“Na jare van alleenverlange hoor ek jou in die vroegaandwind.”
Alles vir Woensdag 3 Januarie 2024
KSA gooi wal ná kritiek oor ‘verswakte’ toerspan
Die bekendmaking van die span het kritiek ontlok, veral van die voormalige Australiese kaptein Steve Waugh, wat sê die span dui op ʼn gebrek aan respek vir Nieu-Seelandse krieket. “As ek Nieu-Seeland was, sou ek nie eens aan die reeks deelgeneem het nie.”
Elgar wen loot in laaste toets, kolf eerste
Daar is nie ʼn enkele wolkie in die lug bó Nuweland nie en ná ses probeerslae kon Indië nog nie een toets op die ikoniese krieketveld wen nie.
Hamas-leier in Libanon gedood
Saleh al-Arouri se dood verhoog vrese dat die konflik wyer kan uitkring en na ander streke oorspoel.
Bykans 2 000 noodoproepe in Gauteng op Oujaarsaand
Die Gautengse noodkommunikasiesentrum het van vroeg Oujaarsaand tot in die vroeë oggendure van die nuwe jaar byna dubbel die aantal oproepe ontvang wat gemiddeld per dag sedert 15 Desember 2023 aangeteken is.
Bekroonde Meksikaanse aktrise (90) sterf
Sy het ʼn sleutelrol vertolk in die fliek, wat handel oor ʼn Meksikaanse seuntjie wat familiegeheime ontdek terwyl hy ʼn musikant probeer word.
Video: Grootse poging om twee uit siedende rivier te red
Die reddingspoging is verder bemoeilik deur vervaagde lig en die vinnig stromende rivier.
Kitshoff ook ʼn breker in Belfast
“Steven is ʼn dubbele Wêreldbeker-wenner en hy het die Stormers na Verenigde Rugbykampioenskap-glorie gelei. Hy is beslis een van ons topspelers.”
16-jarige Luke ‘The Nuke’ in finaal van wêreld-veerpylkampioenskap
Die tiener het Engeland oor die feestyd verstom met sy sprokiesagtige vertoning tydens sy debuut by Londen se Alexandra Palace.
Resep: Pasta Alfredo
Raak kreatief tydens beurtkrag en probeer om dié eenvoudige Pasta Alfredo-resep sommer in ʼn kastrol op die gasbottel voor te berei.
Welkom terug, Rafa!
“Dit is eerlikwaar ʼn emosionele en belangrike dag vir my; 2023 was immers een van die moeilikste jare van my tennisloopbaan,” het Rafael Nadal gesê nadat hy met Dominic Thiem in Brisbane afgereken het.
Gedagte vir die dag: Wees getrou aan die Here jou God en sy gebooie
“Julle moet die Here julle God navolg en Hom vrees en sy gebooie hou en na sy stem luister en Hom dien en Hom aanhang” (Deuteronomium 13:4).