Groot agterstande met toksikologietoetse

(Argieffoto: Ibrahim Boran)

Suid-Afrika het die nuwe jaar reeds op die agtervoet begin met ʼn enorme agterstand in toksikologietoetse wat teen einde Oktober verlede jaar reeds tot 37 962 onafgehandelde toetse opgehoop het.

Dié syfers is deur die minister van gesondheid onthul in antwoord op ʼn geskrewe parlementêre vraag deur die DA. Die syfers het betrekking op die regering se forensiese chemielaboratoriums in Kaapstad, Johannesburg en Pretoria.

Volgens Michele Clarke, die DA se woordvoerder oor gesondheid, vind die ontleding van toetse ook teen ʼn slakkepas plaas, met net 365 toksikologietoetse wat in Oktober by al drie laboratoriums afgehandel is.

“Die minister het die skuld vir die agterstand op onvoldoende infrastruktuur, stukkende toerusting, beurtkrag, onvoldoende watervoorsiening, die Covid-19-pandemie en ʼn tekort aan menslike hulpbronne gepak,” het Clarke gesê.

Die DA eis nou die volledige syfers van agterstande by al die regering se forensiese chemielaboratoriums oor die hele land, asook die agterstand in bloedontleding by die Johannesburg-laboratorium.

Die party wil ook weet wat die nasionale gesondheidslaboratoriumdiens (NHLS) tot dusver gedoen het om kapasiteit uit te brei, asook die vordering wat gemaak is om die dienste van die Durbanse forensiese laboratorium uit te brei om onder meer toksikologietoetsing in te sluit.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

mattk ·

‘n Tekort aan menslike hulpbronne. Ek ken mense wie se dogter ‘n Honeurs graad (Cum Laude) in Forensiese patologie het en nou al twee jaar by verskeie instansies aansoek gedoen het, sonder sukses.

Lettie ·

Nou kry alles en almal die skuld omdat die onkundiges nie hul werk kan of wil doen nie.

TheSnake ·

My dogter en haar friend het albei hulle meesters in forensiese wetenskappe by Nottingham, Engeland met onderskeidings geslaag. Albei het by 5 staats hospitale aansoek gedoen onder andere, maar albei is laat weet hulle aansoeke is onsuksesvol.

Alles wat die staats werkers doen gebeur in elk geval teen ‘n slakkepas.

efjy ·

Dit klink vir my asof ons ” regering” alles wat deur die vorige regering in stand gebring is eers wil afbreek of laat verval en dan kan hulle dit nie weer herstel nie. Daar is geen wil om beskaaf te leef nie. Sal seker nie lank wees voordat ons weer in grotte woon nie.

Anel ·

Dit is nie daar nie nie genoeg mense is nie, die bevoegdes MAG NIE indiens geneem word nie. Die wat daar is, voel niks, soos met alles in die staatsdiens. Hulle glo hulle bewys jou ‘n guns deur hul werk te doen. 90% van staatsamptenare net daar vir die geld. Let wel, daar is baie hardwerkendes ook, van alle rasse, maar hulle is in die minderheid, hulle het nog trots. Die ander, wel…

Heindrich ·

Daar gaan altyd verskonings wees hiekom hulle nie iets kan doen nie. Daar is nie ‘n wil om diensleweringsvlakke aan te spreek en te verbeter nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.