‘Man-Cave’: ʼn Nuwe dimensie vir stokperdjie-entoesiaste by Hobby-X

Argieffoto (Foto: Jürgen Sieber / Pixabay)

Hobby-X, Suid-Afrika se voorste handel- en verbruikerskou vir stokperdjies en handwerk, is trots om ‘n opwindende byvoeging tot sy 2024-weergawe aan te kondig: die “Man-Cave”, geleë by die ikoniese Kyalami-renbaan.

Dié “Man-Cave” brei Hobby-X se aantrekkingskrag uit deur ʼn toegewyde ruimte bekend te stel wat toegespits is op die uiteenlopende belange van mans, na aanleiding van die uitdruklike terugvoer van die lojale Hobby-X besoekers. Soos besoeker Elaine sê: “Dis dinge vir mans om te doen terwyl die dames koop.” Elmarie het ook aan haar ander helfte gedink: “Bietjie stokperdjies vir mans sal in die toekoms wonderlik wees.” Barbara was meer direk: “Meer vir mans!”

Die “Man-Cave” by Hobby-X, oorspronklik ontwerp as ‘n toevlugsoord vir mans, moet nie te letterlik opgeneem word nie. In werklikheid is almal welkom om hierdie ruimte te geniet waar enersdenkendes bymekaar kom om bierbrouery, houtwerk, mesmaak en meer te aanskou. Dit is ‘n verwelkomende omgewing waar diversiteit gevier word, en almal aangemoedig word om deel te neem aan die gemeenskaplike passie vir verskeie stokperdjies en handwerk.

Die “Man-Cave” by Hobby-X sal ‘n wye reeks belange dek, insluitend afstandbeheerde motors, vliegtuie, houtwerk, simulators en speletjies, snoeker, metaalbewerking, mesmaak, klassieke motors, bierbrouery,  ʼn “Cigar Lounge” en stokperdjiewinkels. Hierdie ervaring het ten doel om entoesiaste ‘n hawe te bied om te verken, te skep en konneksies te maak.

Dit is meer as net ‘n vertoning – dit is ‘n ervaring.

Hobby-X, gestig in 1998, het dié geleentheid in Suid-Afrika geword om alles wat met stokperdjies verband hou, ten toon te stel. Van handwerk en kuns tot houtwerk en praktiese demonstrasies, bied die skou tegelykertyd alles vir professionele persone en stokperdjie-entoesiaste.

In werklikheid het navorsing op Google Trends aan die lig gebring dat daar elke jaar ‘n beduidende piek in soekvolume is gedurende die week van Hobby-X oor onderwerpe wat met stokperdjies verband hou.

Hierdie jaar bied Hobby-X voortdurend ‘n platform vir uitstallers om die nuutste produkte en benodigdhede wat met stokperdjies en handwerk verband hou, ten toon te stel. Besoekers kan ook uitsien na praktiese werkswinkels en demonstrasies wat deur kundiges in verskeie velde gelei word.

Of jy nou ‘n ervare stokperdjie-entoesias is of net iemand wat op soek is na ʼn kreatiewe uitlaatklep, nooi Hobby-X jou uit om stokperdjies soos nooit tevore nie te verken, kontak te maak en jou te verlustig.

Koop kaartjies by: https://www.howler.co.za/events/hobby-x-2024-f9c5

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.