“Minecraft bied genotvolle speletjies en gepaste uitdagings en maak voorsiening vir vordering in die aanleer van kodering- en robotikavaardighede.”
Lees meerAlles vir Dinsdag 9 April 2024
Skole geboelie om werkloses vir verkiesing te registreer
Die opdrag kom sonder enige oorlegpleging vooraf met die skoolbeheerliggame en skoolgemeenskappe in Pretoria wonder wie vir die gebruik van hul hulpbronne gaan betaal.
VF Plus-sukses vir plaaslike toerisme
Die inisiatief sal klein tot mediumgroot-toerismeondernemings toegang gee tot amptelike regeringsinisiatiewe om hul geriewe en dienste internasionaal te bemark.
Kaapstad spook nog om kragtoevoer oral te herstel
“Ons is dankbaar dat die weersomstandighede beduidend verbeter het sodat ons spanne die oorblywende herstelwerk kan afhandel.”
Joernalis rus nou by Koevoet-makkers
Joernalis en skrywer Jim Hooper se sterfwens is op 6 April nagekom toe hy sy ewige rusplek saam met sy Koevoetmakkers by die Voortrekkermonument gekry het.
Hof glo nie leeg nie, bloot ‘in reses’
Die regterpresident van die Gautengse hooggeregshof voer aan die hof staan nie leeg soos die DA aanvoer nie, dit is bloot in reses.
Motoris veilig ná stroom motor meesleur
Die nooddienste het onverpoos te werk gegaan om die bestuurder tussen End- en Rabiestraat te red. Sy het geen beserings in die oorstromingsvoorval opgedoen nie.
‘Man-Cave’: ʼn Nuwe dimensie vir stokperdjie-entoesiaste by Hobby-X
Dié “Man-Cave” bied ʼn toegewyde ruimte wat toegespits is op die uiteenlopende belange van mans.
Uitdrukking: Die mure het ore
Almal ken die uitdrukking “die mure het ore”, maar waar kom dit vandaan? Taaltoffie stel ondersoek in.
Zuma weer verkiesbaar
Die kieshof het Dinsdag beslis dat oudpres. Jacob Zuma, wat nou lid is van die uMkhonto we Sizwe- (MK-)party, verkiesbaar gestel kan word vir vanjaar se nasionale verkiesings.
ToekomsVenster: Moenie toegee nie
Ons wil nie een dag hoor dat die Here vra, waarom het jy nie geleef nie? Waarom het jy jou tuisgemaak in tragedie, hartseer, bitterheid en verwyt?
Nedbank mág bestuurder afdank oor rassistiese uitlatings – hof
Die arbeidshof het bevind Nedbank was geregverdig om ʼn voormalige menslike hulpbronbestuurder af te dank, nadat sy gesê het swart mense is luier en meer onbevoeg as wit mense.
SAL soek nuwe hoofde
SAL se voorneme om nuwe leiers permanent aan stel volg nadat sy omstrede ooreenkoms met die maatskappy Takatso as ʼn strategiese aandelevennoot verlede maand tot niet gegaan het.
DBO gooi wal oor ‘transgender-opleiding’ in skole
Verskeie organisasies het hul kommer uitgespreek nadat die departement onlangs ’n stel riglyne bekend gestel het rakende die hantering van die transgender-ideologie in die grondslagfase.
Alle Wes-Kaapse skole Woensdag weer oop
Stormsterk winde het skade aan talle skole in die Wes-Kaap aangerig.
Welbekende SA kunstenaar met eredoktorsgraad vereer
Angus Taylor sal dié eregraad ontvang ter erkenning van sy onskatbare bydrae tot visuele kunste.
Dís hoekom jy omvattende motorversekering nodig het
Die produknaam mag dalk verskil afhangende van die versekeraar wat jy kies, maar gewoonlik verwys omvattende motorversekering na die produk wat die heel beste, omvattendste dekking bied.
So eerlik soos goud! Man gee ‘rommel’ terug
“Ek het die goud en kontant vir ʼn paar dae gehou, maar ek kon dit nie vir myself hou nie.”
Sergio nog rustig oor F1-toekoms
“Ek verwag dat ek binne die volgende maand presies sal weet waar ek my in 2025 sal bevind.”
Tourneo kán toer – langpad en in weelde
Vir ʼn medium of groot gesin is die feite onweerlegbaar: ʼn Bus is bobaas.