Voormalige Mej. SA-prinses (54) sterf

Sasha-Lee Walton. (Foto: Facebook)

Sasha-Lee Walton, ʼn voormalige skoonheidskoningin en gewilde Mej. SA-deelnemer, is Dinsdag oorlede.

Volgens plasings op sosiale media en nuusberigte het Walton haar eie lewe geneem. Sy was 54 jaar oud.

Walton is in 1991 as die tweede prinses in die Mej. SA-kompetisie aangewys, toe Diana Tilden-Davis as die wenner gekroon is. Amy Kleinhans was die eerste prinses.

Walton was voorheen getroud met die Springbokrugbyspeler James Dalton. Hulle het ʼn 14-jarige seun, Daniel. Sy was ook voorheen getroud met die WP-losskakel Lance Sherrell, wat in 1994 vir die Springbokke uitgedraf het.

Dalton het ʼn foto van homself met ʼn kleiner Daniel in sy arms op Instagram gedeel saam met ʼn roerende huldeblyk vir Walton.

“Totsiens, Sasha. Ek skryf hierdie boodskap met soveel hartseer. Dankie vir my seun, ek is jou ewig dankbaar. Ek sal jou altyd liefhê en in my hart hou. Mag jy nou vrede vind, saam met jou ma en al die engele in die hemel, vry van skaamte en pyn,” skryf Dalton.

Walton het haar ma, Lynn, in 2017 aan die dood afgestaan.

“Ek is verpletter. Ek en Daniel sal altyd glimlag en waai vir die hemele waar jy is, en waar troos en respek sal kry.”

Medelye vir Walton het intussen op sosiale media begin instroom.

“Die wêreld het jou glorie geken, maar nie jou storie nie. Jy is nou veilig, in die arms van die engele en jou geliefde ma, Lynn. Dankie vir jou vriendelikheid, en dat jy altyd besorg was oor my,” skryf Alma van Zyl op Facebook.

“Mag haar kosbare siel in vrede rus vir altyd. Mag jou lig vir altyd skyn, my suster. Ons sal jou nooit vergeet nie, Sashie,” skryf Barry Theunissen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

melaney ·

RIV Sasha-Lee. Daar is deesdae baie druk in die samelewing. Mense weet nie meer watter kant toe nie.

Niklaas ·

Mens weet nie altyd wat aangaan in die lewens van glans-mense nie. Ek onthou vir haar. Pragvrou.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.