Uitdrukking: Die mure het ore

Argieffoto (Foto: Couleur/Pixabay)

Uitdrukking:
Die mure het ore

Betekenis:
Dis gevaarlik om hier te veel te sê.

In Spreekwoorde en ander segswyses word verduidelik dat dit ook beteken om selfs in ʼn geslote ruimte wat veilig lyk, jou woorde versigtig te kies.

Waar kom dit vandaan?
Die uitdrukking is moontlik ontleen aan die storie dat Catherine de Medici, ʼn Franse koningin bekend vir haar wantroue, die Louvre so ontwerp het dat sy op gesprekke in kamers langsaan kon afluister deur middel van spesiale buise in die mure.

Nog ʼn verklaring vir die herkoms van hierdie uitdrukking, kom ook uit Frankryk. In Chaise Dieu, ʼn klein dorpie in die Massif Central-berge, is daar glo ʼn kamer by ʼn kerk wat vir biegdoeleindes gebruik is. Wanneer iemand fluister terwyl hulle na die muur kyk, kan dit duidelik aan die ander kant van die kamer gehoor word. Twee kerkmanne sou byvoorbeeld met hulle rûe na mekaar toe gestaan en bieg het, en die priester sou dan nie die identiteit van die een wat bieg kon vasstel nie.

Bron: Spreekwoorde en ander segswyses

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.