Dit is die wêreld se duurste hotelkamer, waar ʼn enkele nag se verblyf in ʼn suite van die Royal Mansion by Atlantis The Royal jou $100 000 uit die sak sal jaag, maar het jy geweet ʼn plaaslike kunstenaar se kuns pryk in die hotelkamer?
Lees meerAlles vir Saterdag 30 Desember 2023
Bedrywige politieke jaar lê voor
Kenners waag ʼn voorspelling oor wat ons kan verwag van 2024 se politieke landskap, veral wat die nasionale verkiesing betref.
Bekende kosskrywer en wynfoendi oorlede
Die kosskrywer en wynfoendi Michael Olivier is Vrydagaand oorlede.
Verdagte vas na moord op Amalia-boer
ʼn Verdagte is Saterdagoggend in hegtenis geneem in verband met die moord op Coen van der Walt (67) op Oukersdag op ʼn plaas buite Amalia in Noordwes.
Groot vraagtekens hang oor nuwe politieke rolspelers
Indien hierdie rolspelers ernstig is oor politieke verandering en groei, sal hulle meer as idealisme en veglus moet bied.
Foto’s: Oraniërs spring in na swaar reën skade aanrig
“Dit was ʼn mooi gesig. Almal het gehelp, van omliggende boere tot besigheidseienaars tot vrywilligers, veiligheidspanne.”
Goeie en slegte verwikkelinge
Die suur is die skokkende storie oor onwettige stakers, oënskynlik van die militante Amcu-vakbond, wat honderde werkers as gyselaar gehou het vir sowat vyf dae diep in die Gold One-myn by Springs aan die Oos-Rand.
Dodetal styg verder ná Ladysmith-kitsvloede
Die Msimango-familie het sewe familielede in die tragedie verloor terwyl Rozel Malaton haar man en twee kinders verloor het.
Luister: ‘My geliefde is in ʼn kultus: Wat nou?’
“Dit kan tot vyf jaar neem voordat daardie persoon weer weet wie hy of sy is. Wees sag met hulle.”
Hof beslis V&A se vuurwerkvertoning kan voortgaan
“Gevolglik sal die verwagte vuurwerkskouspel voortgaan, wat ’n wesenlike bedreiging vir die plaaslike wild inhou, insluitend bedreigde en beskermde spesies wat die V&A Waterfront-gebied bewoon.”
Hollywood: Dié bekendes onthul alles in dokkies, memoires
Van prins Harry tot Britney Spears: bekendes het nie vanjaar geskroom om beheer oor hul eie lewensverhale te neem nie.
Vlootlid geskors wat glo fietsryers omry en wegjaag
Die matroos wat glo onder die invloed bestuur en twee fietsryers omgery en toe weggejaag het, is deur die Suid-Afrikaanse Vloot geskors nadat hy vroeër die week op borgtog vrygelaat is.
Mbombela-moorde: Selfone word vermis
Hy het bevestig daar is beeldmateriaal bekom waarin drie mans op Kersoggend in die area opgemerk is. Dié verdagtes het glo by verskeie erwe ingegaan.
Toergids gered na nag in siedende rivier
ʼn Toergids is gered nadat sy voertuig in Mpumalanga op ‘n laagwaterbrug vasgeval het en hy die nag in sy voertuig moes deurbring.
Proteas moet Indië aan gorrel bly ruk
Wanneer jou teenstander teen die planke is, moet jy die uitklophou plant.
Suid-Afrika verkla Israel oor ‘dade van volksmoord’
Suid-Afrika het Israel by die Internasionale Geregshof van die Verenigde Nasies verkla vir sy dade van “volksmoord” in Gaza, met Israel wat die saak “met afsku verwerp het”.
Ladysmith-kitsvloede: Dodetal styg; talle steeds vermis
Volgens die provinsiale departement van samewerkende regering en tradisionele sake het die getal mense wat vermis word, toegeneem namate meer mense die afgelope paar dae geliefdes as vermis by die polisie aangemeld het.
Gesiene boer en sy vrou sterf in vliegongeluk
“Hulle was geliefde inwoners van Potchefstroom wat hul merk op vele terreine gemaak het.”
Gedagte vir die dag: In sy voetspore tot in die hemel!
“Maar ons weet dat as ons nou saam met Hom ly, ons ook saam met Hom in heerlikheid in God se nuwe wêreld sal bly” (Romeine 8:17b).