black Mamba Trapped

Trapped Black Mamba Found Dead: Canelands – KZNReaction Unit South Africa (RUSA) was called out to a farm in Canelands- Kwazulu Natal this morning (Friday) at 08:57. A farmer reported that a large snake was trapped in a net used on the field. Reaction Officers arrived on scene and found the snake entangled in an orange net (video in comments). The snake was identified as a Black Mamba. The RUSA Operations Center contacted Snake Catcher Neville Wolmarans from Ndlondlo Snake Park to assist with the rescue. The 2.7 meter female Black Mamba was found to have died from exhaustion prior to being rescued. In 2011 Wolmarans & a team from the Ndlondlo Snake Park provided a Snake/Identification Handling Course to Reaction Officers at the RUSA Headquarters.

Posted by Reaction Unit South Africa on Friday, January 12, 2024

Maroela Media het vroeër berig Durbanse slanghanteerder Nick Evans het, in samewerking met ander slangvangers, in Desember altesaam 15 swartmambas by huise verwyder. Nog agt swartmambas is al vanjaar in hierdie omgewing na veiligheid geneem.

Volgens Evans is die belangrikste ding om te doen indien jy ʼn swartmamba – of enige slang – teëkom, is om weg van die slang te beweeg en jou troeteldiere ook weg te hou.

“Moenie probeer om die slang dood te maak of te vang nie, veral nie swartmambas nie. Om ʼn mamba met ʼn stok te slaan, of te probeer vang, sal jou kanse verhoog om gepik te word, aangesien die slang homself sal wil verdedig.”

Hy sê sommige mense glo dat hierdie groot, vinnige, uiters giftige slange baie aggressief is.

“Dit is egter nie die geval nie. Hulle is skaam, vinnig om te onttrek en huiwerig om te pik, tensy hulle met geen ander keuse gelaat word nie,” sê Evans.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Johann ·

Ek staan bloot terug en kyk hoe daai slang gly…waar ek gestaan het. Oombliklik van swwry na bruin mamba.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.