o.19-krieketkaptein vervang oor ‘veiligheidskommer’

David Teeger

Krieket Suid-Afrika (KSA) sal sy o.19-krieketkaptein, David Teeger, vir die duur van die Krieketwêreldbeker vir o.19’s wat volgende week in Suid-Afrika begin, weens veiligheidsvrese met ʼn ander kaptein vervang.

Teeger het in Oktober toe hy as opkomende ster van Absa se pryse vir Joodse uitblinkers aangewys is, gesê die ware sterre is jong soldate in Israel met verwysing na die konflik tussen laasgenoemde en Hamas.

“Ja, ek het die toekenning gekry, en ja, ek is ʼn opkomende ster, maar die ware sterre is die jong soldate in Israel,” het Teeger gesê.

Dit het ʼn herrie ontketen en KSA het ʼn onafhanklike ondersoek na die jong krietketspeler se Israel-uitlatings gelas. Adv. Wim Trengove SC het aan die hoof van die ondersoek gestaan om te bepaal of Teeger KSA óf Gauteng Lions se gedragskodes met sy uitlatings oortree het. Hy het bevind Teeger het geen kodes oortree of ongrondwetlik opgetree nie.

KSA sê nou, soos met alle ander soortgelyke byeenkomste, ontvang hy gereelde veiligheids- en risiko-ontledings oor die Wêreldbeker.

“Ons het inligting ontvang dat betogings wat verband hou met die oorlog in Gaza by venues vir die toernooi verwag kan word,” lui ʼn verklaring van KSA.

Die inligting het ook daarop gedui dat die betogings waarskynlik gaan fokus op Teeger se posisie.

“Daar is ʼn risiko dat dit kan aanleiding gee tot konflik of selfs geweld, insluitend betogings tussen vyandige groepe.”

KSA sê hy het ʼn primêre plig om die belange en veiligheid van almal betrokke by die toernooi te verseker en dat die organisasie die aanbevelings van diegene verantwoordelik vir die veiligheid van deelnemers en toeskouers, moet eerbiedig.

“Onder die omstandighede het KSA besluit dat David [Teeger] vir die duur van die toernooi van die kapteinskap onthef moet word. Dit is in die beste belang van al die spelers, die SA o.19-span en David self.

“David sal ʼn belangrike en aktiewe lid van die span bly en ons wens hom en die span alle sukses in die toernooi toe.”

ʼn Aankondiging oor die kaptein vir die toernooi word later verwag.

Die Internasionale Krieketraad (IKR) het einde verlede jaar besluit om die toernooi van Sri Lanka na Suid-Afrika te verskuif, nadat eersgenoemde land geskors is weens sy regering se inmenging by die bestuur van die sport.

Die toernooi begin nou volgende Vrydag in Suid-Afrika, nadat die nuwe gasheerland weinig tyd gehad het om voorbereiding vir die skouspel te doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

George ·

Hou jouself uit politiek uit waarvan jy niks weet nie, nog beter, hou jouself uit politiek uit. Regte besluit.

Casper ·

George,jy steun met jou kommentaar die optrede van betters.Weet jy wat is vryheid van spraak,vryheid van geloof en vryheid van oortuiging.Die toernooi word in piesangland aangebied en daarom is die besluit onaanvaarbaar.Wie gaan teen hom betoog,terroristiese aanhangers maar jy is seker een van hulle.

Manie ·

Gegewe die terroriste regime se beheptheid met Hamas, was dit seker te wagte.

Ronel ·

Jammer “vryheid van spraak” geld net vir sekere groepe in SA!!!

Henri ·

Ongelukkig het KSA ‘n geldige punt. Sport moet polities-, ras- en godsdiensvry wees.

Die jongman is braaf met sy standpunt, maar baie krieketlande se godsdienstige oriënterings strook nie met syne nie.

Oor ons eie land se politiese inmenging in sport kan daar ook baie kritiek gelewer word.

Jaco ·

Wanneer dit eendag regtig sleg gaan met wit mense in SA, kan dié kind eenvoudig Israel toe gaan en dadelik daar Israeli burgerskap kry. Ek en 3-4 miljoen SA wit mense het nie daai voorreg nie. Selfde met Helen Zille: sy kan deur albei haar oupas Duitse burgerskap kry, maar sy praat onophoudelik lelike goed wat die ANC net kwaad maak. Mense met sulke lekker “agterdeure” moet eerder stilbly. Môre oormôre word alle wit mense in SA gestraf oor diegene met die lekker agterdeure se simpel uitsprake.

hpven ·

Jaco die lelike goed wat van die ANC gesê word het hulle oor hulself gebring en is die waarheid of hulle daarvan hou of nie! Volgens jou redenasie moet ons oud SAW soldate ook dan ‘n “lekker agterdeur” soek om nie “gestraf” te word nie.
Kom ek sê jou wat, daar is nie ‘n manier nie dat ons uit vrees sal vlug nie, ook nie sal stilbly insake hul korrupsie, plundering en wandade nie!

Kaboesie ·

Skande KSA.
Dit is hoekem ons goeie spelers wegloop.
As dit andersom was het ons verrotte regering hom as n held voorgehou.
Ons is nou vriende met die muishond lande.
Hou by jou geloof en beginsels jong “held”.

Andre ·

Srilanka is geskors oor inmenging in sport. Wat doen KSA dan nou anders?

Jaco ·

Hoe het hy kaptein van die nasionale span geword? Wat dan nou van regstellende aksie en “transformasie in sport”? Sy ras pla my nie, maar dis in dié simpel anti-wit SA regtig vreemd dat hy kaptein van die span geword het EN dat die EFF en die ANC nie daaroor gekla het nie.

Thelsa ·

Het mos geweet dat KSA ‘n rede sal soek. Hulle lieg want die hele KSA Bestuur is Hamas goedgesind en nie-jode. Laat hulle die dreigement openbaar maak.

Johann ·

En só lieg jy jouself uit elke hoek in ‘n sirkel. Ergste is die lot glo dat mense hulle glo. Maar.dan is die ANC se kader en kie klug ingewortel in elke moontlike mags posisie. SKANDE!!!!!!!!

koos10 ·

Ja nee, en die paashaas bestaan. As dit vir sy eie veiligheid was, het hy glad nie gespeel nie. Weereens buig KSA hulle kniee voor politiek.

lodewyk ·

Dit is nou die laaste strooi,nou genoeg gehad van KSA,het niks meer respek vir SA sports nie..hoop die krieket toernooi word ge boicot soos die palastyne alles boicot..Die stadiums moet leeg wees..

Anel ·

Nou wil ek sien met wie gaan hulle hom vervang? Nog ‘n wit seun of ‘n anc kader? Was net ‘n verkoning om die seun te vervang!!!

J. J. ·

Hier gaan ons al weer, die anc meng altyd in waar dit nie nodig is nie. Los die politiek uit sport, laat die kinders toe om sport te beoefen, dis vir SA, nie vir die anc nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.