‘Ons hélp’, sê Israel

Tal Becker, namens Israel, in die Internasionale Geregshof. (Foto: Remko de Waal / ANP / AFP)

Israel sê hy het sy aanvalle op Gaza afgeskaal en troepe het reeds begin onttrek. Die land is egter nie van plan om sy militêre optrede in die Gaza-strook op te skort nie.

Omri Sender, regsverteenwoordiger van Israel se departement van buitelandse sake, het Vrydag in die Internasionale Geregshof gesê nog gruweldade deur Hamas gaan volg sou die land sy vergeldingsveldtog staak.

Israel het Vrydag sy saak in die Verenigde Nasies se hoogste hof in die Vredespaleis in Den Haag, Nederland, gestel nadat Suid-Afrika hom in dié hof daarvan beskuldig het dat hy die VN-volksmoordkonvensie oortree.

Israel bestempel dit egter as ʼn “valse en kwaadwillige klag” deur ʼn land wat noue betrekkinge met Hamas geniet.

Israel, wat aandring op sy reg om homself te verdedig, het Vrydag die bewering van Suid-Afrika ontken dat hy die mense van Gaza in hongersnood gedompel het en niks doen om die humanitêre krisis in die enklawe op te los nie.

“Israel het herhaaldelik in die openbaar verklaar dat daar geen beperking is op die hoeveelheid kos, water, skuiling of mediese voorrade wat na Gaza gebring kan word nie,” het Sender aangevoer.

Volgens hom het Suid-Afrika ook in sy argumente versuim om te noem dat Israel alles moontlik doen om humanitêre hulp te verskaf en dat daar tans meer vragmotors met hulp as voor die oorlog na Gaza reis.

Volgens hom fasiliteer Israel ook tans die aflewering van gebottelde water en mediese sorg in die Gaza-strook.

Israel se regspan. (Foto: Remko de Waal / ANP / AFP)

“Gaza se infrastruktuur is beslis beskadig tydens die konflik. Suid-Afrika wil egter die hof laat glo dat Israel doelbewus en onwettig huise sonder rede vernietig. Maar skade aan wettige militêre doelwitte en skade veroorsaak as gevolg van Hamas se optrede is nie bewyse van volksmoord nie.”

Israel ontken ook nie dat burgerlikes in Gaza ly weens konflik tussen hom en Hamas nie. Hy wys wel die vinger na die Palestynse terreurgroep wat ’n ongekende verrassingsaanval op Israel op 7 Oktober verlede jaar geloods het.

’n Vergeldingsveldtog duur maande later steeds voort.

“Ondanks Israel se pogings om skade te versag, ly baie burgerlikes in Gaza ongetwyfeld weens die oorlog wat Hamas begin het,” het Galit Raguan, direkteur van die internasionale regsafdeling in die Israeliese departement van justisie, aangevoer.

Raguan sê Israel doen alles moontlik om die skade in Gaza te minimaliseer terwyl Hamas na bewering humanitêre hulpmiddels steel wat vir burgerlikes bedoel is en burgerlike infrastruktuur vir sy eie beskerming gebruik.

Maroela Media het vroeër berig Israel meen Suid-Afrika se klag teen hom is “grondig verwring” en weerspieël nie die realiteite van die Gaza-oorlog nie.

Die land het ook beklemtoon dat hy uit selfverdediging opgetree het en dat die reaksie nie op die Palestynse inwoners van die Gaza-strook gemik is nie.

Israel het sy betoog intussen afgesluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Hendrik ·

Ja nee dit is die manier van RSA regering om wetgewing oor vakansie tydperke te publiseer wetend dat die burgers op vakansie is en dat hulle nie kan reageer nie. In die geval het die RSA op vakansie gegaan en Israel het oorlog gevoer teen Hamas in Desember.

Johann ·

Welkom wye wêreld in die ANC ( NIE SA NIE)se kultuur van hulle eie weergawe van die waarheid wat hulle verwag moet vir soetkoek opgevreet word. Wees net bewus van hulle arrogante veelvinger wys taktiek om aandag van hul eie gruweldade weg te hou. En die “”regslui” wat daar galbraak namens HAMAS met ‘n RSA FAKTUUR….SHAME ON YOU!!!!! Dit skree teen enige definisie van ‘n gewete om wat julle namens terrorisme regverdig, te bedink en doen.

Johann ·

Ek stel voor Ramola en sy mede skeinheilige afvaardiging bied hulle self aan in ruil vir die gyselaars wat hule kamerade Hamas aanhou. Dit sluit veral die “regs span” in wat so lekker namens Hamas RSA belasting geld uitgee. Sidder om te dink wat die ANC sirkus ons kos.

Nick ·

Die wereld moet weet dar dit die ANC is wat Israel beskuldig. Nie Suid Afrika nie. Nietemin dink ek hulle het eintlik Hamas benadeel deur die aksie. Die wereld het nou gehoor hoe hulle te werk gaan. Dit is tragies dat soveel mense moet ly agv hul optrede. Wanneer hierdie oorlog verby is hoop ek dat die Jode en Palistyne ‘n weg sal vind om in vrede te leef. Die anc moet net nie inmeng nie. Hulle het nie die kennis of intelek om vir enigiemand raad te gee nie.

Keelvol ·

Ons het die wêreld gewaarsku oor die anc. Maar almal het hulle doof gehou.

Prikkie ·

En wat kos hierdie misplaaste waninligting wat Ramola en sy kaders daar gaan opdis het?

Geld wat beter bestee kon word op onderwys sodat ons met minder ongeletterde mense gelaat word.

Louis ·

Wys net weereens die anc se ondersteuning vir al wat ñ muishond organisasie is. Ek dink nie hulle verstaan dat as jy jou met muishonde ophou jy ook maar net nog een is nie. Die anc het ook nie juis vleklose geskiedenis betreffende menseregte nie,in ag genome die quattro kampe destyds in Angola met onder andere Jacob Zuma wat een van mk se bevelvoerders was nie.

koos10 ·

Dis nou dieselfde ANC wat verwag dat daar oor alles onderhandel en gekonsulteer word. Maar hier besluit hulle en praat dan sommer namens die hele SA. Wel, not in my name!

Euodia ·

Israel sal nie kom oorlog maak teen ons nie , die terroriste wat die anc so hand om die blaas mee is sal, hulle infiltreer die land en daar is baie in die land en Baie wat hulle sal help van die anc muishonde met die serpe.

Martie Smartie ·

Die ANC en BLAASBALK RONALDO LAMOLA het die ANC se naam gestand gedoen NL ALIES gemaak. He He He He

Andre ·

…die A en C maak net ‘n grocery nar van die land en maak dit makliker vir regerings om SA eenkant toe te stood, as onbetroubaar.

Ryan ·

Hoekom het die patetiese regspan van Suid Afrika nie hamas lede gekry om namens hulself te getuig nie.? Want dit sou onmiddelik die doodskoot vir Suid Afrika beteken as hamas sou getuig dat hulle Israel heeltemaal wil uitwis. Ek skaam my om as Suid Afrikaner bekend te staan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.