Video: Hardwerkende muis ruim elke aand toonbank op

Argieffoto (Foto: Alexa / Pixabay)

ʼn Ywerige muis in Wallis het bekendheid verwerf vir sy vernuf as tuisteskepper.

Rodney Holbrook het nie ʼn idee gehad hoe klein voorwerpe op ʼn toonbank in sy werkswinkel oornag in ʼn boks beland nie. Hy het ʼn kamera opgestel en ontdek dat ʼn muis, wat intussen Welsh Tidy Mouse gedoop is, verantwoordelik is vir die opruimingswerk, berig die Guardian.

“Ek kon my oë nie glo nie,” het Holbrook aan die BBC gesê. “Hy het allerhande items in die boks gelaai – stukkies plastiek, moere en skroewe.”

Holbrook is ʼn natuurfotograaf. “Ek ruim nou nie meer self op nie, ek weet hy sal dit doen. Ek los items uit die boks en 99 keer uit ʼn 100 sal die muis deurnag die toonbank kom netjies maak.”

Dit duur al byna twee maande lank voort. Holbrook raai die muis gebruik die items om klein stukkies kos weg te steek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Olive ·

Dit is so cute. Klein muis dingetjie is hard besig om vir hom ‘n skatkis bymekaar te maak. Wonder wat is sy plan as die boksie nou vol is.

Sandra ·

Ag dis nou te kostelik. Ek hoop hy los ‘n ou kossie vir die muis vir al sy moeite elke aand.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.