Joernalis rus nou by Koevoet-makkers

Voorsitter Wessie Wessels gee ‘n toespraak by Hooper se nissie (Foto verskaf)

Joernalis en skrywer Jim Hooper se sterfwens is op 6 April nagekom toe hy sy ewige rusplek saam met sy Koevoetmakkers by die Voortrekkermonument gekry het.

“Jim het van enige joernalis die akkuraatste verslaggewing oor Koevoet gegee, want hy het saam met ons beweeg. Hy was een van ons,” sê Wessie Wessels, voorsitter van die Koevoet-veteranebond.

Die jaarlikse herdenkingsdiens is op 6 April 2024 by die Koevoet-muur by die Voortrekkermonument gehou vir die Koevoetsoldate wat tydens die Grensoorlog gesneuwel het. Hooper het by hierdie geleentheid ook sy ewige rusplek in die Troostuin gekry en die diens is aan hom opgedra.

Hooper het verskeie boeke geskryf oor Koevoet en verslag gedoen. Hy het saam met die soldate beweeg en is selfs gewond in een van die gevegte. Hy is op 11 Januarie 2024 oorlede.

Die Koevoet-eenheid is deur die Suid-Afrikaanse Polisie ontplooi om van 1979-1989 in die Grensoorlog in Angola te gaan veg. Altesaam 165 lede van die eenheid is tydens die oorlog oorlede. In 2012 het die Koevoet-veteranebond ’n oorkoms met die Voortrekkermonument aangegaan om die herdenkingsmuur op te rig.

Zieg van Huyssteen lê ‘n krans voor die gedenkmuur (Foto verskaf)

Oudergewoonte het die publiek weer die geleentheid gekry om kranse te lê aan die voorkant van die Koevoetmuur.

“Die name voor op die muur is van die soldate wat tydens die oorlog gesneuwel het, en die agterkant van die muur is vir Koevoetlede wat later gesterf het of ander eenhede wat ’n groot rol gespeel het. Só bou ons iets vir die toekoms en los ons ’n nalatenskap,” sê Wessels.

Dit is vir die Voortrekkermonument ’n eer om deel te kan wees van die nalatenskap en herdenking van die dapper manne wat tydens die Grensoorlog gesterf het. Jou vriendskap kan help om die erfenis behoue te laat bly: www.vtm.org.za/donasies/

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Joan ·

Rus sag, Dapper Held. Jy het baie gewaag en jouself nooit in aggeneem nie.

trotsNAMSA ·

Jong, onskuldige seuns van 18 jaar wat moes gaan veg vir ‘n Regering wat nie eerlik was met die SA’ners nie. Ek is ‘n gebore Namibiër en moes sien hoe SA my land kom oorneem. Alles gedoen, maar niks reggekry nie. SA het ons gebruik en meer probleme veroorsaak. R I V al die jong manne wat hul lewens verloor het sonder om te vra ” hoekom veg ons hier ?” Tot die SAPM het KOEVOET gestig om in meestal onskuldige Namibianers se lewens te ontwrig. R I V KOEVOET !
VIVA SWAPO !

Martie ·

En kyk hoe lyk Namibie nou? Daar getoer, nie soos 20 jaar gelede nie, was toe ook al vervalle .

Oros Soros ·

TrotsNamsa, is jy dan meer as 114 jaar oud? Genugtig, Jannie Smuts het die Duitsers al hier by 1914 verjaag. Dieselfde Duitsers wat die Namas en Herero’s afgemaai het. Die paaie, spoorlyne, hawens, skole ensovoorts het Suid-Afrika vir Namibië gebou. Ek het self jare in Namibië gebly en skoolgegaan. Die mense praat en redeneer nie soos jy nie. Jy klink soos iemand wat sy burgerskap veins.

kragaap ·

TrotsNAMSA weet jy hoeveel Jong SA mans het gesterf om SWA’nrs te beskerm teen Swapo gruweldade? En koevoet en 101 het meer as hul deel gedoen. Lank lewe koevoet rip Swapo.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.