Nuwe regulasies oor in- en uitvoer van lewende diere

(Foto: Verskaf)

Die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling het Donderdag die nuwe regulasies in verband met die in- en uitvoer van lewende hawe bekendgemaak.

Reggie Ngcobo, woordvoerder van die departement, sê die nuwe regulasies strook met die vereistes vir invoermagtiging vir lewende diere ingevolge die Wet op Diereverbetering van 1998 en is daarop gemik om die nakoming van dié wet te verskerp.

“Aansoek om magtiging vir die in- en uitvoer van lewende diere en verwante genetiese materiaal moet ingevolge die wet gedoen word.

“Dit sluit alle bestaande veeartsenykundige invoerpermitte in wat voor 1 April vanjaar uitgereik is.

“Mense wat lewende hawe wil in- of uitvoer, moet eers om die diereverbeteringspermit of magtiging aansoek doen, waarna die magtiging by die aansoek vir die veeartsenykundige invoerpermit aangeheg en by die departement ingedien moet word.”

Ngcobo sê in die geval waar veeartsenykundige invoerpermitte voor 1 April kragtens die Wet op Dieresiektes uitgereik is, moet in- en uitvoerders verseker dat hulle afskrifte van die geldige permitte insluit.

“Wilde diere, asook diere soos katte, voëls en visse benodig nie ʼn magtigingspermit vir in- of uitvoer nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.