Suid-Afrika vra die Internasionale Geregshof om Israel dringend te beveel om sy militêre operasies in Gaza op te skort – ʼn saak wat Israel “met minagting” verwerp.
Alles vir die sleutelwoord "Israel-Hamas-konflik"
Verhouding tussen SA, Israel versuur; ‘bereik laagtepunt’
Intussen neem die vrees toe dat die oorlog in die Gaza-strook na ander streke kan oorspoel nadat ʼn hoëprofiel Hamas-leier doodgemaak is.
Suid-Afrika verkla Israel oor ‘dade van volksmoord’
Suid-Afrika het Israel by die Internasionale Geregshof van die Verenigde Nasies verkla vir sy dade van “volksmoord” in Gaza, met Israel wat die saak “met afsku verwerp het”.
Oorlog teen Hamas gaan ‘nog maande’ duur
Israeli-leiers hou voet by stuk dat hulle die aanval gaan volhou totdat Hamas vernietig is – en dié lande se weermaghoof, Herzi Halevi, het aangedui daar geen vinnige einde aan die oorlog wees nie.
‘Geen Kersfeesvreugde’ in Gaza nie
“Daar is geen vreugde nie. Geen Kersboom nie, geen versierings nie, geen familie-ete nie, geen vieringe nie. Ek bid dat hierdie oorlog gou verby sal wees.”
Ál meer woede oor Israel-oorlog in Gaza
Ná weke lange fel bombardering en gevegte is die meeste inwoners van Gaza ontwortel en mense steier onder tekorte aan brandstof, voedsel, water en medisyne.
Drie gyselaars ‘verkeerdelik’ in Gaza doodgeskiet
Israel se weermag het die drie gyselaars wat in Gaza aangehou is, doodgeskiet nadat hulle glo verkeerdelik as ʼn bedreiging beskou is.
Hamas dreig oor gyselaars; Israelse bombardering duur voort
Herzi Halevi, Israel se weermaghoof, het Sondag gesê sy troepe gebruik “aansienlike geweld” in Gaza en het reeds “beduidende prestasies” in die oorlog behaal.
SA regering kap na Strafhof oor Gaza
“Daar behoort geen onduidelikheid te wees nie – die tragiese optrede deur die staat Israel wat ons in Gaza sien, voldoen aan die definisie van oorlogsmisdade en misdade teen die mensdom, en selfs die misdaad van volksmoord.”
19 SA’ners op pad huis toe van Gaza
Altesaam 19 Suid-Afrikaaanse burgers is op pad terug huis toe nadat hulle sedert 7 Oktober in Gaza vasgekeer was toe gevegte tussen Hamas en Israel uitgebreek het.
Israel verskerp aanvalle in Gaza
Dae nadat die wapenstilstand verstryk het, het Israel verskeie lugaanvalle op Gaza uitgevoer, terwyl die militantegroep Hamas ook vuurpyle na Israel gelanseer het.
Bloedige oorlog in Gaza hervat
Volgens die Hamas-beheerde departement van gesondheid in Gaza is minstens 29 sterftes enkele ure na die hervatting van gevegte aangemeld.
Skietstilstand ter elfder ure verleng
Albei kante het egter reeds gewaarsku dat hulle gereed is om oorlogvoering voort te sit.
Nog 12 gyselaars in Gaza vrygelaat
Die wapenstilstandooreenkoms het ’n tydelike stilstand in oorlogvoering beteken. Toestande in Gaza is egter steeds haglik.
Wapenstilstand tussen Hamas, Israel verleng
Die verlenging is deur die internasionale gemeenskap verwelkom en bestempel as “ʼn sprankie hoop” om die oorlog te beëindig.
Suid-Afrikaans gebore gyselaar vrygelaat
Aviva Siegel is in Suid-Afrika gebore en het op agtjarige ouderdom saam met haar familie na Israel geëmigreer. Dit is hier waar sy en haar man op 7 Oktober as gyselaar geneem is.
Altesaam 63 Israeliese gyselaars glo teen Sondag vrygelaat
Die moontlikheid bestaan dat die wapenstilstand tussen Israel en Hamas moontlik verleng kan word namate Hamas nog Israeliese gyselaars vrylaat.
Israel-Hamas-konflik: Eerste gyselaars vrygelaat
Gewapende en gemaskerde Hamas-vegters het Vrydag ʼn eerste vlaag gyselaars bevry in ruil vir Palestynse gevangenes.
Israel-gyselaars glo aan Egipte oorgegee
ʼn Eerste groep van 13 vroue en kinders wat gyselaar gehou is, sal na verwagting Vrydag na Israel terugkeer. Twaalf Thaise burgers is ook vrygelaat.
Wapenstilstand: ‘Konflik nog lank nie verby’
In dié stadium hang ʼn moontlike verlenging van die wapenstilstand grootliks van Hamas af en dié organisasie se bereidwilligheid om nog gyselaars vry te laat.