“Die ekonomiese implikasies van die hawekrisis is enorm en hou moontlike nagevolge in vir Suid-Afrika se reeds brose ekonomie en sy aantreklikheid vir internasionale beleggers.”
Lees meerAlles vir Maandag 27 November 2023
‘Beduidende afname’ in vigs-gevalle in SA
Die land bly egter in die greep van die seksueel oordraagbare epidemie, aldus ʼn opname wat Maandag vrygestel is.
SAUK kry nuwe hoof
Nomsa Chabeli is aangewys as die SAUK se nuwe groepshoof.
City Power ontken fase 8 oor die naweek
City Power het gerugte dat hy die afgelope naweek verkeerdelik fase 8-beurtkrag in plaas van fase 6-beurtkrag toegepas het, ontken.
Stop skadelike en obsessiewe rassewette nóú, hoor VN
“Rassewette het genoeg skade in Suid-Afrika aangerig en die land het nie meer die luukse om poste op grond van ras te vul nie.”
Korrektiewe beampte in hof aangeval
ʼn Korrektiewe beampte is in ʼn hof aangeval deur die medebeskuldigde in die Senzo Meyiwa-moordsaak.
Huldeblyke vir hengelaar wat sterf tydens rooftog
“Ons het nog tot omtrent middernag so lekker saam gesit en kuier en lag. John het nog met Magda gedans, hulle was so gelukkig.”
‘Gʼn emosie’ toe Werner in beskuldigdebank staan
“Dit het 775 dae geneem om Werner de Jager in boeie te sien,” het die drukgroep Action Society, wat die ondersoek namens Liezel se ouers monitor, Maandag gesê.
ToekomsVenster: Kersfees, net om die draai
Ja, dalk moet ons eerder praat van Christusfees as Kersfees.
SA’ners in Ekwatoriaal-Guinee se families pleit by regering: ‘Gryp in’
“Die rede waarom ons ons regering nodig het om in te gryp, is omdat dit ʼn geheel en al politieke aangeleentheid is wat slegs deur ʼn politieke oplossing besleg kan word.”
Snikhete lei tot skerp styging in Tshwane-watergebruik
Die metroraad waarsku inwoners om water spaarsaam te gebruik om onderbrekings sover moontlik te verhoed.
Eskom ‘mislei’ oor beurtkragskedules
Dit is nie die eerste keer dat gerugte die ronde doen dat beurtkrag op veel hoër fases ingestel word as wat amptelik aangekondig word nie.
25 000 dokters ‘teleurgesteld’ oor NGV-besluit
Die besluit kom nadat agt van die nege provinsies Dinsdag – ondanks talle besware – ten gunste van die NGV-wetsontwerp gestem het.
Ds. Liezel se man in hof
Werner de Jager is Donderdag in die vroeë oggendure by sy huis in Bloemfontein in hegtenis geneem, net meer as twee jaar nadat sy vrou, Liezel, se liggaam by die pastorie van die NG kerk Suidkus op Amanzimtoti aangetref is. Sy is verwurg.
Fase 4 geld byna die hele week
Die aankondiging kom te midde van ʼn hittegolf wat tans groot dele van die land raak.
Jong mans moet oplossing vir geslagsgeweld help vorm – Ramaphosa
Vanjaar se 16 dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders- veldtog het begin kort ná ʼn gru-misdaad waarin ʼn jong vrouestudent van die Kaapse Skiereiland-Universiteit van Tegnologie betrokke was.
Bentley die polisiehond ‘volg sy maat oor reënboogbrug’
Kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, sê Bentley – ʼn eens energieke en lojale Duitse-herdershond – het die wil verloor om te lewe sonder sy beste vriend, Mufasa.
APK-dominee , vrou weer in hof oor seksklagte
Die staat voer aan die 48-jarige predikant het sy aangenome seun seksueel aangerand en verkrag, terwyl sy vrou glo oor die misbruik geswyg het.
ʼn Regte egte Snoopy!
Aanhangers is dol oor dié sheepadoodle wat presies soos Charlie Brown se Snoopy lyk.
Skool kry tjop-tjop slaggatvrye pad
Dit het ongeveer R85 000 gekos om die vervalle pad voor ʼn Pretoriase laerskool te herstel.