‘Transgender-opleiding’: Departement paai niemand, sê FOR SA

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Freedom of Religion South Africa (FOR SA) sê die departement van basiese onderwys se verduideliking van sy sogenaamde riglyne vir die hantering van transgender-ideologie in laerskole slaag nie daarin om ouers en godsdienstige organisasies gerus te stel nie.

Die departement hou vol die stel riglyne wat hy bekend gestel het, beter bekend as die “Toolkit on Gender Responsive Pedagogy for Early Childhood Education”, is hoegenaamd nie gemik op die bevordering van enige spesifieke ideologie onder jong leerders nie.

“ʼn Eenvoudige feitekontrole van die riglyne weerspreek egter die departement se siening,” sê Michael Swain, uitvoerende direkteur van FOR SA.

Swain sê dié riglyne verklaar dan dat geslag en gender oor ʼn kontinuum van moontlikhede bestaan.

“Dit lui dat staatsopgeleide onderwysers ‘leerders van kleins af moet [vra] vir hul voorkeurnaam en voornaamwoord’ en eerder die woord ‘hulle’ gebruik om ‘kinders te laat weet dat ons nie iemand se geslagsidentiteit kan aanneem net deur na hulle te kyk nie’.”

Dit bepaal ook dat onderwysers moet verseker dat “kinders toegang het tot toiletgeriewe wat ooreenstem met hul geslagsidentiteit”.

FOR SA se vernaamste bekommernis is dat ouers nie sinvol geraadpleeg is voor die inwerkingstelling van hierdie sogenaamde opleiding nie, sê Swain.

Die departement se eie witskrif oor onderwysbeleid bevestig dat ouers die primêre verantwoordelikheid het vir die opvoeding van hul kinders. Hulle het die reg om deur die staatsowerhede geraadpleeg te word en die “onvervreembare reg” om die vorm van onderwys te kies wat die beste vir hul kinders is, veral in die vroeë jare van skoolopleiding.

“Dit sluit die keuse van die kulturele of godsdienstige basis van die kind se opvoeding in,” sê Swain.

“Deur die departement se versuim om met ouers te beraadslaag, is ouerlike regte tersyde gestel en gemarginaliseer,” sê Swain.

Die riglyne lui voorts dat “baie gesinne en gemeenskappe vasklou aan heersende skadelike geslagsrolle en -grense” en daarom moet staatsopgeleide onderwysers “hulle [jong kinders] help om vry te kom van skadelike geslagstereotipes wat hulle in die lewe terughou”.

FOR SA sê dié siening gaan ongetwyfeld verwarring by jong kinders veroorsaak en moontlik verdeeldheid in gesinne veroorsaak. “Hoe kan dit moontlik in die beste belang van die kind of die gesin wees, wat die basis van ons samelewing is?” wil Swain weet.

Die departement het vroeër vandeesweek in reaksie op kritiek gesê vroeë vooroordele by kinders dra eindelik by tot geslagsgebaseerde diskriminasie en selfs geweld.

FOR SA stem nie hiermee saam nie.

Swain sê daar is geen wetenskaplike of feitelike grondslag wat daarop dui dat onderrig in transgender-ideologie onder jong kinders eindelik die probleem van geslagsgebaseerde geweld sal oplos nie.

Die organisasie sê die onderrig vervaag eerder die lyne en ondermyn die aansien van vroue, wat die primêre slagoffers van geslagsdiskriminasie en -geweld is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Alta Alleman ·

En fan verban hulle Godsdiens uit alle skole sodat hulle hierdie snert aan leerlinge wil afdwing.

Johann ·

Dis verkiesing. Die mags mal desperate ANC sal ALS doen om elke stem moontlik te kry. Dit het nog NOOIT oor daadwerklike opvoeding gegaan nie. Ter wille van ‘n absurde ideologie ten koste van ons kinders se gesonde grootword en vorming. ANC KLUG SPEL

Pieter francois ·

Johann
Ek stem volkome saam los kinders uit hulle is besig om erntig te krap waar dit nie werklik jeuk nie

Otto ·

Ja Hennie, dankie tog daar is net twee geslagte anders sou die mensdom op die randjie van uitwissing wees sonder voortplanting. Die DBO kan eerder hulle energie en hulpbronne spandeer aan die uitvalkoers van aantal leerders wat met Gr1 begin en nooit skool klaar maak nie, as om hul tyd met “wokeness” te mors.

kaplyn ·

Die transgender kultus is ‘n gruwel in die oë van God die Heilige Vader.

Marianna ·

Klein kinders tot en met puberteit het nie nodig om te weet van gender nie. Hulle weet hulle is ‘n seuntjie of ‘n dogtertjie. Hulle moet nog speel. Moenie kinders met hierdie snert bemoei nie. Transgenders is by verre in die minderheid. Moenie kinders se koppe deurmekaar krap nie. Wanneer kinders klein is wil hulle graag soos boetie of sussie wees. ‘n Dogtertjie sal ook wil karretjies hê om mee te speel. Boetie sal met ‘n pop saam met sy sussies wil speel. Maar dis nie te sê hy wil ‘n meisie wees nie. Hierdie soort inligting moet uit laerskole gehou word. Dis nie die plek daarvoor nie. Dis nie die skool se plig om daarmee te deel nie. Dis die ouers se plig.

Catherina ·

Freedom of thought….again….no way. Total total madness. Absolute rubbish. What on earth are they trying to do??? Spend extra time on Maths and Science and not junk like this

hendrik ·

Geen mens kan die opvoeding van ouers aan hulle kinders wegneem nie, nie die onderwys nie politieke nie nie die kerk nie nuemand nie want God se woord se duidelik waten hoe jy as ouer jou kind moet moet opvoeding en groot maak. Ons as ouers moet dit absoluut gehoorsaam. Ons voed nie kinders op vir n patetiese samelewing nie ons doen dit vir God en God alleen. Hy het nie die mens gemaak om Sy hande werk te vernietig nie. Jesus het self gese “bring die kinders na My toe”. Wie is hierdie mense om dit te vernietig. Hierdie edeologie is Lyn reg teen die Wil en Woord van God.

Sêmanet ·

Ek oordeel glad nie mense se voorkeure en afkeure nie. Maar op skool is kinders veronderstel om te leer vir hul toekoms, nie hul seksuele voorkeure nie. Dis in elk geval privaat. Kinders behoort nie te leer van goed wat hulle nie op skool gaan gebruik nie. Wisk, Tale, Gesk, en gewone skool vakke. Seksonderrig is nie vir my reg om op skool al te leer nie. Kyk bietjie na die tienerswangerskappe en verkragtings onder minderjariges.

Durban Afrikaner ·

Begin SA ook nou met die snert?

Daar is net 2 geslagte. Daar is wél baie sielsiektes

Leeubekkie ·

Hier kom groot bollie in die onderwys. Mammas, pappas , oumas, oupas, bid elke dag vir jul kinders en kleinkinders. Hierdie “woke” gemors is ‘n gruwel in God se oë. Los ons kinders uit!!

Manie ·

Ek weet nie waarom die onderwerp soveel aandag geniet nie, want dis fisies onmoontlik.

Barry ·

Watse verstand het a kind van 5? Nou wil hulle deure oop maak wat die kinders self nie geweet het daar was nie… Dit gaan hulle op neuk en dan sit die ouers met die proleme want in die Bela Bill se dit dat die staat totaal en al in beheer van skole sal wees maar hulle kan nie geldag gehou word nie…. Nou waar los dit ons as ouers!? Dit begin altyd met iets klein maar glo dat dit altyd uit brei!!!

Michael ·

Die ouers moet net voet neersit en weier,neem julle skole terug.

Watsenaam ·

Ek belowe julle dit: as my voorsate , geslagte lank oupas en oumas nog gelewe het, sou die bollie behoorlik in hierdie pragtige land, wat vir ongelowiges op n skinkbord oorge gee is, gespat het. Ek sien geen berou of skaamte oor wat die sogenaamde demokrate in die land aanvang nie. Afbreek, verniel, letterlik in bollie lewe, moor, verkrag is aan die orde van die dag. Wie se skuld is dit die regering s’n? miskien maar ek dink nie so nie. Opvoeding begin by die huis. Basta.

Marina ·

My kinders het op die ouderdom van drie nie eens geweet wat hulle vir ontbyt wou eet nie… En deesdae kan kinders al op daardie ouderdom weet hulle is die “verkeerde” geslag? Ouers sal moet saamstaan, hul kinders reg leer en hierdie euwel met wortel en tak uitroei. Die onderwys department raak by die dag meer belaglik! Ps. Ek woon tans in Amerika en die oorgrote Amerikaners het ook nie tyd vir hierdie gemors nie. Hier het hulle n slagspreuk: “Hands off our kids!” Die ander een lui: “No pride in grooming!”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.