Turkye stel handelsbeperkings teen Israel in

Die oorlog in Gaza duur al ses maande voort. (Foto: AFP)

Turkye het verskeie handelsbeperkings teen Israel ingestel te midde van die voortslepende oorlog in Gaza waar meer as 30 000 Palestyne al die afgelope ses maande weens geweld gesterf het.

Die beperkings het Dinsdag in werking getree en is onder meer van toepassing op boumateriaal soos sement, staal en yster.

“Hierdie besluit sal van krag bly totdat Israel ’n onmiddellike skietstilstand afkondig en voldoende, ononderbroke vloei van humanitêre hulp na Gaza toelaat,” het die Turkse departement van handel op sosiale media gesê.

Turkye se besluit kom ʼn dag nadat dié land Israel daarvan beskuldig het dat hy sy pogings om noodhulp met lugvervoer aan Gaza af te lewer, verhoed het.

Hakan Fidan, Turkye se minister van buitelandse sake, het Maandag onderneem om vergeldingsmaatreëls teen Israel te neem en gesê dat gevolge “stap vir stap” en “sonder uitstel” ingestel sal word.

Turkye is een van die lande wat die skerpste kritiek teenoor Israel oor die oorlog in Gaza uitgespreek het, met pres. Recep Tayyip Erdogan wat die land as ’n “terroristestaat” gebrandmerk het.

Hamas bekyk nuwe voorstel

Die Palestynse terreurgroep Hamas kyk intussen na ’n nuwe raamwerk van ’n voorgestelde ooreenkoms wat tydens die jongste onderhandelingsproses in Kaïro ter tafel gelê is.

Geweld het die afgelope paar weke voortgeduur ondanks bevele en oproepe vir ’n onmiddellike skietstilstand in Gaza. Bemiddelaars kon ten spyte van verskeie onderhandelings ook nog nie ’n ooreenkoms bereik nie.

Katarese, Egiptiese en Amerikaanse bemiddelaars het egter nou nog ’n tydelike wapenstilstand voorgestel, het ’n Hamas-bron aan AFP bevestig.

Ingevolge die nuwe drieledige voorstel moet gevegte vir ses weke gestaak word sodat gyselaars wat deur Hamas aangehou word, in ruil vir Palestynse gevangenes in Israel vrygelaat kan word.

Hamas sê hy “waardeer” bemiddelingspogings, maar beweer dat Israel nie aan enige van Hamas se vereistes gehoor gee gedurende hierdie bemiddelingsgesprekke nie.

“Die beweging se leierskap bestudeer nietemin steeds die nuwe voorstel,” het Hamas in ’n verklaring gesê.

Israel het oor die naweek – ʼn halfjaar nadat die oorlog begin het – aangedui dat hy sy troepe aan die suidelike stad Khan Yunis onttrek het om aan te sterk in voorbereiding vir die volgende fase van die oorlog. Dié fase sluit ʼn inval in Rafah in.

Maroela Media het vroeër berig dat ʼn Rafah-offensief die skeur tussen Israel en sy bondgenoot die VSA verder kan vergroot. Die VSA het Israel nou al verskeie kere gewaarsku om nie dié digbevolkte stad aan te val nie.

Benjamin Netanyahu, Israel se premier, het Maandag gesê ’n ontplooiingsdatum van grondtroepe is egter reeds vasgestel. Rafah huisves die meeste Palestynse vlugtelinge wat in die oorlog ontheem is.

Netanyahu en sy militêre bevelvoerders hou vol dat militêre operasies in Rafah nodig is om Hamas te verslaan, ten spyte van vrese dat dit tot die dood van talle burgers sal lei.

“Dit sal gebeur, daar is ’n datum,” het Netanyahu in ʼn video gesê. Hy het egter nie verklap wanneer Israel beplan om Rafah in te val nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Laksman ·

Ongelooflik!!!! Die moeilikheidmakers wat als kan beëindig, “call die shots” en nie een daarvan is om die konflik te beëindig nie……en die wêreld dans maar net saam……my brein is te klein.

Deon ·

Erdogan is heeltemal reg om ‘Israel’ uit te wys as a terroriste staat. ‘Israel’ is gebou op tereur – dit is goed gedokumenteerd. Sinionistiese terroriste soos David Ben-Gurion, Menachem Begin, Yitzhak Shamir an Ariel Sharon het deelgeneem aan die tereur – nie net teen Palestyn nie maar ook teen die destydse Britse owerheid. Van hierdie terroriste is later in hoê posisies in die terroriste staat aangestel. Een geval is die Deir Yasin slagting wat vandag 9 April in 1948 plaas gevnd het: “25 pregnant women were bayoneted in their abdomens while still alive. 52 children were maimed under the eyes of their mothers and then were slain and their heads cut off.” “…Menachem Begin, the leader of the Irgun gang, himself admitted on December 28, 1950 in a press interview in New York, that the Deir Yassin incident had been carried out in accordance with an agreement between the Irgun and the Jewish Agency and Haganah.”

Theo ·

Ten spyte van ‘n verswakking van die Turkse lira en ‘n finansiële krisis in Turkye, oortref die haat vir Israel soos altyd gesonde verstand en word handelsbeperkings op produkte uit Israel ingestel. Hoekom klink dit so bekend vir ons?

Jaco ·

Hoekom val al die Moslemlande nie net vir Israel aan nie? 2 weke en dan is die probleem opgelos. Nou sit en kerm almal net.

Republikein in die Wes Kaap ·

Israel gaan nie vanself verdwyn nie. Indien enige land in die Midde-Ooste of Iran die ondenkbare doen sal daai hele gebied ‘n groot gat wees. Die verskuiwing in die geologiese plate sal massiewe aardbewings in Oos- en Suidelike Afrika verooraak. Ook boontoe in Rusland en sy westelike bure tot by die Noordpool. Verduur maar vir Israel.

Deon ·

Hierdie verwerplike ANC het ‘Israel’ aangekla van volksmoord maar dit beteken nie ‘n mens moet nou kordaat aan die kant van ‘Israel’ staan omdat jy teen die ANC is nie. ‘Israel’ is besig met volksmoord – grootskaaklse vernietiging van infrastruktuur en uitmoor van vrouense en kinders. As dit jou nie teen die bors stuit nie, dan moet die Engelse verskrooide aarde beleid en uitmoor van vrouens en kinders in konsentrasiekampe jou ook nie teen die bors stuit nie.

piket ·

Deon en Jaco. Kom By. Julle weet nie waarvanjule praat nie.

Gerhard ·

Israel is n land met waardes Maar die meeste wat hier komentaar lewer is al so onder die ANC se spel dat hulle dit nie raak sien nie First World Country waar wet en orde in plek is Beskerm hulself teen die duiwels mag daar buite en laat hulle nie voorskryf deur n derde of vierde wereld (ANC)SA nie Ek staan by ISRAEL 100% Ons was eens so n land en kyk nou ????????Veg vir jul reg Israel

Deon ·

Ek kan nie vir ‘Israel’ staan op grond van dat hulle meer ontwikkeld is (kry biljoene van die VSA). As tegnologiese vooruitgang ‘n kriteria is, dan moes ons maar nooit die tweede Engelse oorlog geveg het nie – ons was nog besig om ‘n beskawing hier te vestig terwyl die Britse Ryk ‘n hoë punt bereik het. Dit het gegaan oor wat reg is – ‘hulle wil my land hê’. Ek kan nie vir ‘Israel’ staan omrede: die gruwelike tereur en onreg van die afgelope 80 jaar teen die Palestyne ; grondgryp van Palestynse gebiede (ANC kan by hulle leer), haatspraak deur Joodsa leierswat erger as ‘kill the boer kill the farmer’, aanhouding van derduisende Palestyne insluttene minderjarige KINDERS sonder enige aanklagte , verwerping en minagting van Jesus deur meerderheid van die joodse bevolking. Twee kenmerke wat Jesus 2000 jaar van hierdie mense uitgelig het, is dat hulle is MOORDERNAARS en LEUNAARS (Joh 4:44). ‘1500 jaar later kom Martin Luther, die vader van ons Pretestantse geloof, tot dieselfde gevolgtrekkeing in sy boek ‘The Jews and their Lies’ Vandag sien ons ‘n demonstrasie van hierdie kenmerke met al die leuens wat ‘Israel’ vertel (onthoofde babas…) en die abslolute slagting van onskuldige mense met hulle ‘carpet bombing’.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.