Bulls-losskakel Johan Goosen is in die tweede helfte met ʼn rooi kaart van die veld gestuur nadat hy koppe met Craig Casey gestamp het.
Lees meerAlles vir Saterdag 20 April 2024
Hollywood: Beatles se seuns sing saam, Superman-akteur word pa, Meghan maak konfyt
Maroela Media bied jou ʼn opsomming van die week se jongste internasionale vermaaknuus.
Klimaatsverandering: Wynboere voer stryd teen tyd
Van Australië en Kalifornië, tot Frankryk, Spanje en Italië – produsente in wynproduserende streke wêreldwyd is gewikkel in ʼn stryd teen tyd om aan te pas by klimaatsverandering wat die druiwe raak. Die suidste punt van Afrika is geen uitsondering nie.
Lions verniel Leinster met ses drieë
Ja, dit was nie Leinster se beste span nie en daar was 13 veranderings aan die span wat La Rochelle in die kwarteindronde van die Kampioenebekerreeks afgeransel het.
Meesterklas by FAK se eerste kunsslypskool
Gewoonlik is klasse soos dié net vir ʼn uitgelese groep, maar die FAK sê hy maak dit toeganklik vir almal.
Só lyk besteding aan NGV werklik – departement
Dr. Nicholas Crisp, adjunk-direkteur-generaal vir die Nasionale Gesondheidsversekering by die nasionale departement van gesondheid, gee duidelikheid oor berigte dat die departement reeds R5 miljard aan die NGV bestee het.
Griekse held baas in tennisdrama
“Dit het met tye gevoel of ek ʼn berg moes uitklim om die wedstryd te wen. Dit was moeilik. Dit was ʼn uitdaging om topgehalte spel vir die hele kragmeting op te dis en ek moes omtrent uithaal en wys.”
Politieke speletjies terwyl Wes-Kaapse kinders ly – GOOD
GOOD meen nie die polisie of die noemenswaardige misdaadbekampingshulpbronne van die provinsie of stad Kaapstad het enige uitwerking op misdaad nie. Pleks daarvan is dit vrywilligers wat die meeste werk doen; wat die ambulanse ontbied, die liggame optel en die getraumatiseerde inwoners vertroos.
SA barista verower derde plek in wêreldwye kompetisie
In die Jacobs-huishouding sal jy nie kitskoffie kry nie. Trouens, as mense kom kuier en melk en suiker in hul koffie drink, moet hulle maar self melk en suiker saambring.
Nuwe fregat gaan skepe in Rooisee beveilig
Die ‘Hamburg’ sal die ‘Hessen’ vervang wat Saterdag die sone verlaat het.
Vyf van Tshwane voorlopig geskors oor Rooiwal-tender
Die skorsing volg op ʼn jaar lange interne dissiplinêre proses wat die amptenare skuldig bevind het op een van die altesame vier aanklagte teen hulle. Die stad het reeds gevra vir ʼn hersiening van die uitkoms van die tugproses.
SA moet hom eerder vir vrede in Afrika beywer
Kenners sê dit is belangriker dat die regering hom eerder vir vrede in Afrika beywer – waar geweld burgers lamlê – as om hom met Israel en Gaza besig te hou.
Veeartse deurslaggewend tot meer landbou-uitvoere
Die Wes-Kaap is verantwoordelik vir 55% van Suid-Afrika se primêre landbou-uitvoere en byna die helfte hiervan is lewende hawe of lewendehaweprodukte.
Man sterf wat hom buite Trump-verhoor aan brand steek
Ooggetuies het vertel hoe hulle gesien het hoe hy Vrydag pamflette in die lug gooi, kort voor hy ʼn vloeistof oor homself gegiet en hom toe in ʼn park naby die hofgebou aan die brand gesteek het.
Akademia: Afrikaans, Christelik en vinnig aan die groei
Akademia brei eersdaags uit na die Kaap en droom ook van ʼn kampus in Bloemfontein. Met ʼn unieke, Christelike bestaansrede wil dié instelling die leemte vul wat deur huidige universiteite gelaat word.
DA reg om hof te nader oor Mapisa-Nqakula se regskoste
“Die misbruik van staatshulpbronne vir persoonlike gewin het ʼn deurlopende tema in die korrupte ANC-regering geword. Mapisa-Nqakula is desperaat om voort te gaan met die verwerplike gebruik en die DA is gereed om te verseker dat sy dit nie doen nie.”
Sewe keer lewenslank vir Gupta-bendelede ná Khayelitsha-slagting
Die moord op onskuldige omstanders, om ʼn boodskap te stuur aan ʼn vyandige bendelid wat eens hul vriend en misdaadvennoot was dat hulle nie die verraad gaan duld nie, is kommerwekkend, het die regter tydens vonnisoplegging gesê.
Luister: Nadia oor ‘verkleurmannetjie-karakter’, liefde vir teater en Kaap
“Ek het met die tyd geleer om vir Sanet te verstaan. Ek sê altyd ʼn mens moet ʼn plek kry waar jy empatie het vir die karakter, en dit is wat ek nou in haar gevind het.”
Elon Musk se ‘X’ in stryd met Aussie-waghond oor kerkvoorval
Australiese owerhede het die skuld vir hoogspanning in die gemeenskap gepak op videomateriaal van die aanval wat wyd op sosialemediaplatforms versprei is.
Tshwane verwelkom uitspraak oor kredietbeheer
Die appèlhofuitspraak bevestig die verpligting op klante om te betaal vir dienste wat gelewer word en versuim om dit te doen bemagtig die stad om sy munisipale verordeninge oor kredietbeheer af te dwing, sê die Tshwane-metroraad.