City Power ontken fase 8 oor die naweek

Foto ter illustrasie. (Foto: Andrey Metelev/Unsplash)

City Power het gerugte dat hy die afgelope naweek verkeerdelik fase 8-beurtkrag in plaas van fase 6-beurtkrag toegepas het, ontken.

Isaac Mangena, woordvoerder van City Power, sê alle munisipaliteite en Eskom word gelei deur Nersa se praktykkode NRS 048-09 wanneer beurtkrag ingestel word. “Dit verseker gelyke verspreiding van die beurtkraglading om gesamentlik die nasionale kragnetwerk teen ineenstorting te beskerm.”

Mangena sê volgens dié kode moet munisipaliteit 5% van gestoorde elektrisiteit per fase aan Eskom bied. “Tydens fase 1 van beurtkrag, gee City Power 120 MW van elektrisiteit per blok deur beurtkrag aan Eskom. Op 24 November byvoorbeeld, is beurtkrag tussen 12:00 en 14:30 toegepas op blok 13, 2, 7, 12, 9 en 14. Daarna is beurtkrag tussen 14:00 en 16:30 toegepas op blok 16, 11, 6, 1, 4 en 15. Elke blok dra 120 MW by tot elke beurtkragfase.”

Mangena sê om te voldoen aan die regulasie, het die entiteit die beurtkragprogram soos volg verdeel:

  • Fase 1: verbruikers beleef een kragonderbreking
  • Fase 2: verbruikers beleef een of twee kragonderbrekings
  • Fase 3: verbruikers beleef twee of drie kragonderbrekings
  • Fase 4: verbruikers beleef drie kragonderbrekings
  • Fase 5: verbruikers beleef drie of vier kragonderbrekings
  • Fase 6: verbruikers beleef vier of vyf kragonderbrekings

Vir verbruikers wat tydens fase 6-beurtkrag vier kragonderbrekings beleef kragtens City Power se beurtkragskedule, sal agt ure lank nie enige kragtoevoer hê nie. Diegene wat vyf kragonderbrekings beleef tydens fase 6-beurtkrag kragtens City Power se beurtkragskedule, sal 10 ure lank nie enige kragtoevoer hê nie.

“Dit gebeur slegs in die hoër fases van beurtkrag. Deur dit alles word nywerheid en sakekliënte en noodsaaklike dienste kwytgeskeld van beurtkrag om seker te maak ons beskerm poste, beleggings en lewens.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Hannes ·

Mangena verduidelik slegs tot by Fase 6, vir Fase 7 en hoër benodig jy Std. 5 of meer. Klink soos Zuma wiskunde.

Johann ·

HUH? Dis darm BAIE syfers wat die een by die tripswitch moet verstaan? Om bie te oraat van die feit dat ons met DRIE MINISTERS verwant aan elektrisiteit sulke black outs moet aanvaar as OK.

Manie ·

Dit gaan nie net oor die aantal kere per dag wat die krag af is nie, maar ook oor die aantal ure. Saterdag se12 ure sonder krag was vir seker nie fase 6 nie. Eskom hoef dit nie eers te erken nie, ons werk fase 8 sommer self uit.

Papsak ·

Sjoe hulle kan net lieg ek hoop hulle verstaan al daai syfers self ek dink nie hulke het eers matriek nie hou hulle maar net slim

Joy ·

Ek verstaan nie lekker nie. My bejaarde ouers het vir minder as 8 ure krag gehad, die hele Saterdag. Hulle selfone se battery het plat geloop. Krag was vir langer af as wat dit moes wees volgense die beurtkrag skedule, en het dan net vir ‘n uur terug aangekom, as jy gelukkig was.

JohanR ·

Ek het gewonder hoekom ek 16 uur ‘n dag oor die naweek in die donkerte sit! Kyk nou uit na die naweek waar ek 24 uur in die donkerte sit!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.