Israel: Oorlog is teen Hamas, nié Palestyne

Israel se regspan. (Foto: Remko de Waal / ANP / AFP)

Israel het Vrydag in Den Haag aangevoer dié land is die ware slagoffer van volksmoord – nié die mense van Gaza nie. Die land hou ook vol dat hy hoegenaamd nie die Palestynse volk probeer vernietig nie.

“Wat Israel wil hê is nie om ʼn volk te vernietig nie, maar om ʼn volk en sy mense, wat op verskeie fronte aangeval word, te beskerm,” het die prokureur Tal Becker, namens Israel, in die Internasionale Geregshof gesê.

Israel het vandag die geleentheid gekry om sy saak te stel in die Geregshof waar Suid-Afrika hom daarvan beskuldig dat hy die VN-volksmoordkonvensie oortree.

Israel meen dié klag is “grondig verwring” en weerspieël nie die realiteite van die Gaza-oorlog nie.

“Die geheel van Suid-Afrika se saak berus op ʼn doelbewus saamgestelde, gedekontekstualiseerde en manipulerende beskrywing van die realiteit van huidige vyandighede,” het Becker aangevoer.

Volgens hom het Suid-Afrika “ongelukkig ʼn diep verwronge feite- en regsbeeld” aan die hof voorgehou. Om sy argument te staaf het Becker met behulp van video’s en prente ʼn grafiese beeld geskep van die gruwels van die 7 Oktober-aanvalle.

Hamas-militante het “kinders voor ouers gemartel, ouers voor kinders, mense verbrand … stelselmatig verkrag en vermink,” het Becker aangevoer.

Hy het beklemtoon dat Israel uit selfverdediging opgetree het en dat die reaksie nie op die Palestynse inwoners van die Gaza-strook gemik is nie.

“Israel is in ʼn verdedigingsoorlog teen Hamas, nie teen die Palestynse volk nie… Onder hierdie omstandighede kan daar kwalik ʼn valser en meer kwaadwillige aanklag wees as die bewering van volksmoord teen Israel.”

Prof. Malcolm Shaw, ʼn internasionale regskenner, het dié punt namens Israel benadruk. “Suid-Afrika vertel net die helfte van die storie,” het hy aangevoer.

Shaw het aangevoer dat Israel nie die reg het om volksmoord te pleeg nie, maar wel die reg het om homself te verdedig. Hy het ook daarop gewys dat volksmoord wetlik nie sonder opset gepleeg kan word nie.

“Die waarheid is dat indien daar enige voorval van volksmoord in hierdie situasie was, dit die gebeure van 7 Oktober is.

“Daar is geen volksmoordbedoeling hier nie; daar is geen volksmoord nie.”

SA se benadering gekap

Becker het vanoggend in sy argument daarop gewys dat dit teen hierdie tyd algemene kennis is dat Suid-Afrika noue betrekkinge met Hamas geniet. Suid-Afrika het “ongelukkig ʼn diep verwronge feitelike en regsbeeld voor die hof gestel,” het Becker aangevoer.

Shaw sê Suid-Afrika het ook nie aan Israel ʼn redelike geleentheid gebied om die beskuldigings teen hom te hanteer nie. Volgens Shaw kon die kwessie bilateraal tussen die twee lande hanteer word.

Hy het verduidelik dat Suid-Afrika sy klag teen Israel op 29 Desember – oor die feestyd – aanhangig gemaak het nadat hy op 21 Desember ʼn note verbale (ʼn diplomatieke kennisgewing) aan Israel gestuur het.

Shaw ontken dat Israel nooit op die kennisgewing gereageer het nie.

Volgens hom het Israel aan Suid-Afrika te kenne gegee dat hy dieselfde dag nog op die kennisgewing sou reageer en herhaaldelik probeer om ʼn vergadering met die Suid-Afrikaners te belê.

Wat die klag betref, sal die hof nie uitsluitsel gee oor die grondbeginsels van die saak nie – of Israel skuldig aan volksmoord is nie – maar oor die kwessie of die bestaansreg van Palestyne in gevaar is.

  • Die saak duur voort. Hou Maroela Media dop vir meer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Schalk ·

Israel 1 – SA(anc) 0. Israel het die anc se saak uitmekaar geruk, wat anders kon ons verwag? Die SA span het soos n groep klerke gelyk.

annie ·

Mmm… ‘n Joodjie was nog nooit op sy bek geval nie en hulle het SA se ooglopende voortrek van Hamas uitgelig ook die feit dat die Palestyne nie regtig sterf van die honger nie, tensy hul as martelaars dit wil doen. Hamas is die groep wat geteiken word en nie die bevolking as geheel nie. Waarom verjaag die bevolking nie die terroriste nie of is hulle kop in een mus? Wie grawe die tonnels? Wie laat dit toe? Die Palestyne behoort bly te wees oor Israel se hulp. Maar is hulle?

domheks ·

So word daar bevestig dat cANCer noue bande met hamas het. Hamas is ISIS!

Sue ·

En daar val die sa “regspan” se ou sakie heeltemal uit mekaar. Seker al hul hamas bonusse en omkoop geld verloor.

Johann ·

Bevestig asb net dat dit NIE Suid Afrika is wat daar sit nie. Dis ANC terroriste wat op RSA belasting geld ‘n gros gewetenlose “regslui” betaal om namens die ANC te praat. Hierdie gaan een van die duurste ANC verkiesingsfoefies ooit wees. En soos gewoonlik: betaal hulle nie ‘n sent vir dit nie.

Miskien, net miskien word die ANC se leunaars karakter vir eens op ‘n internasionale platform bevestig. Om nie te praat van ‘n vermetelde arrogansie om als en almal voor te sê en aan te kla, maar self pleeg hulle van die grootste mense regte onregte teen Suid Afrikaners. En dan verklaar Lamola dat hulle nie Jode teiken nie…hulle doen juis baie besigheid met hulle…maar Israel?

Hendrik ·

Israel verteenwoordigers het reeds die waarheid bevestig rakende skynheiligheid. Ek hoop dit sal benadruk word in die lig van die vervalle toestand onder leiding van die SA regering. Om met hd klag n blink internasionale beeld te probeer skep sal nie slaag nie. Eerder die teenoorgestelde.

Gert ·

Laat me dink aan i tyd toe “n groep geveg het teen n regering om rassisme te stop en die regering teen dieselfde groep geveg het om terrorisme te stop.

Danie ·

Jy kan nie israel met SA vergelyk nie.Dis duidelik wat SA of die anc probeer om israel swart te smeer.Ek stem ramaja en sy corrupte gesante moet eerder hul huis in orde kry as om met die leeu se stert te speel.

Jacques ·

So vernederend vir SA. Ek meen, vee darm eers voor jou eie deur. Buitendien, elke land het ń reg om homself en sy mense te beskerm en verdedig. Moes Israel maar handjies gevou sit toe hy aangeval is ? Ek is bevrees SA gaan homself aan die verkeerde kant van geskiedenis bevind.
Plus, hoeveel jaag die “trippie” Den Haag toe, die belastingbetaler uit die sak? ????

Wit Leeu ·

WEEREENS SLAAN DIE ANC HULLE NAAM MET ‘N PLANK ! HOEL LEKKER KRY EK NOU…………………………

Prikkie ·

So vernederend vir SA en sy BURGERS – ons, die mense wat hulle gekke klag befonds en seker maak dat hulle in weelde vlieg en uit die trog eet!

koos10 ·

Die ANC het die “move” gebruik as verkiesings foefie. Dit gaan hulle nog duur te staan kom. Die wereld is oor die ANC, apartheid en Mandela.

Casper ·

George ter aansluiting by my vorige kommentaar wat jyge-opper het teenoor ons onder 19 krieket kaptein.Nou moet hy die eer en trots prys gee terwyl hy vryheid van spraak beoefen het.Watse konkrete bewyse het Lamola en sy bende voorgelê behalwe dit wat hulle op die teevee gesien het.Was hulle daar,nee.Vir jou George wil ek net sê hou jou uit politiek uit waarvan jy niks weet nie.

Martie Smartie ·

Dis net die 50 miljoen dommetioes in SA wat weer v hulle gaan stem. Nog so 30 jaar ANC bewind. ANC het die wapens, tax geld, polisie en useless weermag om burgerlikes te onderdruk

Andre ·

…Ai, selfs Dikgang is nie verhewe bo die gemors wat die A en C vir die wereld opdis nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.