Ingevolge die VSA se wetgewing kan die gebruik van dwelms genoegsame rede wees om iemand se visum af te keur.
Alles vir Donderdag 11 April 2024
Opskort van e-tol ‘oorwinning vir burgery’
“Wat vir Outa duidelik is, is dat daar steeds geen verskoning van die owerhede is nie vir die inwerkingstelling van ʼn grof irrasionale en duur stelsel wat onderwerp is aan buitensporige opgeblase konstruksiekoste en e-tol-invorderingskontrakte wat tot ʼn vermorsing van R14 miljard aan openbare geld gelei het.”
Zuma se private vervolging van Ramaphosa weer uitgestel
Die saak is op versoek van oudpres. Jacob Zuma se regspan lank uitgestel.
Hamas-leier se seuns, kleinkinders gedood
Die aanval kom te midde van samesprekings oor ʼn moontlike skietstilstand in Kaïro.
Die ‘Queens’ is in Kaapstad (en bring koninklike verkeersknope)
Dié luukse skepe onder die vaandel van Wesgro sal Vrydag en Saterdag na hul volgende bestemmings vaar.
Tatjana lyk slaggereed vir Spele
“Ek voel weer soos myself in die water,” het Tatjana Smith gesê nadat sy die 200 m-borsslagitem by die nasionale swemkampioenskap in ʼn blitsige tyd gewen het.
Luister: ‘Seldsame siektes, wanvoeding loop hand aan hand’
As kenner op die gebied van holistiese gesondheid, behandel dr. Stefan Schoeman gereeld pasiënte met seldsame siektes. Hy gesels oor dié onderwerp in Maroela Media se ateljee.
Resensie: Ingrid Jonker was ʼn vernuwer in Afrikaans
“Jonker was ook ʼn vernuwer in Afrikaans – veral met haar tweede digbundel, Rook en oker, van 1963,” skryf Daniel in sy resensie van ‘Ingrid Jonker: Die papie roer en ek word digter’.
Beeldskone Bryoni op pad na Mej. Supranasionaal
“Ek is ongelooflik opgewonde en geëerd om die geleentheid te hê. Ek het onverpoosd gewerk om myself geestelik en fisiek vir die kompetisie voor te berei.”
‘Transgender-opleiding’: Departement paai niemand, sê FOR SA
Freedom of Religion South Africa (FOR SA) sê die departement van basiese onderwys se verduideliking van sy sogenaamde riglyne vir die hantering van transgender-ideologie in laerskole slaag nie daarin om ouers en godsdienstige organisasies gerus te stel nie.
Voormalige Mej. SA-prinses (54) sterf
“Ek skryf hierdie boodskap met soveel hartseer. Dankie vir my seun, ek is jou ewig dankbaar,” het James Dalton, Walton se eksman, op Facebook geskryf.
Kry Afrikaans tjoeftjaf onder die knie
“Dit is eintlik binne die meeste mense se vermoëns om ʼn nuwe taal aan te leer.”
Vermiste poolhond gevind waar hy met bere speel
Die video is reeds meer as 20 miljoen keer op Instagram gekyk.
Sinner dis luukse spel in Monaco op
Die jong Italiaanse tennissensasie jag sy vierde titel van die jaar by die Monte Carlo-meesterstoernooi.
Nuwe regulasies oor in- en uitvoer van lewende diere
Aansoek om magtiging vir die in- en uitvoer van lewende diere en verwante genetiese materiaal moet ingevolge die wet gedoen word.
Resep: Weetbix-en-semel-beskuit
Smul elke oggend aan hierdie beskuit met ʼn heerlike koppie boeretroos.
Laat staan politieke inmenging om waterkrisis te ontlont
TLU SA sê die organisasie “sal uiteraard meedoen aan gesprekke om te verseker dat die nodige kundigheid vir doeltreffende waterbestuur ingespan word om die tydbom wat oor tyd heen geskep is, te ontlont en watervoorsiening weer op ʼn stabiele koers te plaas”.
Vrystaatse boere raadop oor mielies wat weggedra word
Sommige boere betaal tot R200 000 aan veiligheidswagte om hul landerye te bewaak en dit lyk of nie eens hierdie ingrypende optrede misdadigers altyd afskrik nie.
‘Stinkboete’ vir owerheid verwelkom
Die VF Plus het die boete vir die omgewingsbesoedeling verwelkom. AfriForum ook, maar hy meen die betrokke verantwoordelike munisipale amptenare moes veel eerder persoonlik aanspreeklik gehou word vir die oortredings.
Vrae oor sekretaris se salaris verdwyn nie omdat Mapisa-Nqakula bedank
Xolile George, sekretaris van die parlement, se salaris is kort ná sy aanstelling met byna 70% verhoog en voormalige speaker Nosiviwe Mapisa-Nqakula is daarvan beskuldig dat sy betrokke was by dié beweerde onregmatige verhoging.