Soorte resepte:

Resep-video: Eenpot-maalvleis-en-rysgereg

Eenpot-maalvleis-en-rysgereg. (Foto: Elsabé Erasmus/Maroela Media)

Dié heerlike eenpot-maalvleis-en-rysgereg sorg boonop vir minder skottelgoed.

Die resep is genoeg vir 4 mense.

Bestanddele

  • 500 g beesmaalvleis
  • 2 k gemengde groente, in klein stukkies opgesny
  • 1 blik gekapte tamaties en uie
  • 1 blik tamatiepuree
  • 1 k langkorrelrys
  • olyfolie
  • sout en peper na smaak
  • 1 k kaas, gerasper
  • 1 blokkie beesaftreksel opgelos in 350 ml kookwater

Metode

  1. Verhit ʼn bietjie olyfolie in ʼn groot pot.
  2. Voeg die maalvleis by en roerbraai vir sowat 5 minute tot die maalvleis ʼn korrelagtige tekstuur het.
  3. Voeg die res van die bestanddele by, behalwe die kaas, en meng alles baie goed.
  4. Geur goed met sout en peper.
  5. Verlaag die hitte en laat dit stadig prut tot die rys gaar is terwyl jy af en toe roer, dit neem sowat 20 tot 25 minute.
  6. Sprinkel kaas bo-oor en sit dit dan warm voor.

Al die Maroela-produkte wat jy in dié video sien, is in ons aanlyn winkel, Die Koöperasie, beskikbaar. Klik hier om dié mooi produkte te koop en jou kombuis in ʼn plaaskombuis te omskep.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Anonymouse ·

Oe, dit lyk lekker en maklik! Ek is altyd opsoek na eenpot maaltye. Gaan die ene die naweek bietjie probeer

Blikkies ·

Hy werk lekker met hoender stukke ook. Jy braai net die hoender in bietjie olie tot hy mooi bruin is dan gooi jy nou alles by wat hulle hier bo gewys het, ek sit sommer so bietjie aartappel ook by en so bietjie peri-peri by my hoender en siedaar, na 40 minute ‘n lekker per-peri ‘Chicken Rice’ soos my vrou dit noem.

Hannelie ·

Baie lekker hierdie resep was al voorheen op Maroela.
Blikkies dankie ek gaan die hoeder ook probeer.

Wondermaarnet ·

Ek het ‘n soortgelyke resep wat ek maak en dit gaan vinnig en los min skottelgoed. Dit is ‘n wenner en my man vra geduring wanneer eet ons weer ryskos.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.