Enkele staalpaal, geen heining: Só lyk grens met Lesotho

David van Vuuren en Roy Jankielsohn. (Foto: Verskaf)

’n Oorsig inspeksie naby Wepener in die Suidoos-Vrystaat het die skokkende toestand van die grens tussen Suid-Afrika en Lesotho uitgewys.

Roy Jankielsohn, die DA se premierskandidaat in die Vrystaat, en David van Vuuren, die DA se woordvoerder vir finansies in die provinsie en ʼn lid van die provinsiale wetgewer, het onlangs die gebied besoek.

ʼn Enkele staalpaal is die enigste aanduiding van ʼn grens.

“Die gebied is ʼn gevaarpunt vir Lesotho-burgers wat onwettig na Suid-Afrika beweeg. Gesteelde voertuie en vee is ʼn enorme bedreiging vir die plaaslike gemeenskap en vir boere in die gebied wat gereeld slagoffers van oorgrensmisdaad is,” sê Jankielsohn.

Misdaad soos brandstigting, onwettige weiding met biologiese risiko’s, plaasaanvalle, vee- en voertuigdiefstal en dwelmhandel kom in die gebied voor.

Ander onwettige bedrywighede sluit in taxigeweld en intimidasie wat glo ook deur sindikate van Lesotho gepleeg word.

Volgens Jankielsohn is daar geen heining nie en daar is ook geen sprake van polisieteenwoordigheid nie.

ʼn Enkele staalpaal is die enigste aanduiding van ʼn grens. (Foto: Verskaf)

“Dit maak die deur vir internasionale misdadigers wat met dwelms smokkel oop, asook vir ander onwettige groepe om vrylik tussen Suid-Afrika en Lesotho te werk.”

Die DA sê daar is ook bewerings dat die weermag en die polisie in die gebied aktief hulp gee aan misdaadbendes, eerder as om te konsentreer op die beskerming van die grens en plaaslike gemeenskappe.

Jankielsohn sê die mislukking is nie beperk tot die beskerming van die grens self nie. Dit het ook ʼn uitwerking op plaaslike ekonomiese ontwikkeling en die landbousektor wat baie werkgeleenthede na die Vrystaatse ekonomie bring.

“Die eerste prioriteit van die regering is om die lewe en inkomste van inwoners ​​te beskerm. In hierdie verband het die ANC-regering die mense van Wepener en alle gemeenskappe langs die Lesotho-grens en in die provinsie heeltemal in die steek gelaat.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Republikein in die Wes Kaap ·

Die Vrystaat is deel van Lesotho. Nog altyd.

Johann ·

En dit kos seker R5 mil ‘n maand om daai paal te onderhou en te bewaak?

Dries ·

Rep van Wes Kaap. dankie tog, nie onderworpe onder n ANC regering nie.

annie ·

Ek is woedend! Waar is die Welcome in your New Country-kennisgewing? Bring terug!

Porseleintjie ·

Mooi voorbeeld van wat oor is in die land na 30jaar onder ANC bewind.

africangrey ·

Nou ja toe nou,
En hoelank staan die eenzame paaltjie reeds daar?
Is die grense dan nie veronderstel om die land te beskerm nie?
Ek gee moed op!!!!!!

minnie muis ·

en Dirk du Rand se moord nou nog nie opgelos nie.. plaas elim ladybrand vermoor 2017

Republikein in die Wes Kaap ·

Hendrik, die Sesothos was reeds vir eeue in die Vrystaat toe die eerste wit setlaars in die 1830s daar aangekom het. Daar was drie Boere-Sotho konflikte in die huidige Vrystaat wat die Sothos in die berge gedryf het. Die Britte het die Sothos toe beskerm en Lesotho het later ‘n Britse protektoraat geword. Die land het deel van die Unie geword in 1910, maar spesiale status gehad. Na republiek wording in 1961 het Lesotho steeds afsonderlik gefunksioneer tot onafhanklikheid in 1966.

Eugene ·

Eerstens kan ek regtig nie glo dat enigeen so dis funksioneel kan wees. Hoe dom en onnosel en korrup moet mens wees om dit toe te laat. Tweedens vir die kastige professor wat beweer die Vrystaat was nog altyd deel van Lesotho, gaan stort asseblief jou kastige kennis iewers waar iemand belangstel. Sonder die boere in die Vrystaat sou jy van honger en gras vreet omgekom het

Kokerboom ·

Oplossing: Lyf Lesotho by SA in. Hul is in elk geval so geintegreer in SA ekonomie en hul bestaan is net ‘n Engelse klug. Nee Republikein nie andersom

Republikein in die Wes Kaap ·

Eugene, jy kan nie teen geskiedenis stry nie. Dis soos swaartekrag. Daai grens was nog altyd onnatuurlik en tussen die setlaars en Britte bewimpel. Die meerderheid van die Vrystaters was nog altyd Sothos. Burgers van Lesotho krioel in die Vrystaat. Werk in myne en op plase wat jou kos produseer. Kokerboom, die binneland kry water van Lesotho. Hulle beheer SA.

Republikein in die Wes Kaap ·

Eugene, Kokerboom, julle onthou seker nog hoe het hulle weermag die SANDF verneder.

Cassie Carstens ·

Die ANC weet duidelik nie meer waar om vure dood te slaan nie. Net ‘n klomp sitbokke wat op hulle maandelikse salaris wag.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.