Zuma se private vervolging van Ramaphosa weer uitgestel

Oudpres. Jacob Zuma in die hof. (Foto: ANA)

Oudpres. Jacob Zuma se private vervolgingsaak teen pres. Cyril Ramaphosa was Donderdag terug in die hof.

Die saak is egter in die Johannesburgse hooggeregshof tot 6 Augustus uitgestel op versoek van Zuma se regspan.

Dit is byna ʼn jaar sedert die hooggeregshof beslis het dat Zuma se private vervolging van Ramaphosa “onregmatig en ongrondwetlik” én met ʼn bymotief gedoen is.

Die oudpresident het intussen teen dié beslissing geappelleer en verloor, hom na die hoogste hof van appèl gewend en weer verloor.

Hy versoek nou dié hof om die besluit te heroorweeg.

Zuma is vasbeslote om Ramaphosa te vervolg vir sy aandeel in die “misdade wat deur adv. Billy Downer gepleeg is”. Ramaphosa word beskuldig as dat hy ʼn medepligtige was tot misdade wat deur onder andere Downer gepleeg is weens sy versuim om teen Downer en die joernalis Karyn Maughan op te tree.

Die KwaZulu-Natalse hooggeregshof het egter reeds verlede jaar ten gunste van Downer en Maughan beslis.

Zuma wou die twee privaat laat vervolg omdat hy meen dat Downer vertroulike inligting oor sy mediese toestand aan Maughan laat uitlek het.

Dieselfde hof het egter ook later Zuma se aansoek om verlof tot appèl, teen die aanvanklike bevinding dat hy Downer en Maughan nie privaat kan vervolg nie, van die hand gewys.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Johann ·

Behoede die aarde van díe kern korrupte skelm, goddelose leunaar. Magsmal. En ek dog hys te siek om sy eie boude af te vee? Nevermind wie betaal vir al die hof sirkus episodes?

Di ·

Hulle almal is nou te betrokke by verkiesings strategiee, daarom word alles nou op hold gesit. Wil seker eers sien wie wen die in die verkiesing

Zandra ·

aaaaai die verkiesing het soveel voor en nadele ……………
betaal ons alweer vir die sirkus met ons PAYE?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.