Platsak en onder skoot oor korrupsie, ʼn sukkelende ekonomie, die kragkrisis en misdaadvlakke wat hardnekkig hoog bly, maar nietemin wys meningspeilings dat die ANC na alle verwagting vanjaar steeds by die stembus gaan koning kraai.
Alles vir Vrydag 12 Januarie 2024
Slaap só vir sukses in 2024
Goeie slaap kan ons immuniteit verhoog en die waarskynlikheid van toestande soos hartsiektes, diabetes, depressie en demensie verminder.
Video: Hardwerkende muis ruim elke aand toonbank op
ʼn Ywerige muis in Wallis het bekendheid verwerf vir sy vernuf as tuisteskepper.
Luister: Raad vir daai eerste eksamen
ʼn Kind se eerste eksamenvraestel in gr. 4 is ʼn angswekkende tyd vir ouers en kinders.
Nog ’n skat vind ’n tuiste by Voortrekkermonument
Dié erfenisskat sal nou sy regmatige plek langs die Laaswa in die Senotaafsaal inneem.
Lions ‘opgewonde’ oor taai Montpellier-toets
Die Lions mag dalk sonder die dienste van spelers soos Sanele Nohamba, Quan Horn, Marius Louw en Hencu van Wyk vir hul wedstryd teen Montpellier wees, maar hulle is steeds gereed om ʼn maanhaar-vertoning te lewer.
Verbruikersake: Kan ek eis as swak padtoestande ’n motorongeluk veroorsaak?
Slaggate en swak ryvlakke is groot oorsake van ongelukke en al is dit soms net jou bande wat vervang moet word, kan slaggate slegte skade veroorsaak. Ina Opperman het gaan vasstel of jy van die staat kan eis.
Wiele2Wiele vat langpad met Scorpio-N
Vir die eerste program van 2024, vat Wiele2Wiele die langpad met Mahindra se Scorpio-N en gesels oor die Suider-Afrika deelnemers in die 2024 Dakar-ren.
Woord: polvy
Wie gebruik nog die woord “polvy”?
Groot agterstande met toksikologietoetse
Toetse wat wel afgehandel is, word teen ʼn slakkepas ontleed.
Fliekresensie: Kyk sonder inspanning na dié boeiende romkom
Veel vir die oog, wol vir die brein.
Sepiegids: Elise het ʼn sekere boer in haar visier in ‘Binnelanders’; Gio wil nie landuit gaan in ’Arendsvlei’ nie
In “Suidooster” tref Rhafiek weer ʼn gelukskoot, en in “Diepe waters” hou die Joy Boys konsert by Lettie se kafee.
Redakteursbrief: Ek wou nog…
“Vandag weet ek: In haar laaste ure was dit waarskynlik nie haar ‘ek wou nog’-lysie wat in haar gedagtes was nie, maar haar ‘ek het’-lysie.”
Die verhaal van Afrikaners se verlede
Die oomblik wat Afrikaners die ANC se kriminalisering van hulle verlede as die enigste waarheid aanvaar, sal hulle ook die ewige “straf” vir hul voorouers se sondes op hulle en hul kinders as regmatig aanvaar en verduur.
Onsekerheid, konflik en magstryde in 2024
Elke nuwe jaar is ryp aan geleenthede en risiko’s. 2024 is geen uitsondering nie.
Wanneer nasionalisme desentralisering aanwakker
Gedurende die vroeë 1990’s, terwyl die wêreld van die ou Sowjetblok vinnig uitmekaar geval het, het die ekonoom en historikus Murray Rothbard dit alles gesien vir wat dit was: ʼn neiging van massa-desentralisasie en afstigting wat voor die wêreld se oë ontvou.
Klaasen se kolf spoeg vuur teen Kapenaars
Heinrich Klaasen het 85 lopies van slegs 35 aflewerings vir Durban’s Super Giants teen MI Cape Town op Kingsmead gemoker.
McIlroy pak skittervertoning uit
In nóg gholfnuus het die uitvoerende hoof van die Europese reeks, Keith Pelley, in ʼn skokbesluit sy bedanking aangekondig.
SA saak teen Israel ‘vertoning van skynheiligheid’
“Nee, Suid-Afrika, dit is nie ons wat gekom het om volksmoord te pleeg nie, dit is Hamas,” het Benjamin Netanyahu, premier van Israel, gesê. “Ons sal voortgaan met ons verdedigingsoorlog.”
Polisieman ondersoek vir ‘misbruik’ van staatsvoertuig
ʼn Polisiebeampte word ondersoek nadat ʼn video soos ʼn veldbrand op sosialemediaplatforms versprei het wat glo wys hoe hy ʼn staatsvoertuig misbruik terwyl hy aan diens was.