Beswaar teen NGV kry al meer steun

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Hush Naidoo Jade/Unsplash)

Al meer invloedryke groepe maak nou openlik beswaar teen die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) en Solidariteit sê hy hoop dat nog meer individue en organisasies aktief by die stryd teen dié voorgestelde stelsel betrokke sal raak.

Volgens Theuns du Buisson, ekonomiese navorser by die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI), het die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging (SAMV) wat dokters verteenwoordig, die jongste organisasie geword wat ook die voorneme aangekondig het om regstappe teen die NGV te doen.

“Solidariteit neem lank reeds die voortou in die hierdie stryd veral met die oog op die komende regstryd wat begin sodra die wetsontwerp deur pres. Cyril Ramaphosa onderteken word.

“Enige bykomende druk, ook deur middel van litigasie, word hartlik verwelkom,” sê Du Buisson.

“Dit is bemoedigend dat bykans alle ander organisasies regoor die politieke spektrum nou Solidariteit se navorsing ondersteun oor die rampspoedige gevolge wat NGV sal inhou.

“Dit raak al duideliker dat niemand buiten die ANC en sy makkers die NGV ondersteun, of dink dat dit uitvoerbaar is nie,” sê Du Buisson.

Solidariteit glo ook dit is van kardinale belang dat mense vanuit die mediese beroepe hul saak duidelik stel deur reguit te sê hoe hulle die NGV sien uitspeel.

“Ons navorsing wys al vir die afgelope paar jare hoe die NGV dokters landuit sal dryf. Elke jaar wat ons die navorsing herhaal is dokters nóg meer negatief oor die NGV as voorheen.

“Dit verbaas ons daarom glad nie dat die SAMV namens hul lede besluit het om regsaksie te oorweeg nie.”

Solidariteit neem ook kennis van ander organisasies, wat groot ondernemings verteenwoordig, wat hul teenkanting teen die NGV openbaar maak.

“Daar is niemand meer wat glo dat die NGV hoegenaamd positiewe uitkomste kan lewer nie. Die land kan dit nie finansieel bekostig nie, en so ook nie die mense van die land nie.

“Wie kan bekostig om nóg meer belasting te betaal?

“Dit is daarom belangrik om nie net in die openbaar teen die NGV standpunt in te neem nie, maar om werklike stappe te doen, soos om litigasie in te stel,” sê Du Buisson.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Casper ·

Die NGV is ‘n anc verkiesings meganisme om stemme te werf en is dood gebore.Die ANC weet dit kan in die praktyk nie werk nie en so weet Ramaphosa en daarom glo ek sal hy nie die wetsontwerp teken nie.Hulle besef Suid Afrikaners kan nie verder aan hoër belasting onderwerp word nie.Hulle weet ook dat indien die wetsontwerp in die howe getoets word hulle bliedneus gaan kry en met koste verwerp sal word.Die regering het nie die geld om die wetsontwerp te iplementeer nie.

minnie muis ·

neef se dogter het aas week geboorte gegee in universitas hospitaal, geen bed by baba vir haar nie, hul gee haar n bed in kamer waar 12 ander vrouens slaap en daar is net 1 toilet .matrone se my dit sal 25 dae vat om dit bogenoemde te ondersoek. ek het foto van bed, geen lakens, geen kussing nie ….Dis die toekoms van ngv. toe ek matrone konfronteer to maak sy foon dood

annie ·

So? Dan teken Cyril verseker die wet net voor die verkiesing saam met die een vir die onteiening van private eiendom. Hy sal sekerlik Zuma se NSFAS probeer troef. Nog vyf jaar van vrolike verskonings en misdrywe lê voor. Gelukkig hou die regering reeds sittings in die Kaapstad-stadsaal; die regte venue vir ‘n grootse sirkus. Die hoofnar is terug! Vasbyt burgers!

Cassie Carstens ·

Ek is bly daar is al hoe meer mense wat besef dit kan nie werk nie, Bela wet ingesluit.

Sparky ·

Eers onteining, BELA wet nou NGV.Dit is duidelik dat die ANC Moeilikheid wil he,My opinie is dat dit baie naby is as wat ons werklik dink.Hoekom eers Hof toe na die wet Goed gekeur is, Maak nie sin nie,Die klein meerderheid het nie n kat se kans teen hierdie wat net
in hulle self dink nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.