Polisieman ondersoek vir ‘misbruik’ van staatsvoertuig

(Argieffoto: Pieter Cloete/Maroela Media)

ʼn Polisiebeampte word ondersoek nadat ʼn video soos ʼn veldbrand op sosialemediaplatforms versprei het wat glo wys hoe hy ʼn staatsvoertuig misbruik terwyl hy aan diens was.

In die video kan daar gesien word hoe die polisiebeampte van sy amptelike voertuig gebruik maak om persoonlike aankope te doen.

Volgens brig. Athlenda Mathe, polisiewoordvoerder, is ʼn ondersoek na die voorval gelas en intussen vasgestel dat die betrokke beampte ʼn sersant is wat by die Durbanse hawe gevestig is.

“Die SAPD beskou sulke optrede in ʼn ernstige lig en verseker lede van die publiek dat hulpbronne soos staatsvoertuie daar is om die optimale werking en funksionering van die polisiediens te verseker en om ons gemeenskappe te dien.”

Die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Martie Smartie ·

Dis ‘n joke. Letterlik derduisende polisievoertuie en ander staatsvoertuie word elke dag misbruik vir private doeleindes. Staatsamptenare beskou dit as ‘n byvoordeel. Duisende van hulle pende elke dag tussen werk en huis op staatsonkostes. En word groot salarisse betaal. Die tyd wat staatsamptenare swak betaal is, is lankal verby. Hulle kry oor die algemeen heelwat meer as in die privaat sektor.

Skyspy007 ·

Ek neem die KADERS elke dag omtrent af by winkelsentrums waar hulle saam met hule vrouens/kinders hulle eie inkopies doen met gemerkte staats voertuie en SAPS voertuie.

Willem ·

Cullinan Veediefstaleenheid se bevelvoerder doen dit op ñ daaglikse basis

Laurika ·

Die polisie beampte is een uit derduisende. Hy was net ongelukkig om uitgevang te word. Ek hoop van harte die insident maak ‘n hele blik wurms oop waarby die res van SA se stasies dieselfde ondersoeke begin.

SwartBees ·

Rerig, kom kyk gerus hier in ons streek hoe doen hulle shopping in staats voertuie. Veral vandag daan word daai kattebak vol drank ook gelaai.

domheks ·

Staatsvoertuie is sommer ook skool vervoer vir die dosyne kinders. Jy sien gereeld by skole hoe word die kinders opgelaai en afgelaai.

mattk ·

Hy is heel moontlik nie een van die kader gemeenskap nie. In ons streek is dit ‘n daaglikse storie met die SAPS en verkeersvoertuie en dan gaan sit die verkeersbeamptes nog in die Wimpy en eet….. en dan is dit nie eers etenstyd nie.

Bolandse Nooi ·

AG ASSEBLIEF!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! Hierdie is maar 1 van 10 000’e gevalle op ‘n daaglikse basis. In Worcester word die polisievoertuie gebruik om “gou” huistoe te ry, “gou” die kinders by die skool te gaan optel, “gou” die vrou van die huis winkels toe te neem, maar as jy hulle bel (INDIEN jy antwoord kry) om ‘n ongeluk of misdaad aan te meld, word daar gou vir jou gesê “daarsie nou i vên wat kin ytkom nie, u se moet maar stasie toe kom”.

Johan ·

Die SAPD en die Weermag is dieselfde – Skynheilig verby oral word amptelike voertuie gebruik met min of Geen beheer kyk maar in Valhalla!!

TO ·

Ag asseblief, hier in Molopo sien jy hulle daagliks met pantoffels aan, in uniform, by checkers, pnp en shoprite, nogals ‘n paar by mekaar op ‘n slag, met ‘n amptelike voertuig. Hulle gaan tot so ver om my man te weier om ‘n saak van diefstal oop te maak. Nee hy bel sy wit ANC kader voor my man en sê hiers iemand wat ‘n saak teen jy wil oopmaak. Bied selfs aan dat my man met sy kader praat.

Cherokee ·

Soveel van julle is getuies daarvan, een vertel selfs dat hy daagliks fotos neem daarvan (waarvoor?) en slegs in diê geval, is dit aangemeld.

Danie ·

Daar word nooit teen enige polisieman of vrou opgetree nie want almal misbruik staatsvoertuie.Ek aanskou dit daagliks en om te kla is om jou asem te mors.Selfs blanke offisiere betrokke verkoop en lewer ys af.Ry die sous trein flou.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.