Zuma weer verkiesbaar

Oudpres. Jacob Zuma verlede jaar tydens ‘n saamtrek naby Durban. (Foto: Rajesh Jantilal/AFP)

Die kieshof het Dinsdag beslis dat oudpres. Jacob Zuma, wat nou lid is van die uMkhonto we Sizwe- (MK-)party, verkiesbaar gestel kan word vir vanjaar se nasionale verkiesings.

Dit volg ná die Verkiesingskommissie (OVK) verlede week beslis het dat Zuma nie as ʼn kandidaat aan vanjaar se verkiesings mag deelneem nie omdat hy ʼn bepaalde misdaadrekord het.

ʼn Afskrif van die kieshof se beslissing is Dinsdag op sosiale media versprei. Hiervolgens is die OVK se besluit ter syde gestel.

Die kieshof, wat Maandag in die hooggeregshof in Johannesburg gesit het, het die MK-party se appèlaansoek teen die OVK se beslissing aangehoor.

Die vyf regters, onder leiding van regter Dumisani Zondi, het toe aangedui dat redes vir hul uitspraak later sal volg.

Zuma is in 2021 op ʼn klag van minagting van die hof skuldig bevind en tot 15 maande gevangenisstraf gevonnis. Die voormalige president se regspan, onder leiding van adv. Dali Mpofu SC, het egter volgehou dat Zuma se vonnis hom nie diskwalifiseer nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

44 Kommentare

Otto ·

Duidelik het hy die gepaste ervaring op sy CV om in die parlement te dien soos mede-kamerade, want ‘n skoon misdaadrekord is twyfelagtig….

Grassie ·

Ek is tevrede met die besluit. Dit gaan die eenheid in die ANC in Natal erg knou.

koos10 ·

En nou Ramapohosa? Jou ondeurdagte besluit om Zuma vry te laat uit die tronk, kom nou en byt jou van agter af! Nie jy of een van jou trawante het hierdie sien kom nie, nè. Dis hoog tyd dat hulle begin voel wat julle stupid besluite veroorsaak.

Piet 6 ·

Dit is dalk beter dat sy appèl geslaag het. Anders sou daar oral heen ge-appeller gewees het wat tot gevolg sou gehad het dat die verkiesing uitgestel moes word.

Dit is in elk geval nag vir Suid Afrika dat die krimineel weer terug is in die politiek.

Dwayne ·

Aarsy….Een van die laaste spykers en Suid Afrika se Kis. Al wat ons nou kan doen is sit en kyk hoe die land in vlamme opgaan.

Petrus Albertus ·

Die regbank is in sy maai! Net nog ‘n besluit om populistiese politici tevrede te stel. Ek is eintlik nie verbaas nie en eintlik sprakeloos dat daar so min waarde geheg word aan die openbare persepsie van reg en verkeerd en dat sommiges blatant deur die regbank bevoordeel word.

Antionette ·

Ek stem saam met Grassie. Solank MK net nie n koalisie vorm met die EFF en die ANC nie.

Ore ·

Grassie, wonder jy nie ook of hierdie hele toutrekkery net ‘n misleiding is van wat werklik aangaan nie? Dis duidelik dat KZN onder beleg is en wat gaan na die verkiesing mbt koalisie gebeur? ANC en MK gaan saamwerk om DA en EFF uit te hou. Dankbaar dat Lazerus Zuma nou weer fiks en gesond is en dat die uitstaande hofsake nou weer kan voortgaan

domheks ·

Wat van al die ander aanklagte teen die ou man? Daar moet ‘n ouderdoms beperking wees van 65 jaar. Ons hele parlement is ‘n ouetehuis.

annie ·

Hoelank kom die storie met Zuma? Soveel riool het sedertdien in die see geloop dat baaiers dit nie eers meer op ons strand kaalvoet kan waag nie. Maar (amper) almal gaan stem weer einde Mei asof ons in ‘n demokratiese land woon. Mandela was oor die twintig jaar in die tronk en word toe ons president. Wat kan nog verkeerd loop? Alles het hier reeds gebeur. Die ANC en Zuma glo nou dit/hy is onoorwinbaar. Die einde van die wêreld is nog al wat oorbly en hulle glo hul gaan voor stap na die hemelpoort met Mandela vooraan; die mees verontregte wesens op deeske aarde…

piet ·

Sover ek weet (mag verkeerd wees) kwalifiseer jy as parlementslid indien jou vonnis nie langer as 2-jaar is nie. So hy kwalifiseer.

Willem ·

In die tronk kon hy nie bly maar in die parlement gaan hy sy sit kry

Johan ·

Hoekom is ek nie verbaas nie! Daar was mos reeds dreigemente van opstande erger as 2 jaar gelede indien die OVK se besluit nie omgekeer sou word nie. Interessante, maar kommerwekkende tye lê voor.

Johann ·

Vader behoed ons van wat díe magsmal skelm ou man no gaan aanvang? Daars NIKS terloops aan die hele nuwe party en sy korrupte leier nie. Dis bloot ‘n verskuiwing van die ANC en EFF magte in ‘n nuwe koalisie van kamerade.

Jaco ·

Net voordat almal nou kwaad word: BJ Vorster, voormalige eerste minister en staatspresident van die ou SA, was in die Tweede Wêreldoorlog lid van die Ossewa-Brandwag (OB), wat teen SA se oorlogsdeelname was. Die OB was sterk pro-Duitsland en pro-Hitler en van hulle lede het selfs sabotasie teen die SA staat gepleeg. Vorster en sy broer (nogal ‘n NG Kerk dominee) is 2 jaar gevange gehou. Na die Nasionale Party in 1948 aan bewind gekom het, is dié duistere verledes van dié 2 Vorsterbroers gerieflik vergeet. Een het eerste minister geword; die ander moderator v.d. Algemene Sinode van die NG Kerk.
So, die “dinge” van Zuma waaroor almal nou so kwaad is, het maar in die ou SA ook gebeur.

Alta Alleman ·

Was hy nie te siek gewees vir tronkstraf nie? Was hy nie op sy sterfbed nie? Nou wil hy alweer die land regeer?

Papsak ·

Nee kyk hy kry darem baie reg ek hoop ons gaan ook so baie reg kry as ons op mors hy nog nie genoeg gekry nie hy is al oor die muur net president nie asb nie ????????

Goldy ·

Hopelik word die regsisteem eendag deur blockchain vervang. Bid vir digitale transformasie van gereg.

Danie ·

ek dink almal kyk die prentjie mis. Die EFF is vriende van die ANC en die MK en ongeag wie die meerderheid stemme gaan kry tussen ANC en Mk die EFF gaan sy steun aan daardie party gee . Dus maak dit nie saak tussen ANC en MK nie ons bootjie gaan nou net vinniger sink want met n koalisie met die EFF gaan hierdie sinking van RSA lyk soos pop speletjies van Zimbabwe se sinking.

NWT ·

Ek hoop OVK neem die uitslag op appel na die hoogste hof. Ook MK droom van 2 derde meerderheid . Dit wys net hoe brlangrik hierdie verkiesing is en dat mense in hul duisende moet gaan. Kyk net n bietjie na MK se topbestuur…ou ANC lede…….

PA is teleurstellend noudat dit uitgekom het dat hulle steun die ANC.

Die veelparty koalisie sal meer moet doen om die ANC uit die kussing te lig.

Eff het klaar gese dat as Flloyd minister van finansies kam word sal hul weer met die ANC werk en dan word hulle weer by SONA uitgegooi en beboet. Hoe stupid kan n mens wees.

tierwyfie ·

Wat ‘n Sirkus. Nie te siek om parlement toe te gaan, maar elke keer kastig siek wanneer hy in die hof moet wees vir al sy skelmstreke. Mag ons gered word van Zuma en sy trawante.
Aangesien hy nou so gesond is kan hy nou in die hof verskyn vir al die sake waarvoor hy aangekla is

Koen ·

Of jy nou van zuma hou of nie. Die ou is briljant en mens moet sy deursettingvermoë waardeur.

smirnoff ·

RS, in `n sirkus is die diere opgely en weet wat hulle moet doen. Die klomp het geen idee wat hulle veronderstel is om te doen nie.

ES ·

Hoe meer verdeeldheid tussen die ANC en MK hoe beter vir ons in die verkiesing. Die probleem is as al die partye skielik begin om koalisies te vorm…

Lakemalawi ·

Die ou man was te siek vir die tronk? Kan mens nie maar wens die grim reaper kom vinnig nie, o aarde nee, SA is klaar op ‘n stuk gladde seep, gee hom net so ‘n ligte stootjie.

Theresa ·

Op die einde gaan die partye saam met eff smelt om n groot koalisie te vorm, net nog ń vertakking…

Bolandse Nooi ·

Mense, haal diep asem en slaak ‘n sug (nie van verligting nie, hoor nou?). Die ANC het pas ‘n lat vir hul eie …eh… agterente gesny. Ek dink nie veel van ou Zoom-Zoom nie, maar ek weet daar kan nie meer te veel “zoom” in sy enjinkamer wees nie, want die ou is so oud soos ou Biden! Seniliteit tree nou al in en hy het lanklaas nog ‘n ou Zuma’tjie by die bevolking gevoeg … so dink ek. Die ANC gaan pakslae kry in KZN; as die Veelparty Koalisie nou hul hand reg speel … wel, wie weet wat kan gebeur?

Bolandse Nooi ·

@Jaco, jou geskiedkundige feite is heeltemal korrek. MAAR …………. die OB was nie die rassistiese organisasie wat jy dit voor uitkryt nie. Hulle was bloot ras-suiweraars en het om daardie rede Duitsland en die Nazi’s ondersteun (neem net in ag dat in daardie tyd was daar nie iets soos internet en selfone, wat wêreldnuus soos dit gebeur beskikbaar gemaak het nie; die nasie-uitwissing van Jode het eintlik eers ná WWII bekend geraak).

My ouma-hulle was TROTSE OB lede en ondersteuners. Hulle het tóé al gesien dat dinge in SA handuit gaan ruk. As Jannie Smuts-hulle maar net in ’48 gewen het … was die geskiedenis van Suid-Afrika EN die situasie wat ons tans beleef, heeltemal anders.

Presies dieselfde afsny-tyd van 2 jaar wat nou geld vir Zuma, het daardie tyd ook gegeld. As jy moet oordeel op grond van kriminele oortredings en rekords en tronkstrafrekords, sal 95% van ons huidige Parlementslede nie kwalifiseer om LP’s te wees nie!

Di ·

Natuurlik sal hy toegelaat word! Jy kan nie in die ANC kaders se “regering” dien as jy nie ‘n kriminele rekord het nie. Hoe groter jou kriminele dade, hoe groter is die pos wat jy beklee.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.