Dís hoekom jy omvattende motorversekering nodig het

(Foto verskaf deur OUTsurance)

As jy net een tipe motorversekeringspakket in jou leeftyd kon kies, is omvattende motorversekering gewoonlik die beste keuse. Die produknaam mag dalk verskil afhangende van die versekeraar wat jy kies, maar gewoonlik verwys omvattende motorversekering na die produk wat die heel beste, omvattendste dekking bied.

Geniet totale gemoedsrus

Omvattende motorversekering bied dekking teen diefstal, kaping, ongelukskade en ander toevallige skade aan jou eie motor, sowel as teen skade aan iemand anders se eiendom. Dit sluit skade of verlies in as gevolg van:

  • ʼn ongeluk;
  • ʼn ontploffing, brand, aardbewing, storm, hael, vloed, bevriesing of sneeu;
  • skade wat opsetlik veroorsaak is (bv. diefstal of kaping)
  • skade veroorsaak deur diere (uitsluitend troeteldiere).

Omvattende dekking sluit gewoonlik ook diefstal van jou motorsleutels in, sowel as die redelike koste om jou motor te stoor of na die naaste diensverskaffer in te sleep ná ʼn voorval waarvoor jy kan eis.

Aanspreeklikheidsdekking, ook bekend as derdepartydekking, vorm gewoonlik ook deel van ʼn omvattende motorversekeringspakket. Dit verwys na skade aan iemand anders se eiendom waarvoor jy wetlik aanspreeklik gehou kan word.

Hou ingedagte dat jou versekeraar nie noodwendig die bogenoemde items insluit as deel van hul spesifieke motorversekeringspakket nie. Die voorbeelde soos hierbo genoem is gebaseer op OUTsurance se omvattende motorversekeringsaanbod.

In teenstelling met omvattende motorversekering, kan jy ook beperkte dekking kies. Jy sal dan dekking ontvang teen diefstal, kaping, en skade aan jou eie motor wat veroorsaak is deur ʼn brand. Jy sal ook dekking ontvang indien jy wetlik aanspreeklik gehou kan word vir skade aan iemand anders se eiendom.

Party versekeraars bied aanspreeklikheidsdekking wat jy as alleenstaande dekking kan uitneem en wat spesifiek ontwerp is om jou te help om die skade te dek vir enige skade of verlies in geval van ʼn derdeparty-eis waarvoor jy wetlik aanspreeklik is.

Ontvang uitsonderlike voordele

Gewoonlik bied die omvattende motorversekeringspolis ook die meeste voordele. Dié voordele is ingesluit by jou premie as deel van jou standaardprodukvoordele.

By OUTsurance sluit dit voordele in soos toegang tot 24 uur-padbystand, of mediese- of gewapendereaksie-eenhede wat na jou ontbied word in ʼn noodgeval.

Sommige versekeraars bied ook ʼn geen-eis-bonus. Dit verwys na ʼn beloning wat aan die kliënt uitbetaal word ná ʼn sekere aantal eisvrye jare by hierdie spesifieke versekeraar.

Kontak gerus jou versekeraar om uit te vind watter voordele by jou standaardpakket ingesluit is.

Die voordeel van ʼn vaste kontantbybetaling

ʼn Nadeel van omvattende motorversekering is dat jou maandelikse premie hoër sal wees as die premie vir dekking wat byvoorbeeld net aanspreeklikheid insluit.

Juis daarom is dit belangrik om seker te maak dat jy weet wat jou bybetaling sal wees ten tye van ʼn eis en in watter gevalle bykomende bybetalings van toepassing is.

Party versekeraars bereken die bybetaling as ʼn persentasie van die eisbedrag. Ander versekeraars, so ook OUTsurance, hef ʼn vaste bybetaling, ongeag die waarde van die eis en sonder enige bykomende bybetalings.

Dink byvoorbeeld aan ʼn eis wat R100 000 beloop. ʼn Versekeraar wat ʼn 10%-bybetaling hef, sal vereis dat jy ʼn R10 000-bybetaling betaal. Vergelyk dit met ʼn vaste bybetalingstruktuur waar jy slegs die vaste bedrag sal betaal waarop jy en die versekeraar ooreengekom het toe jy die polis uitgeneem het.

Kry jy die meeste uit jou motorversekering? Maak seker jy vergelyk kwotasies sodat jy die beste waarde vir geld ontvang saam met uitsonderlike produkvoordele. Klik hier om meer te lees.

OUTsurance is ʼn gelisensieerde versekeraar en FDV. Die OUTbonus word uitbetaal ná drie eisvrye jare, is gebaseer op die premie en ingesluit in jou standaardvoordele. Bepalings en voorwaardes en limiete geld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.