Lesufi moet Nasi iSpani-opdrag dadelik terugtrek – DA

Panyaza Lesufi, premier van Gauteng. (Foto: X)

Panyaza Lesufi, die Gautengse premier, het Maandag openbare skole in Gauteng beveel om hul persele en personeel toeganklik te maak vir sy polities gemotiveerde Nasi iSpani-inisiatief wat letterlik beteken “hier is werkgeleenthede”. Lesufi hoop dat soveel as ʼn halfmiljoen werklose mense deur middel van dié inisiatief in diens geneem kan word.

Sergio Isa Dos Santos, DA woordvoerder vir onderwys in Gauteng, sê dit is ondanks die feit dat hierdie skole reeds belas is met die verantwoordelikheid om kwaliteit onderwys in ongunstige omgewings te verskaf.

“Hierdie opdrag, wat in ʼn memorandum uitgereik is – sonder enige waarskuwing aan skoolbeheerliggame – ondermyn die outonomie van skole, wek ernstige etiese en praktiese bekommernisse en moet in die sterkste moontlike terme veroordeel word.”

Hy sê die gebrek aan deursigtigheid, konsultasie en kort kennisgewing van hierdie opdrag is kommerwekkend.

“Ons moet onsself afvra of die Nasi iSpani-inisiatief regtig oor die verskaffing van werk en opleidingsgeleenthede aan Gautengse jeugdiges gaan of eerder as ʼn verkiesingsinstrument vir die huidige regering gebruik word.

“Openbare skole word reeds deur enorme uitdagings in die gesig gestaar om kwaliteit onderwys te verskaf, dit sluit in onvoldoende infrastruktuur asook beperkte hulpbronne.

“Dit is onredelik om hierdie skole te dwing om aan ʼn polities gemotiveerde werkskema deel te neem. Hulle eerste prioriteit is om die beste moontlike onderwys aan leerlinge te verskaf, dit is onaanvaarbaar dat hulle as pionne vir politieke gewin gebruik word,” sê Dos Santos.

Hy sê die tydsberekening moet ook bevraagteken word.

“Die feit dat dit net voor die nasionale en provinsiale verkiesings kom laat baie vrae ontstaan ​​oor die bedoelings agter die premier se optrede en of dit ʼn slenter is om politieke steun te wen.

“Die DA weet hoe belangrik dit is om werkgeleenthede te skep en werkloses te ondersteun, maar hierdie inisiatief moes vooraf met skoolpersoneel en skoolbeheerliggame bespreek word.

“Die haastige en eensydige besluit wat deur Lesufi geneem is ondermyn hierdie beginsels en toon tekens van wat om te verwag sou die wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (die sogenaamde Bela-wetsontwerp) in sy huidige vorm geïmplementeer word,” sê Dos Santos.

“Ons eis dat Lesufi onmiddellik hierdie opdrag terugtrek en eers met skoolpersoneel en skoolbeheerliggame vergader voordat hy hiermee voortgaan.

“Openbare skole moet toegelaat word om op hul kernmandaat te fokus – om gehalte onderwys te verskaf – sonder om onnodig belas te word deur ekstra aktiwiteite wat nie met onderwys verband hou nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Hendrik ·

Hierdie magsvergrype twv politieke gewin spel vir ons duidelik wat gaan gebeur indien bela wedgewing sy beslag kry en onderwys en jou kind anc eiendom word.

skurweberg ·

Ons gee te veel krediet aan die ANC. Hulle moet baie minder publisiteit kry

Martie Smartie ·

Ouers betaal skoolgeld en hierdie nar dink nog steeds dis die staat se eiendom om te misbruik vir die ANC se verkiesingsfoefies. As ouers betaal, het die beheerligaam beheer, so basta. Laat hy sy sirkus vat na die zero fee skole, waarvan daar duisende is.

Andries ·

Dit is die BELA BELA wet in werking. Een van die dae gaan skole nie meer skole wees nie maar ANC opleidingskampe.

Kokerboom ·

Wat het die kader gerook? Dat hy sulke sinnelose visielose besluite outokraties neem??

Leeubekkie ·

Martie Smartie, jy slaan die spyker op die kop!
Goed gesê!

Danie ·

Dink die ou hy het bonatuurlike kragte.Gaan aan asof hy alles besit.En sy kaders los hom net eenvoudig uit.So hulle is kop in een.

Ronél ·

cANCer mak my BOOOOOOOOOOOOOOOOOOOOOOS verby!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Lourens ·

1) Die skole moet eenvoudig “nie beskikbaar wees nie”. Solidariteit het reeds vir hulle ‘n raamwerk opgestel waarbinne hulle kan optree.
2) Die personeel moet eenvoudig weier om op te daag. Gebruik die cANCer se eie metode – massa aksie.

Bolandse Nooi ·

Raak rustig mense, dis nie nodig om jul bloeddruklesings so hoog op te stoot nie. 10/1 is die skole wat in Lesoufie se visier is, dié skole waar die ouers geen skoolfonds betaal nie en leerders op die ouderdom van 25 nog steeds sukkel om matriek te voltooi.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.