Hof glo nie leeg nie, bloot ‘in reses’

Die Pretoria-landdroshof. (Foto: Brenda Masilela/ANA)

Die regterpresident van die Gautengse hooggeregshof voer aan die hof staan nie leeg soos die DA aanvoer nie, dit is bloot in reses.

Regterpresident Dunstan Mlambo het gereageer op ʼn skrywe deur adv. Glynnis Breytenbach, die DA se woordvoerder oor justisie en grondwetlike ontwikkeling.

Maroela Media het vroeër berig Breytenbach het Vrydag saam met Janho Engelbrecht, adjunk-woordvoerder oor dié sake, ʼn oorsigbesoek by die Pretoriase landdros- en hooggeregshof afgelê.

Die fokus van die besoek was om die infrastruktuur van die hofstelsel en hoe die publiek met die regstelsel omgaan te evalueer en dan aanbevelings aan die minister van justisie te maak oor hoe dinge verbeter kan word. Toe sy en Engelbrecht egter Vrydag om 10:30 by die landdroshof aankom, was omtrent net die skei- en onderhoudshowe glo nog besig.

Hofpersoneel het aan Breytenbach verduidelik dat hulle op Vrydae 30 minute vroeg, om 08:30, begin en hul dag om 10:00 afsluit. Dit het gelyk of die meeste van die hofsale van die Pretoria-landdroshof dan vir die res van die dag leeg is. Normale landdroshofure is Maandae tot Vrydae, 09:00 tot 15:00.

Mlambo sê die oorsigtelike besoek het ongelukkig plaasgevind sonder dat hy ʼn versoek of ʼn kennisgewing ontvang het van ʼn besoek aan die hof – soos wat lede van die Nasionale Vergadering gewoonlik doen.

Hy sê Breytenbach se terugvoer is “moedswillig en beeld verkeerdelik uit dat dit ʼn vermorsing is van belangrike hulpbronne”.

Breytenbach het gesê dit is ʼn skreiende vermorsing van hoftyd in die lig van toenemende vertragings en agterstande in talle strafregtelike en siviele sake wat nog hangend is. Hierdie leë howe kan maklik gebruik word om agterstande in te haal as daar net ʼn wil was om dit te doen, het sy bygevoeg.

“Wat adv. Breytenbach versuim om te noem is dat die hof tans in reses is. Daar is geen sake wat in hierdie tyd geskeduleer is nie, buiten strafregtelike sake wat deur waarnemende regters waargeneem word. Die reses het op 1 April 2024 begin en eindig op 15 April 2024.”

Mlambo sê Breytenbach behoort, as advokaat, ook van beter te weet hoe die regstelsel en die hof werk en om nie sake te oorvereenvoudig nie. “Dit skep ʼn vals indruk. Dit is onverantwoordelik van iemand van haar statuur om die publiek te mislei deur onvolledige inligting.”

Mlambo nooi Breytenbach en Engelbrecht uit om weer die hof te besoek wanneer die reses verby is en om bedrywighede by die hof te monitor.

“Dit sal hulle in staat stel om ʼn regverdige verslag voor te lê.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

domheks ·

As jy in die sop is verklaar jy net ‘n ‘reses’ … African time

Papsak ·

Altyd verskonings ek stem landdros is in n reses pateties!!!!!

KB ·

Ons ken julle so:
Nooit skuldig nie (altyd iemand anders se skuld), altyd ʼn verskoning….sommer in reguit Afrikaans: “Te sleg om jul werk te doen…vrot sleg”.

Goldy ·

Verstaan nie konep van audit nie. Lui, geen ubuntu nie want belangrike sake word nie aangehoor nie. Blockchain vat nie 6 ure middagetes nie, kos nie fortuin nie en maak akkurate besluite binne oogwink

Morné ·

Ek was onlangs daar, daar was nie een hof wat begin het voor 11:30 nie.

Gert ·

Ja, altyd verskonings! Vir ‘n hof met ‘n rol-agterstand tot in Kairo behoort hulle tot 9 uur saans te werk!
Ek was die laaste 6 maande sedert ek by die staat afgetree het, al 5 maal persoonlik by ‘n sekere personeellid se kantoor in die Pta Hooggeregshof, om hofstukke (skeibrief van 2003) uit die argief aan te vra. Enigste antwoord wat sy gee is: “Sorry Sir…doc’s are not here yet”.
Ai tog, patetiese diens. En ek word al gryser, geen pensioen word aan my uitbetaal nie!

Bolandse Nooi ·

Dit is hoekom die ou NP-regering gedoen het wat hulle gedoen het. Die enigste probleem met die beleidsprosesse van die verlede, is dat hulle nie massa-aanwassery van sekeres in ag geneem het nie en geglo het dat ‘n drie-party alliansie-regering ná 1994 kon (en sou) werk. Hulle het duidelik vergeet wat uDingane aan Piet Retief se manskappe gedoen het op 27 Februarie 1838 …

Blikkies ·

Jammer ek vra, bloot uit onkunde. Kan iemand vir my die konsep verduidelik van ‘Reses’ asseblief, en wat sal die rede daarvoor wees?

Protea ·

Al wat ek wil sê is…… WHATEVER!!

Onbevoegde, onopgeleide mense…
En dis wat gebeur!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.