Kaapstad spook nog om kragtoevoer oral te herstel

‘n Boom het in Helderberg omgeval ((Foto verskaf deur Kaapstad-stadsraad)

Kaapstad se elektrisiteitspanne werk onverpoosd om kragtoevoer te herstel na gebiede wat deur die onlangse storm geraak is.

“Die stadsraad bedank inwoners vir hul geduld en begrip terwyl ons werk om die toevoer te herstel en die beskadigde infrastruktuur te herstel,” sê Beverley van Reenen, burgemeesterskomiteelid vir energie.

Beamptes en depotspanne is in alle gebiede ontplooi en reageer so vinnig as moontlik op kragonderbrekings. Kragtoevoer moet nog herstel word in dele van:

  • Philippi-Wes
  • Mfuleni
  • Hazendal
  • Lansdowne
  • Brackenfell
  • Athlone
  • Soutrivier
  • Crawford
  • Grassy Park

“Dit neem soms ʼn geruime tyd om beskadigde infrastruktuur te herstel. Ons is dankbaar dat die weersomstandighede beduidend verbeter het sodat ons spanne die oorblywende herstelwerk kan afhandel. In talle gebiede was die aard van die herstelwerk gevaarlik, veral in moeilike weersomstandighede.”

Inwoners word daaraan herinner om slegs een kanaal te gebruik wanneer foute aangemeld word, sodat duplikaat diensversoeke verhoed word.

Oproepsentrum: 0860 103 089
SMS: 31220 (gratis SMS’e geld nie)
E-pos: [email protected]
e-Services: www.capetown.gov.za/servicerequests

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Taylor ·

In Wellington, op die Perdeskoen plase, is ons nou al sedert Saterdag sonder krag – dis dag 5 vandag. Water is ook gedaan, want pompe kan nie werk nie. En daar is GEEN teken van Eskom nie en geen telefone word geantwoord nie. So, ek wil graag die spanne sien wat so onverpoos werk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.