SAUK kry nuwe hoof

Nomsa Chabeli, groepshoof van die SAUK (Foto: Nomsa Chabeli/Facebook)

Nomsa Chabeli is aangewys as die SAUK se nuwe groepshoof.

Chabeli se loopbaan strek oor twee dekades waar sy ervaring opgedoen het by onder andere MTN en Multichoice. Sy was bemarkingsdirekteur by SuperSport en gevolglik die DStv-portefeulje.

Volgens die SAUK het sy ook al by SAB, Brand South Africa, GCIS en Edcon gewerk.

“Sy het ʼn geloofwaardige geskiedenis om invloedryke handelsmerkboodskappe te vestig wat ʼn diverse kliëntebevolking trek,” het Mmoni Seapolelo, woordvoerder van die SAUK, in ʼn verklaring gesê.

Tydens haar loopbaan by MTNSA is MTN in 2022 aangewys as handelsmerk van die jaar deur die Brand Finance South Africa 100-verslag.

Chabeli het ook aan die hoof gestaan van die bemarking- en kommunikasiespan vir die suksesvolle 2010 Sokkerwêreldbeker-aanieding. Sy was bemarkingsdirekteur van die ICC Krieketwêreldbeker 2003 en die ontwikkeling en uitvoering van Suid-Afrika se kommunikasie- en bemarkingstrategieë vir verskeie Davos-wêreld- ekonomiese forums.

Sy het ʼn MBA van Henley-sakeskool en is besig met haar meestersgraad in digitale ondernemingsbestuur aan die Wits-sakeskool.

“Die SAUK se raad van direkteure is vol vertroue in me. Chabeli se vermoë om inkomstegenerering, strategiese groei en innovasie aan te vuur.”

Chabeli het gesê sy is opgewonde om by die SAUK aan te sluit. “Hierdie organisasie het ʼn ryk nalatenskap van staatsdiens deur die uitsaaiwese. Ek is daartoe verbind om sy missie te bevorder en pogings te verskerp wat inkomstegenerering beduidend sal verbeter om die fondasie te lê vir volhoubare sukses.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Johann ·

En die feit dat die Es a B C BANKROT is? Of gaan sy geld laat druk? Of gaan hulle.die geld verhaal.wat ROOI OOG vermors het? Dooie Donkie wat moet lewe skenk. Gaan seker saam met die POSKANTOOR bakhand staan by CEROHL.

Hannes ·

“Hierdie organisasie het ʼn ryk nalatenskap van staatsdiens deur die uitsaaiwese” Lekker lag ek nou, soos die ander SOE’s, verwoes deur die kaders.

jac ·

wonder hoe lank gaan dit vat voor sy begin ???????????????????????????????

Tiny ·

YAY!! Nog ‘n cANCer kader wat miljoene gaan kry om ‘n skip wat op ‘n sandbank lê te stuur. Ek werk in daardie bedryf en ek doen glad nie meer werk vir daardie plek nie. Hulle laat jou werk teen belaglike 2008 fooie en dan betaal hulle jou nie eers die tip waneer dit tyd is nie.

Di ·

The proof is in the pudding! Sal sien hoe dit gaan met die nuwe aanstelling

Frank ·

Lyk vir my sys ‘n job hopper maar miskien vat sy raak. Miskien is sy ‘n vars briesie

Wit Leeu ·

Grap van die jaar !!!!! Maar net nog ‘n onbevoegde persoon !!!!!!!!

George ·

Julle kan se Job Hopper, maar dis wat meeste doen in vandag se tyd. Persoonlike ervaring ook met dit, ek doen dit nou nog, 2,3 jaar dan move ek. Jou avg verhoging per jaar is laer as wat jou intree salaris is, so dit maak sin om te skyf. Niemand gee om of jy vir 3 jaar of 30 by een plek was nie.

George ·

sys nog nie eens 24h daar nie, en julle gaan al so tekere, ek kan net raai hoekom. As dit n Andre of Pieter was, was dit net sterkte toewensings.

Heinrich ·

Oh whoopy-doo. Proof is in the pudding. Om so ‘n aanstelling te kry moet jy kader wees of genoeg van hulle ken, so kom ons kyk of sy enigsins iets regkry.

Elize ·

George – maak nie saak of sy nog nie 24h daar is nie al was dit 2 uur is dit klaar 2 uur te lank. Ons weet wat kom

domheks ·

Wonder hoeveel gaan nou gestort word in die bodemlose put? Kaders is gewoonlik honger vir die trog.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.