Sommige sosialemediagebruikers het selfs hul medelye ná die oudpresident se kwansuise dood betoon.
Lees meerAlles vir Woensdag 3 Januarie 2024
Boulers veg verbete terug
Die boulers het uitstekend terugbaklei, maar daar wag steeds ʼn opdraande stryd op die Proteas in Kaapstad. Meer as 20 paaltjies het op dag een van die tweede toets teen Indië gekantel.
Goue Gerda soek vyfde sege in Dubai
Die 10 km-wedloop van die Dubai-marathon is die wegspringplek vir wat beloof om ʼn besige jaar vir die blitsige Suid-Afrikaner te wees.
Rekordkoue van meer as -40 °C in Swede
Hoewel die streek aan bitter koue gewoond is, het dit nietemin heelwat ontwrigting veroorsaak.
Gʼn spesiale behandeling (en geen foto’s) by Oscar se vrylating
“Pistorius se bekendheid maak hom nie anders as ander gevangenes nie en regverdig ook nie enige spesiale behandeling nie. Gevolglik sal die besonderhede van sy vervoerplanne en tyd van vrylating nie bekend gemaak word nie.”
EFF-raadslid bly agter tralies oor ‘veediefstal, vuurwapenbesit’
Jacob Seshoka sal op 12 Januarie weer saam met sy medebeskuldigdes in die Seshego-landdroshof verskyn wanneer hy formeel om borgtog sal aansoek doen.
Wenners: Musiek uit 80’s, 90’s gevier met partytjies in Pretoria, Kaapstad
Tien gelukkige Maroela Media-lesers het elkeen ʼn dubbelkaartjie na die 100% RETRO I THE PARTY in Pretoria en Kaapstad gewen.
Twee vas ná driedubbele moord op Nuwejaarsdag
Twee verdagtes wat daarvan verdink word dat hulle betrokke was by die skietvoorval in Gugulethu op Nuwejaarsdag, waarin drie mense dood is, is in hegtenis geneem.
Dupont begin met sy Olimpiese opleiding
Antoine Dupont het Woensdag saam met Frankryk se nasionale sewesgroep begin oefen.
Weermag verwerp oudoffisier se dreigemente
Sylvester Mangolele het gedreig om pres. Cyril Ramaphosa uit sy amp te verwyder indien hy nie by die vlootkollege op Gordonsbaai aanmeld om self te bedank nie.
Dubbeldoor-vreugde vir ‘Elders’-aanbieder op pad
“Ons het met die eerste sonar by die ginekoloog eers net een fetus gesien en na die hartklop geluister. Dit was ʼn pragtige, stil oomblik … en toe sien ons al drie gelyk ʼn tweede fetus op die skerm.”
Wolf opgespoor ná ontsnapping naby Benoni
Die Kanadese gryswolf is tans steeds op die plaas waar hy aanvanklik opgemerk is. “Hy beweeg maar daar rond. Hy was regtig baie sleg mishandel en verwaarloos deur sy vorige eienaars, so hy is ongelooflik bang vir mense. Hy vlug die hele tyd.”
Mickey, Minnie Muis se ouer weergawes nou openbare domein
Die skielike oplewing kom nadat die 1928-kortfliek, ‘Steamboat Willie’, se kopiereg op 1 Januarie vanjaar verstryk het.
Boef besorg gesteelde haan ná 25 jaar terug aan Franse dorpie
Plaaslike inwoners het jare lank gegis oor waar die haan hom dalk sou kon bevind – totdat die metaalvoël in ʼn pakkie aan ʼn historikus gepos is.
Verhouding tussen SA, Israel versuur; ‘bereik laagtepunt’
Intussen neem die vrees toe dat die oorlog in die Gaza-strook na ander streke kan oorspoel nadat ʼn hoëprofiel Hamas-leier doodgemaak is.
Siraj stoomroller stomme Proteas
Suid-Afrika is pas vir 55 lopies in ʼn sonnige Kaapstad uitgeboender en Mohammed Siraj het omtrent vir jou verwoesting gesaai.
Staking deur Britse dokters langste in dekades
Die staking kom te midde van ’n druk tyd in die land se gesondheidsdienssektor weens verhoogde respiratoriese wintersiektes.
Japan Airlines-vlug hét toestemming gehad om te land
Volgens ʼn beampte verbonde aan die kuswag, wie se naam nie genoem word nie, het die vlieënier van die ander vliegtuig egter dadelik ná die ongeluk gesê dat hy toestemming gehad het om op te styg.
Harvard-president bedank oor ‘plagiaat,’ hantering van antisemitisme
Claudine Gay, die Harvard-universiteit se eerste swart vrouepresident, het vandeesweek haar bedanking bekend gemaak.
‘Verregaande’ om teen uitspraak oor beurtkrag te appelleer
In plaas daarvan om die bekommernisse wat in die hofuitspraak geopper is te pak, het die president, die minister van elektrisiteit en Eskom eerder besluit om die belastingbetaler se geld te gebruik om teen die uitspraak te appelleer.