Motoris veilig ná stroom motor meesleur

Die Tshwane-nooddienste het Dinsdagoggend ʼn vrou te hulp gesnel. (Foto: Tshwane-nooddienste)

Die Tshwane-nooddienste het Dinsdagoggend ʼn vrou te hulp gesnel nadat haar voertuig by ʼn laagwaterbrug in Centurion vasgeval het.

Nooddienswerkers het onophoudelik gewerk om die motoris van die brug by End- en Rabiestraat na veiligheid te neem.

Charles Mabaso, woordvoerder van die Tshwane-nooddienste, sê die span het omstreeks 06:00 ʼn oproep oor die voorval ontvang.

“Die vrou is na veiligheid gebring. Sy is nie beseer nie.”

Die watervlak het intussen gedaal en die nooddienste kon ook die voertuig uit die water trek.

Inwoners word egter steeds aangeraai om die roete te vermy.

Die swaar reën het ook tot oorstromings in gebiede in Soshanguve naby die Soutpanpad gelei.

Motoriste kan dié veiligheidsmaatreëls in gedagte hou:

  • Indien moontlik, bly binnenshuis en weg van metaalvoorwerpe.
  • Moenie skuiling onder bome of hoë voorwerpe soek nie.
  • Moet eerder nie visvang of gholf speel nie.
  • Vermy die oorsteek van oorstroomde laagliggende paaie en brûe.

Die Tshwane-nooddienste doen ook ʼn beroep op inwoners om waaksaam te wees en enige brand- of reddingsvoorvalle dadelik aan te meld.

“Inwoners word ook aangemoedig om die waarskuwings wat deur die Suid-Afrikaanse Weerdiens en ander bronne uitgereik word, dop te hou.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Bosveldbul73 ·

Ek het, as paramedikus, al tussen 2000 – 2008 gereeld daar moes gaan help. Dit gaan my verstand te bowe dat die munisipaliteit nou nog nie maar net die brug hoër kon maak nie…

domheks ·

Die mense moet ‘n slaggie betaal vir nooddienste gelewer! Dan sal hulle nie kanse vat nie!

koos10 ·

Bosveldbul73, wat nog meer onverstaanbaar is vir my, is die feit dat mense nogsteeds oor die laagwater brue van Pretoria voeter in swaar reën. Wie nie wil hoor nie moet maar voel.

Goldy ·

Kan iemamd tog asseblief die krag van water verduidelik in die bestuurslisensiegids. Gooi asb ook impak van selfoonwegkyk, spoed, onderhoud van voertuig in.

Cassie Carstens ·

Goeie voorstel domheks. Waarom het Tshwane nog nooit daaraan gedink nie. Mense is net moedswillig en moet betaal!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.