Nedbank mág bestuurder afdank oor rassistiese uitlatings – hof

Argieffoto

ʼn Voormalige menslike hulpbronbestuurder van Nedbank, wat onder meer aangevoer het swart mense is luier en meer onbevoeg as wit mense, het die hersieningsaansoek teen haar afdanking verloor.

Anele Makhosazana Mpungose se afdanking is deur die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) bekragtig, waarna sy ʼn hersieningsaansoek by die arbeidshof ingedien het.

Die aansoek is in Desember ingedien en uitspraak is in Februarie gelewer.

Luidens regter Alli Dadabhai se uitspraak het sewe aanklagte van erge wangedrag Mpungose in die gesig gestaar. Nedbank het later drie laat vaar en Mpungose is op 9 Mei 2019 afgedank.

In haar arbitrasieverhoor was die finale aanklagte teen haar dat sy haar aan erge wangedrag, asook teistering en/of viktimisasie en/of boeliegedrag skuldig gemaak het.

Mpungose was 14 jaar in diens van Nedbank, nadat sy op 1 Mei 2005 aangestel is as uitvoerende hoof van menslike hulpbronne in die groep se risiko-afdeling.

In dié tyd het sy by meer as een geleentheid opmerkings teenoor haar kollegas gemaak wat kwetsend, oneerbiedig, vernederend en/of minagtend was.

Sy het op 4 Augustus 2017 na twee kollegas, Simphiwe Dlamini en Nhlamula Khoza, verwys as ʼn “spul idiote”.

Omstreeks dieselfde tyd het Mpungose ook, tydens ʼn geleentheid buite die Nedbank-kantoorgebou, die swart uitvoerende hoofde van die firma teenoor kollegas ondergeskik aan haar gekritiseer en diskriminerende opmerkings gemaak oor mense gebaseer op hul ras.

Buiten dat sy gesê het swart mense lewer nie goeie werk nie, het sy ook aan ʼn kollega gesê sy kan nie dat ʼn “wit man haar wen nie”.

Byna ʼn jaar later het sy weer neerhalende opmerkings gemaak teenoor Dlamini en hom dom en nutteloos genoem. Sy het Dlamini ook daarvan beskuldig dat hy onbetroubaar is en moet verduidelik wat fout met hom is dat hy so ʼn swakkeling is. Sy het die beledigings gemaak binne hoorafstand van ander werknemers wat kon hoor hoe Mpungose op Dlamini skreeu.

Mpungose het haar ook aan wangedrag skuldig gemaak toe sy op 25 Februarie 2014 namens ene MJ Thwala ʼn BMW X6 van buite Nedbank gekoop het ten einde finansiering van Nedbank teen ʼn beter rentekoers te bekom.

Sodoende het Mpungose Nedbank skade berokken en die inherente vertrouensverhouding tussen werknemer en werkgewer laat verbrokkel.

Ná haar afdanking het Mpungose ʼn aansoek om hersiening van die kommissaris se besluit ingedien. Sy het in haar aansoek aangevoer sy is nie regverdig verhoor nie en is ook nie die geleentheid gegee om Nedbank se getuienis teen haar te betwis nie.

Volgens Mpungose het die kommissaris ook nie die getuienis in hul geheel oorweeg nie, maar eerder net op sekere aspekte daarvan gefokus om ʼn bepaalde beslissing te maak.

Regter Dadabhai het bevind dit was nie die geval nie en dat die getuienis wel in die geheel oorweeg is.

Die regter het verder bevind die kommissaris het die erns van die aanklagte teen Mpungose verstaan en dat al die getuienis saam opgeweeg is.

“Die applikant het voldoende geleentheid gehad om die getuies te kruisondervra of haar eie te roep … na my mening het die kommissaris die getuies, en hul getuienis, in geheel opgeweeg en tot ʼn redelike besluit gekom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Renier ·

en sy was nie verkeerd in haar stellings nie,maar sy kort kommunikasie vaardigheid.

Piet parys ·

En n feit is n feit . Oor en oor bewys in die samelewing. Wie beheer die land en kyk hoe lyk dit nou na 30 jaar …n mislukte staat en die helfte van die useless geit word net onder die mat ingevee dus die agteruigang van die eens welvarende land .

Nommer 7 ·

Net gister gehoor van ‘n staatsamptenaar vriend, dat hulle ‘n memo gekry het om nie sperdatums te haal nie, aangesien dit ander kollegas in ‘n swak lig kan stel.

Johann ·

So as díe volks groepering dan nou nie is wat sy sê hulle is nie neem ek aan hulle is die teenoorgestelde? Ek bedoel kyk net na die suksesse van staats instellings!

Papsak ·

Ja nee kyk hoe lyk die land na 30 jaar hy is weg regeer ek stem waarheid maak hard seer !!!!!!

KB ·

Dankie tog, dis nie mý bank nie!
Lyk my daar is net soveel spoke in daai bank as in Ramaphosa se rusbank. (Verbeel jou jou, nogal die “uitvoerende hoof van menslike hulpbronne”! Dis ʼn flippen skande Nedbank!)

Adriana ·

Sy praat maar net die waarheid, dit is al oor en oor bewys, hul is net nie bevoeg, daar moet altyd iemand wees wat hul hand moet vashou. Ek myself vir ń bank gewerk en as ek so in ń ry moet staan en wag,wil ek net inspring en help.

Koen ·

@KB….Verstaan nou nie mooi nie. Reken jy dat dit ‘n skande is dat sy afgedank is? Dat haar optrede nie haar afdanking regverdig het nie?

Martie ·

Wel ek kan Nedbank verseker dis nie net sy hoof wat dit gese het nie, ‘n swart klient het dit ‘n paar weke gelede in ons Nedbank ten aanhore van baie mense gese. Die betrokke swart amptenaar het vir hom gese hy is te moeg om hom te help, eintlik te lui,want hy was nie besig nie. Die klient was nie beindruk nie en het ook gese hy gaan al sy beleggings by Nedbank sluit want die bank is treurig, wat ‘n “under statement” is van hulle bekwaamheid.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.